Ramaphosa bel Poetin oor Oekraïne-konflik

Suid-Afrika se pres. Cyril Ramaphosa en Russiese pres. Wladimir Poetin tydens ‘n beraad in 2019. (Argieffoto: Sergei Chirkov/AFP)

Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdagaand die president van Rusland, Wladimir Poetin, gebel om oor die huidige konflik tussen dié land en Oekraïne te gesels.

Ramaphosa het op Twitter aangekondig dat hy pas die foon neergesit het na ʼn gesprek met Poetin.

Dié gesprek was glo sodat Ramaphosa ʼn beter begrip van die situasie tussen Rusland en Oekraïne kon kry.

“Ek het ons standpunt oor die konflik wat ontvou uiteengesit, asook ons oortuiging dat die konflik opgelos moet word deur middel van bemiddeling en onderhandeling tussen die partye – en indien nodig – met behulp van ander agentskappe,” het Ramaphosa gesê.

“President Poetin het ons gebalanseerde benadering [oor die konflik] waardeer.”

Ramaphosa het vroeër reeds gesê dat Suid-Afrika ferm aan die kant van vrede staan, aangesien die wêreld bloot nie nog ʼn oorlog kan bekostig nie.

“Op grond van ons betrekkinge met die Russiese Federasie en as een van die Brics-lande, is Suid-Afrika genader om ʼn bemiddelingsrol te speel.”

Die Kremlin het intussen ook ʼn verklaring uitgereik oor die gesprek wat Poetin en Ramaphosa gehad het.

Volgens Rusland het die twee leiers eerstens mekaar gelukgewens met die 30ste herdenking van diplomatieke betrekkinge tussen Rusland en Suid-Afrika.

Ramaphosa en Poetin het verder hul verbintenis tot die ontwikkeling van die bilaterale strategiese vennootskap bevestig, en veral kennis geneem van hul gereedheid om handel, ekonomiese en humanitêre samewerking uit te brei, sowel as gesamentlike Covid-19-reaksiepogings.

“Die presidente het die belangrikheid van voortgesette interaksie binne die Brics-raamwerk en ander internasionale aangeleenthede beklemtoon,” lui die Kremlin se verklaring.

Luidens die verklaring het Poetin ook, op versoek van Ramaphosa, gepraat oor die “redes en doelwitte van die spesiale militêre operasie om die Donbas-streek te beskerm”.

Poetin het Ramaphosa ook ingelig oor die situasie rakende gesprekke met verteenwoordigers van die Oekraïense owerhede.

“Die president van Suid-Afrika het die voortgesette politieke en diplomatieke pogings ondersteun.”

Volgens die Kremlin het Poetin en Ramaphosa ingestem om hul kontak met mekaar voort te sit.

Die Suid-Afrikaanse regering is vroeër van draadsittery beskuldig deur nie kant in die konflik tussen Rusland en Oekraïne te kies nie.

Dit kom nadat Suid-Afrika nie tydens ʼn algemene vergadering van die Verenigde Nasies oor die resolusie waarin Rusland veroordeel is vir sy inval van Oekraïne en daar geëis is dat hy sy magte onttrek, gestem het nie.

Ramaphosa het egter later hierdie besluit verdedig en aangevoer dat die oorlog tussen die twee lande deur middel van bemiddeling beëindig moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

71 Kommentare

piet ·

Hierdie is wat Ramaphosa ‘n paar dae terug self “ge-twitter” het.
“We all call upon Russia and the Ukraine to subject this conflict to mediation and do everything in their power to reach an agreement that will lead to the cessation of hostilities.”. Dis ons amptelike standpunt en ek dink dis redelik duidelik. Diegene wat dus beweer dat ons die oorlog ondersteun, moet dan maar met hul drogredenasies voortgaan en hulself vermaak.

Althes ·

Ek dink prez Ramaphosa was diplomaties wat die regte benadering is.

Genis ·

Kom ons wees erenstig Piet- Ramapadapot se wat mense wil hoor.. Almal weet hulle verbintenis met die Russe.. Die Russe het in die bosoorlog ook befonds…

piet ·

Genis – dis ons land se amptelike standpunt (gewild of ongewild onder die mense). Ons land is verbind tot hierdie standpunt maak nie saak hoe jy dit wil spin nie. Die kommunistiese Rusland wat betrokke was by die Bosoorlog is nie die nie-kommunistiese Rusland van vandag nie.

