Oekraïne: ‘ANC praat nie namens SA’ners’

John Steenhuisen in Oekraïne. (Foto: DA/Facebook)

John Steenhuisen, leier van die DA, sê een van die hoofredes waarom hy ʼn besoek aan Oekraïne afgelê het, is om Suid-Afrikaners wat teen die voortslepende konflik is, te verteenwoordig, aangesien niemand anders dit doen nie.

Volgens Steenhuisen was Oekraïense owerhede onder die indruk dat Suid-Afrika nie sy lot in hierdie oorlog ondersteun nie, maar homself eerder by Rusland skaar.

“Die ANC-regering praat beslis nie namens alle Suid-Afrikaners oor die stand van sake in Oekraïne nie, en dit was ʼn groot deel van my boodskap aan die mense wat ek daar ontmoet het.”

Steenhuisen het verlede week dele van Oekraïne besoek in die hoop om eerstehandse inligting oor die verwikkelinge daar in te win, en Suid-Afrika se siening oor die gebeure te verduidelik.

Suid-Afrika, saam met tientalle ander Afrika-lande, het tot dusver geweier om sy stem in te dien in twee hoëprofiel‑teregwysings van Rusland by die Verenigde Nasies (VN), maar het onderneem om ʼn bemiddelende rol in die oorlog te speel.

“Die mense met wie ek gepraat het, kan nie begryp hoe Suid-Afrika hierdie standpunt inneem nie, veral gegewe ons land se eie geskiedenis en ons stryd om vryheid en demokrasie.”

Steenhuisen sê hy het Oekraïense owerhede verseker dat die Suid-Afrikaanse regering se optrede tydens die VN se stemproses en sy “skaamtelose bywoning van Russiese geleenthede wat hul weermag verheerlik het op die dag wat die inval begin het” nie die meeste Suid-Afrikaners se sentiment weerspieël nie.

Talle Suid-Afrikaners en Suid-Afrikaanse organisasies het die afgelope maande sterk standpunt teen Russiese optrede ingeneem.

Die DA hoop nou dat die regering sal besluit om onder meer ʼn beroep op Rusland se president, Wladimir Poetin, te doen om sy leër uit Oekraïne te onttrek, die hawe van Odessa en ander Oekraïense hawens te heropen, gesteelde Oekraïense graan en landboutoerusting terug te besorg en self te erken dat Rusland en Poetin skuldig is aan oorlogsmisdade.

“Die standpunt wat ons regering ingeneem het – om dit te vermy om enigiets te sê of te doen wat Rusland aanstoot kan gee – is immoreel.”

‘Meer moet gedoen word’

Volgens Steenhuisen moet daar meer gedoen word as om bloot te onderneem om ʼn bemiddelende rol tussen die twee lande te speel en het hy pres. Cyril Ramaphosa uitgedaag om homself te vergewis van wat in Oekraïne aangaan.

“Ons eie parlement moet ʼn afvaardiging na Kiëf stuur om met Oekraïense leiers te vergader en self die situasie te beoordeel. Sodra hulle hierdie feite ingewin het, moet hulle terugkom en help om die openbare mening oor die oorlog te verander.

“As die president saam met my na Oekraïne gereis het, gesien het wat ek gesien het, en met die mense gepraat het met wie ek gepraat het, sou hy ook alles moontlik wou doen om die oorlog te beëindig en sy posisie gebruik om druk op Rusland te plaas sodat hulle weet dat hy hul oorlogsmisdade veroordeel,” het Steenhuisen gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Nici ·

Ek moet met jou saamstem. Die media vertel nie die hele storie nie en meeste mense verstaan nie dat Nato leunaars is wat hul beheer wereldwyd uitbrei om alles te beheer nie. Hul weet nie hoe Nato teruggegaan het op hul beloftes om nie hul mag uit te brei na Oos-Europa nie. Hierdie oorlog was vermybaar. Rusland is nie die probleem nie.

Dries ·

Deur te balk bewys die donkie hy is n donkie. Glo jy werklik dat ons nie die waarheid sien nie. Is CNN, Fox, Sky news , BBC en Aljezeera almal fopnuus verspreiders. AG KOM NOU

wim ·

Om te wys dat almal van ons nie Putin ondersteun nie, is een van die DA se beter inisiatiewe, en ek ondersteun dit.

