Jaar van energie-kragplan: Dís wat gedoen is

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Dit is presies ʼn jaar sedert pres. Cyril Ramaphosa se regering die energie-aksieplan bekend gestel het in ʼn poging om die land se ligte aan te hou. Die meeste Suid-Afrikaners sit nietemin steeds elke dag minstens twee uur lank sonder krag.

Maroela Media het vroeër berig Suid-Afrikaners het sowat 27% van hierdie jaar al sonder elektrisiteit deurgebring.

Ramaphosa het Maandag in sy weeklikse nuusbrief volgehou hoewel beurtkrag nie oornag opgelos gaan word nie, het sy regering en Eskom die afgelope jaar aansienlike vordering gemaak in die vermindering van beurtkrag.

Die president sê soveel moontlik krag is sedert die bekendstelling van die energie-aksieplan by die netwerk gevoeg.

Dit sluit in ʼn bykomende 400 MW van Cahora Bassa in Mosambiek en byna 400 MW bykomend vanaf maatskappye met ekstra beskikbare kapasiteit. ʼn Verdere 600 MW is tans in die kontrakteringsproses.

Ramaphosa sê ook dat Eskom se opwekkingsvloot volgehoue verbetering toon. Onbeplande instandhoudingswerk is die afgelope twee maande tot minder as 16 000 MW verminder. Dit het vroeër op 18 000 MW gestaan.

Daar is hierdie winter minder beplande instandhoudingswerk gedoen danksy Eskom wat in die maande voor die winter reeds baie instandhoudingswerk gedoen het.

Ramaphosa sê beskadigde opwekkingseenhede by die Kusile- en Medupi-kragstasie word op ʼn versnelde grondslag weer in diens geneem. Hierdie eenhede is saam verantwoordelik vir meer as 3 000 MW kapasiteit.

“Ons is ook besig om vinnig die verkryging van nuwe opwekkingskapasiteit van hernubare energie, gas en batteryberging te verkry. Die eerste drie projekte van die noodkragprogram sal na verwagting  later vanjaar by die netwerk aansluit.

“Ongeveer 2 300 MW van die mees onlangse bodvensters van die hernubare energie-onafhanklike kragvervaardigersprogram behoort ook later vanjaar in aanbou te wees.”

Een van die belangrikste bydraes tot die energie-aksieplan die afgelope jaar was huishoudings en ondernemings wat na sonkrag oorgeskakel het, sê Ramaphosa.

“Dit is bemoedigend om te sien dat meer munisipaliteite kliënte toelaat om elektrisiteit in die netwerk in te voer wanneer hulle surplus krag het. Dit sal verdere aansporing bied vir groot en klein ondernemings om in alternatiewe energiebronne te belê.”

Ramaphosa sê reguleringsveranderinge het intussen gehelp om private belegging in nuwe opwekkingskapasiteit ʼn hupstoot te gee. Hierdie veranderinge sluit onder meer in die verwydering van die lisensiëringsdrempel vir opwekkingsfasiliteite.

“Hierdie werk het ʼn massiewe oplewing in private belegging in elektrisiteitsopwekking moontlik gemaak, met ʼn pypleiding van meer as 10 000 MW in nuwe kapasiteit wat later vanjaar aan die netwerk gekoppel sal word.

“Laat ons hierdie momentum behou en laat ons almal ons rol speel, waar ons ook al kan, terwyl ons die grondslag lê vir ʼn energieveilige toekoms.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

willie ·

sjoe hy kan die grootste klomp twak kwytraak. Waar kom hy aan sy inligting? ai tog ek sal maar eerder niks verder se nie.

marius ·

Nee. Dis die jaar van sitkamerstelle en beddens. Dis wat gedoen is.

Jacobus ·

Goeie genade – die man het teveel vodka gesnuif! Selfs jou minister van krag staan verstom.

Fluisterwind ·

Jy kan twak en roomys meng; dit laat die twak nie lekkerder smaak nie, maar dit ruïneer sekerlik die roomys!!

Gaitsigubib ·

As mens die kommentare lees dan sien mens lesers glo die ANC leier lankal nie meer nie. Johannes 14:6 se “Ek is die WAARHEID en die lewe”. Hoe verder n persoon van God af beweeg hoe moeliker word dit om die waarheid te praat. Later is dit vir hulle onmoontlik om die waarheid te praat. Mens sien dit ook in die oneerlike media wat dikwels so lieg dat hulle hulself glo, al is dit net “lying by omission”. Hulle kom nie meer agter hulle doen dit nie.

Truman Burbank ·

Ek weet nie jong. Ek het al ewe veel leuns by predikante en politici gehoor.

Stephen ·

Dis gemik op die tegnologie benadeelde sektor van die bevolking wat alles glo wat die ANC se. Hulle het ook die nommers by die stembus om weer hierdie nuttelose klomp in die kussings te hou

Andre ·

En julle het net snert gepraat en niks gedoen nie en sal niks doen nie want julle is te sleg daarvoor !!

Hans ·

Waarom nie Rosatom drywende kernkragstasies, instede van rasende gaskragbote ?

Gert ·

Kry Rooiwal en Pta Wes kragstasies wat gereed staan op lyn…Ta daaaaa. Dan is Pretoria darem sonder loadshedding. Maar hoekom sal hy dit wil doen met die agenda wat hy en sy hanteerders vir die land beplan.

annie ·

Gelukkig vir ons kry ons miljoene werkers en 400 eenhede krag van Mosambiek. Wat sou ons sonder ons goeie bure gedoen het. Mandela het selfs vir hom ‘n vrou daar gaan haal.

Hannes ·

Wat hy nie sê nie, is dat die krag toevoer na 23:00 tot 06:00 terwyl meeste slaap, greeld af-en-aan gaan sonder kennisgewing. En die leun van Fase 2 dan 4 en dan geen eindlik fase 6 is. Maar die “masses” val vir sy leuns

johb ·

by verre die meeste bydra is jan alleman wat self regmaak en krag opwek. nes slaggate moet gewone mense instaan vir die anc se totale onvermoe om enige iets konstruktiefs te doen

Papsak ·

Ag asb Ramphosa hou op mooi lyk en dink jy is goed niemand luister meer vir jou nie want jy lieg net so jy te swak vir die naam President asb

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.