Roebs ·

Sort jou land uit. En bly uit ander se lande se dinges uit.

Treurwilger ·

En dit is presies wat hy doen, anders as ander lande wat soos skoothondjies optree.

Deon ·

En oor n paar dae word sanksies teen ons ook in gestel…. Is daar enige rede waarom ons as SA enigsins moet kant kies?

krodedil ·

Belê jou geldtjie teen die Rand. DIs die maklikste manier om deesdae geld te maak want die Rand sal aanhou markwarde verloor soos deur die ekonome voorspel. Een van die dae sien ons R25 teen ‘n $. Dis net ‘n kwessie van tyd.

Vernon ·

In kort beteken dit ANC keur die oorlog goed. Ruggraatlose spul.

henndrik ·

Hierdie besluit van “ons president” gaan nog vir ons baie probleme bring

Sarie ·

Hulle wil dan saamwerk om die virussie hok te slaan. Waarom so ongelukkig

Flip ·

Hoekom sal een kommunis nou vir n ander kommunis aanvat oor moorde teen die mensdom….

Genis ·

Die probleem is Ramapadapot is n sosialistiese, komminus- dis gevaarlik

annie ·

Wel gedaan! Nadat al die konflik in Afrika nou opgelos is en Zimbabwe na ons berading uiteindelik vir sy eie mense wil sorg en die partye saamwerk, kan SA die buitewêreld takel. Die Oekraïene is ‘n maklike oefening daarna kan Israel en die Palestyne se ou misverstandjie opgelos word… ‘n klein takie vir Saterdagoggend dalk Vrydag sommer so voor die onderskeie godsdientige byeenkomste… Oiy!

wim ·

As Ramaphosa sy soort soek gaan hy seker vanaand Zelenski bel? Skapie uit die selfde kraal.

Henri ·

“ET phone home! ET phone home!” is wat deur my kop weerklink…

Jo ·

Is daar enige diplomasie in die aanval op n kinderhispitaal? Rammpie slaan sy naam met n plank!

Andrew ·

Nie as jy vuurpyle sit en skiet van agter onskuldige mense nie. Moet nie vergeet nie die mense skiet terug so natuurlik gaan die Russe skiet. Maklike een was om oor te gee en deur middel van die sanksies, wat in elkgevan nou ingestel is, te beoefen. Mistens so sou die Okraine se infrastruktuur nie vernietig geword het nie en mense hoef nie hul lewens te geverloor het nie.

007 ·

Kyk ou Cyril se oë, Putin het vir hom gesê dit gaan baie makliker wees om SA te vat.

Tiptol ·

“Suid-Afrika is genader om ‘n bemiddelings rol te speel”. Wat ‘n grap. Die res van die wêreld gee nie ‘n duit om wat ons doen nie. Dit alles ná die Wes-Kaap eerste standpunt ingeneem het oor Rusland. Ramaphosa, julle is te laat met alles wat julle doen, behalwe korrupsie. Dit bestuur julle uitstekend.

Andrew ·

Duidelik gee net die westerse wêreld nie om wat ons doen nie. Meskien moet die west-kaap nie in 92 ja getem het nie dan hoef hulle nie nou deur die rooi gevaar regeer te word nie.

Chris dupreez ·

So of die kommunis na jou gaan luister. Jou eie mense luister nie eers na jou nie.

SlinkseKoljander ·

Hahaha, hy het hom gebel om te hoor of hulle nog geld sal gee aan SA. Moet ons nie n klomp nonsens kom vertel nie, die ANC kruip so baie agter Putin aan dit is nie snaaks nie!

Samuel ·

Wat weet die ANC en die Russiese regering van humanitêre betrekkinge? Ramaphosa is nie my president nie, miskien van die cANCer.

Boer ·

Putin het net CR laat weet dit is tyd om terug te betaal en CR het vir Putin gesê “comrade ons staan saam met you”

Nicky ·

Maar ons kan jou net koeke gee ons weermag is nou n bakkery

MakersMark ·

Kan nie dink Cyril het die geleentheid laat verbygaan sonder om ‘n geldjie te bedel nie…….

capie ·

Anc en Poetin se strategie is baie dieselfde. Verwoes die land en moor soveel as moontlik. die wat oorbly en nie weggetrek het nie is dan in die minderheid as jy jou eie mense inbring en dan is daar nie teenstand nie. Wat is daar tog om te onderhandel, Poetin het ‘n onafhanklike ( demokratiese, nie kommunistiese) land ingeval en die enigste onderhandeling moet wees dat sy magte terugtrek en hy van oorlogs misdade aangekla en uitgelewer moet word. Selfs sy staatsbeheerde media begin nou teen hom draai.