Nou, wat van die ander inisiatiewe om die regering hof toe te vat oor die voortslepende onnodige ongrindwetlike Covid beperkings? Moet asb nie daarvan vergeet nie. Ek kry die gevoel dat die nuus van die 5de golf (wat blyk min werklike effek het in terme van bekamping van sterftes) beteken kiesers se entoesiasme om regering teen te staan het getaan. Maar oor ‘n paar weke is hierdie ook agter ons en dan wonder ons hoe dit gekom het dat net SA beperkings het. Dit is deels omdat organisasies soos die DA en Afriforum nie hul teenstand volhou nie.

Hou vol met hierdie Ukraine inisitief, maar ook met fie ander inisiatiewe.

Watsenaam ·

Hi Wim,jy is reg! gaan kyk na die statistieke oor Covit. Ja, mense sterf asgevolg daarvan maar…. Daar gaan meer mense daagliks in SA dood van : TB, HIV, Hartaanvalle moorde en motor ongelukke. Wat word daaraan gedoen?

Robert ·

DA, ANC, EFF dans na die wil van die WEF… almal slange…

Toy ·

ANC is selfgesentreerde party gee om net vir hulle self, maar daar gaan nog ‘n dag kom wat al die onregverdigheid gaan stop, niks hou aan vir altyd nie.

CA ·

Ek hoop Mnr Steenhuisen het ook met sommige van die neo-Nazi’s gepraat wat jare lank al daar deur die Weste bewapen, befonds en opgelei word. Dan sal hy ook maar met die Russe – wat 26 miljoen mense afgestaan het in die oorlewingstryd teen die Nazi’s – moet gaan praat voor hy ‘n omvattende prentjie kan vorm van waaroor dit alles gaan.

Luister ·

Die Oekraniërs was deel van daardie 26 miljoen wat gesterf het. Nie die Russe alleen nie. Dink jy Duitsland het deur Oekraïne gegaan sonder teenstand tot in Rusland.

CA ·

Sover my kennis strek het die SS hulp gekry van die Bandera en Lebed groepe in Oekraine. En sedert WWII ondersteun Amerika steeds hierdie groepe se nasate om die eenvoudige rede dat hulle anti-Russies is en dat op hulle staatgemaak kan word om dinge in die Oekraine vir Rusland moeilik te maak – soos ons nou kan sien. Amerika het nie ‘n saak daarmee dat hulle neo-nazis is nie, solank hulle net dinge teen Rusland opstook.

JohnnyS ·

Gaan leer eers bietjie die geskiedenis van Ukraine, dan sal jy verstaan hoekom hulle so teen Rusland is. Dit is nie die eerste keer dat Rusland hulle binneval en anekseer.

Frans ·

Die Neo Nazi’s is 2% van 43 miljoen mense. 6.8 mense sterf van hulle in WW2 met 1.6 miljoen soldate.’n Ontsettende prys vir so’n bevolking om te betaal.Jou kommentaar is dus nie presies nie.

JohnnyS ·

Glo jy werklik die snert wat jy kwytraak ? Dit is net so goed om te sê Rusland of enige ander land het die reg om Suid-Afrika binne te val, Venterdorp plat te skiet en die grond te eien omrede daar ‘n paar AWB lede woon.

Buks ·

Ek stem saam. Ongelukkig is die weste al meesters van propaganda. Mense sal nooit die waarheid aanvaar nie.

VaalDonkie ·

Niemand het my gevra wat my mening is voor hulle namens my loop praat het nie.

Cryptogruppe ·

selfs MM se standpunt is eensydig- Joernalistiek moet na beide kante van die saak kyk- MM doen dit nie en misluk dus as nuusbron

Dries ·

Afriforum en Solidariteit moet ook gaan kyk wat daar aangaan asb.

Julius ·

Geen oorlog misdaad kon nog bewys word nie. Hoekom het steenhuisen nie met Putin ook gaan praat nie? Hy het toe hy gegaan het al bewys dat hy klaar kant gekies het. Die da praat nie namens my nie. You go Putin!

boerie ·

Is al die dooie burgerlikkes nie bewys nie ? Watter ander bewys het jy en die anc nog nodig, Putin en sy weermag is n klomp stropers maar julle is hand om die blaas met die kommuniste en het oogklappe aan
.

Luister ·

Hy het nie eens met Zelensky gepraat nie, hoekom moet hy nou met Poetin praat? Vir my is die bewyse vanselfsprekend as jy kyk na verwoeste risidensiële woonstelle en huise van gewone burgers in Oekraïne in teenstelling met Russiese stede waar hulle aangaan asof niks buitengewoon plaasvind nie. Poetin is ‘n boelie, selfs met sy eie mense!

Swerwer ·

As die President en John Steenhuisen saam die Oekraïne besoek het sou dit meer waarde gedra het.
Natuurlik het elke Politieke Party hul eie siening en praat namens sy aanhangers/ondersteuners. Geen Politieke Party praat vir/namens die “Suid Afrikaners” nie.

Jr ·

Ek het met n pa gelewe wat 5 jr in die tweede wêreld oorlog geveg het as n soldaat. Ek was op die grense van SA en my pappa n wonderlike sagte, stil, denkende mens het my altyd vertel dat oorlog is nie mooi nie en altwee kante wen nooit nie en verloor altwee seuns en familie. Dankie John want die cANCer party praat nie vir my nie. Hulle het nog nooit

Hendrik ·

Die vraag is is daar enige betekenise bydra wat hd vervalle regering met skuld waarvan die rente nie eens gedelg kan word nie en n vervalle weermag kan lewer? Enige poging sal van homself n internasionale bespotting maak.

Sarel ·

Ek glo sy mense hier …o.a.in Kirkwood.
het hom nodiger gehad as die Ukraïne en die Boere sou dit waardeer het.

Carin ·

Eers as die stof gaan le sal ons sien wat regtig aangaan. Nou kyk ons slegs in ‘n dowwe spieel…

Johan ·

Ek dink hy kies kant net omdat dit teen die res van die land is (dus teen die regering). Dalk nog in aanloop tot hul Weskaap referendum? Nou kan hul vir die wêreld wys hul moet afstig omdat hul verskil. Dis wat ek dink. Gaan nie oor reg en verkeerd nie, gaan net oor belange. Ek hoor nie dat iemand kla oor Sjina se verwoesting teen die lande wat dit verower nie, hoekom is die oorlog nou anders?

Marshall ·

One would expect John Steenhuisen, the leader of the DA, which carried out the Globalist’s destructive mission in SA, to align himself with the Globalist puppet regimen in Kiev. Russia under Putin is strongly opposed to the Globalist/Postmodernist movement currently infiltrating the West.
All that Putin has asked, is that the aggressive expansion of the Globalist West towards the Russian border does not continue. His terms for peace are clear. Firstly, that Ukraine should not join NATO, which would result in missiles being stationed on Russia’s border and secondly, that Kiev respect the Minsk Accord and desist from attacking the Donbas area, as they have been doing recently, resulting in 15,000 civilian deaths.
This war is between an aggressive Globalist West and a Nationalist Russia. Unchecked, the Globalist West will do to Russia what they have done to SA, i.e. reduce it to a defenseless Globalist pawn.

Jacques ·

Is dit nie ‘n wonderlike toeval dat Steenhuizen juis gaan kuier het in die Oekraine, tydens die besoek van menige hooggeplaaste demokrate aan die land nie?

Ek wonder wat hy hulle belowe het vir sy ondersteuning, en wat hulle in ruil daarvoor vir sy party sal doen?

Miskien word hy nog die volgende president van Suid-Afrika.

Mag en demokrasie, word al hoe meer van mekaar vervreem, wanneer die belange van die superrykes in gedrang kom, ten koste van die man op straat.

piet ·

Is Steenhuisen seker die ANC praat nie vir die meerderheid van SA’ners nie?

VaalDonkie ·

Demokrate laaik van voorgee hulle praat namens die meerderheid maar eintlik praat hulle net namens die stemme in hulle koppe.