Misky ·

Poetin lag vir die nar en niemand neem Ramamparra ernstig op nie. Baie lugtyd gemors met die oproep.

Fran ·

SA in bemiddelaarsrol….ha ha ha ha ha….regtig??!! Hierdie klomp by ons weet nie eers of dit Dinsdag of Dingaansdag is nie!

Corne123 ·

Ag asb tog hy kan nie eers die gemors in ons land uitort nie ook nie eers in die ANC nie.Dit belaglik verby n bespotting al wat dit is

Jaco ·

Wanneer gaan dié nonsens kommentare dat Rusland kommunisties is nou endkry? Kommunisme het einde 1991 tot ‘n einde gekom in Rusland. Toe het die kommunistiese Sowjetunie, waarvan Rusland die grootste deelstaat was, ook ontbind. Die Russiese Kommunistiese Party is ‘n opposisie party in die Russiese parlement. Dit regeer nie Rusland nie. Putin was in die KGB in die 1980’s en hy was toe kommunisties, maar hy het ook verander. Hy het selfs later by die Russies Ortodokse Kerk aangesluit – VER verwyder van die ateïsme wat die kommuniste verkondig. Rusland het vandag ‘n vrye kapitalistiese ekonomie wat selfs miljoenêrs oplewer. Kan maroelamedia.co.za asseblief ietsplaas oor Rusland wat nie meer kommunisties is nie?

wim ·

Ja, die slim janne wat baie te sê het weet seker nie watter regering het 30 jaar gelede diplomatieke verhoudings met Rusland aangeknoop het. Maroela media kan hulle gerus inlig

Anel ·

Ek dink jy lewe in ‘n droom wêreld. Iets op papier, is nie dieselfde as die werklikheid nie. Kyk maar hier by ons. Is ook kastig ‘n demokrasie, maar baie vêr van die waarheid. Wat dink jy doen Kopdoek Zuma met haar bevelsraad? Dis deur en deur komunisme. Probeer ons onder wanindruk plaas dat slegs hulle ons van ‘n virus kan red wat nie meer bestaan nie. En so kan ek aangaan. Op papuer is ons demokrasie, maar in werklikheid nie. Selfde in Rusland. ‘n Komunis maak die regte geluid en dis dit. As dit anders was, sou Putin nie die Oekraïne in geval het nie.

piet ·

Die huidige kommunistiese party in Rusland het slegs 11% steun gekry in hulle vorige verkiesing en dit verloor steun nog die heeltyd. Die kommunistiese party tydens die USSR era is VERBAN toe die nuwe regering oorgeneem het. Ek wens mense wil wyer lees en hulself op hoogte bring van die HUIDIGE stand van sake en nie vasklou aan wat dekades terug die geval was nie.

Vrijburger ·

Die onstellendste van al hierdie kommentare is dat daar wel ‘n onderwerp is waaroor ek en Piet saamstem.

Nico ·

Jaco jy is korrek. Eintlik volg die weste nou ‘n kommunistiese idiologie, Hulle verkondig sogenaamde “vryheid” en “demokrasie” wat hulle geensins navolg nie. Duidelik was dit gesien die afgelope 2 jaar. Geld en totalitêre mag is nommer een op hul agenda. Hulle volg ‘n nuwe vorm van kommunisme wat almal gelate aanvaar.

Dries ·

Rusland is geen demokrasie nie maar wel n sosialistiese Diktatorskap. Is dit nie erger as kommunisties nie

Nie Verbaas ·

Ek is verbaas dat CR dink dat hy enige invloed het. Die man bedryf n totaal korrupte en onbevoegde regering en ek twyfel of n budgie sal wil luister wat hy te sê het.

piet ·

Dis nie wat Ramaphosa dink nie, hy’s gevra deur ander lande om as mediator op te tree. Hulle dink duidelik dat hy wel invloed kan uitoefen.