Paul ·

Rusland het die aanval gedoen om hulle eie land teen Nato te beskerm.. ook om die gedeelte wat deur Ukrain geannekseer is , terug te wen .as die ukrain president enigsins sy inwoners respekteer… gee oor .
Want mense sterf on nodig en Rusland sal hulle crush

Kobus ·

Nee dit word gedoen om Oekraïne te de~nazify, luister jy nie na Putin nie. En toevallig om n landbrug te skep tussen die Donbas en Krimeiland en om strategies die Swarts see te beheer, en om die eertydse Russia’s eertydste russiese grondgebied terug te kry, maar laat ons nou nie feite opneuk met wat Putin die wereld wil laat glo nie.

JohnnyS ·

Ek lees sommige van die kommentare hier, en ek sien die mense wat Rusland ondersteun en Putin tot helde status verhoog. Ek skud net my kop in ongeloof, dit is dieselfde Rusland wat die terreur veldtog teen Suid-Afrika gefinansier het. Dieselfde Rusland wat terroriste opgelei het om bomme te plant en onskuldige mense in ons land te vermoor. Dieselfde Rusland wat ‘n groot aandeel daarin gehad het dat ons land deur die ANC oorgeneem is, die rede hoekom die ANC regering nie sy stem wil dik maak teen die Putin terroris. Is julle mense blind of mal ?

Kobus ·

Ek stem, miskien is daar tot waarheid in die UK intelligensie berigte dat Putin se propoganda hard aan die werk is in SA. Anders is ek net te dankbaar dat Rusland, ondersteun deur Kuba en FAPLA nie destyds SA ingeval het nie, want daar is baie wat te oordeel aan hul kommentaar eerder aan die kant van Rusland sou geveg het….

Johann101 ·

Regtig… en steenhuisen & die da praat namens die hele suid afrika?… beslis praat hul nie namens my nie!…
Ook is sy besoek eensydig, het hy Rusland besoek & met hulle gaan praat?… NEE…
Het hy vir zelensky uitgevra oor sy tyd tot dus ver as president?… hoe hy sy politieke party teenstaanders se leiers in die tronk gestop het?… Hoe hy media plekke toegemaak het omdat hy nie van teenspraak hou nie?…
Oorlog is nie reg nie, te veel gewone mense lei daaronder…
Maar moet ons kant kies… nee… Dis nie ons geveg nie, neutraliteit is beter…
Hoekom neutraliteit… vir die eenvoudige rede, rusland is ‘n groter handels vennoot van suid afrika as ukraine… invoere van ukraine is slegs 4% van alles wat ons invoer… en graangewasse is binne daai 4% van wat alles ons van die ukraine invoer…
So steenhuisen moet versigtig omgaan met sy woorde…

JohnnyS ·

Ja ne, Rusland se skaak spel werp nou lekker vrugte af. Wie was die grootste ondersteuner van die ANC, wapentuig, opleiding en finansieel ? Pre-ANC het ons nie nodig gehad om enige iets van Rusland (wat toe nog Ukraine beset het) in te voer, inteendeel ons het graan uitgevoer. Maar skielik is vriendelike Rusland die beste vriend wat ons nog ooit gehad het. Hel ons mense is of dom of die geheue is baie kort.

Buks ·

Ek dink mnr. Steenhuisen moet bietjie dieper ondersoek instel oor wat werklik tot die militêre aksie gelei het. Daar is genoeg bewyse dat Oekraiëne volksmoord pleeg al sedert 2014 . Hulle het burgerlikkes gebombardeer en die wereld was stil. Azof regiment is Neonazis maar die weste ondersteun hulle.

JohnnyS ·

Nee – gaan verder terug as 2014. Rusland kan maar net nie Oekraiene uitlos. Putin het gedink hy gaan sommer vinnig inwals en die hele land oorneem. Feit is die gedeeltes wat onwettig deur Putin beset word sedert 2014 is in oorlog gewikel. Oekraiene het die volste reg om te baklei vir wat aan hom behoort.

Andre ·

Kyk maar net wie bou en onderhou die biologiese laboratoriums, vergelyk dit met die hulp pakette en dink dan waarom? Putin waarsku lankal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.