Sarie ·

Onlangs was daar russiese militëre vliegtuie wat op waterkloof geland het. Natuurlik glad nie in die nuus. Die middernagtelike lugverkeer is partymaal oorverdowend in die omgewing. En nou wil die media ons wysmaak dat die tweetjies nie gereeld gesels nie. HAHA

Prikkie ·

Hoekom vir Putin bel? Stuur vir David Mabuza soontoe, hy is mos dik hand op die blaas met die Ruskies.

Adriaan ·

Ek kan nie dink dat slap cyril n betekenisvolle bydrae kan lewer om die konflik op te los nie.

Samuel ·

Cyril het seker ‘n kommissie van ondersoek na die oorlog voorgestel. En die kommissie se werk kan jare duur.

Johanna ·

Ag toe….hoekom het hy nie eerder Ukraine se leier gebel nie. Of ten Minste OOK gebel nie.
Die ANC is groot pelle mef Rusland.
Ewe korrupte leiers

Andrew ·

Ons is lid van BRICS so ja is groot pelle met Rusland, en die ander rooi gevaar China, en Indie wat ook nie Ruland sleg sê nie en Brasil.

piet ·

Wat’s fout daarmee om pelle te wees met almal (Rusland, Amerika, China, Japan, Duitsland, Brittanje ens.)? Klink vir my na ‘n goeie ding.

john ·

My simpatie met die Ucraine maar laat CR maar eers die gemors in sy eie land oplos voordat hy inmeng in ander se oorloe. Putin steur homself niks an CR en rightly so hoekom sou hy advies vat van n leier wat gefaal het in all opsigte behalwe om homself te verryk.

piet ·

Al ooit gehoor van: “It’s not the size of the dog in the fight that counts but the fight in the dog.”

Dries ·

Daardie gesprek tussen Putin en Ramaphosa is nou wat ek noem net n klomp rook blaas

Aanhouer ·

En so, glo hy dan Putin se weergawe. Comrades till death do them part. Ek hoop Rusland se toekoms, gaan vir Ramaphosa wys wat gebeur met ň oorloglustige kommunistiese land.

Deon ·

Kyk maar, CR se gekruipery by Poeten voorspel niks goed nie en gaan die RSA baie duur te staan kom. Die RSA se weghol trein tel elke uur spoed op. Mens hoop tog net dat iets positiefs in hierdie land kan gebeur maar die GROOT ongeluk lyk op hierdie stadium onvermydelik.

Kobus ·

President Poetin het ons gebalanseerde benadering …….nie geweet balans is wanneer jy met beide voete aan dieselfde kant staan nie. Terwyl onse presidenet water trap, vermoor die Russe vroue en kinders maar dit is mos hoe menseregte werk. Lig jy jou hand hier vir mede burger is alle hel los. Daar skiet hulle soos hulle wil. Wat sal die president aan die president van Oekraïne sê indien hy hom bel?

Jr ·

Hy het hom NIE gebel oor die oorlog maar bloot oor die verbintenis tussen hulle. You still don’t talk for me as a South African. You speak only forked tongue for the cANCer party. You don’t represent ME

My siening ·

Cyrel Vee voor jou eie deur hier gaan net so baie mense dood in SA , en nou wil jy raad gee, komaan die ANC IS KRIMINELE met geen gewete nes Putin.

Mariana ·

Maw hy neem besluit namens ons almal in SA. Hy stel alweer homself en ANC voor die land soos gewoonlik. Verwaand!!

jeff ·

Dis reg. NATO en VSA het Russia gedreig, en immers is die Ukrainse mense meestal dronk nazis.

Gert ·

Wonder wat het Putin vir hom gesê? ” Nee ek kan nie weer vir jou geld gee nie, ek is besig met ‘n oorlog.”

piet ·

Ramaphosa is een van die beter presidente wat die land al opgelewer het. Ek dink hy gaan ons nog verras met sy staatsmanskap. Kyk net wat het ons al gehad: Zuma, krokodi Botha. Om nie eers te praat van die spul rassiste voor krokodil nie. Die oorgrootte meerderheid presidente van hierdie land was regtig goor maar darem ‘n paar wat uitstaan soos Mandela. De Klerk. Mbeki was ook nie te sleg nie.

Jannie van Niekerk ·

SA kan nie eers ons EIE probleme ssos aanhitsers van plaasmoorde oplos nie, wat nog te sê om invalle deur Russiese terroriste in ander lande te keer?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.