Karl Reich se moordenaars gevonnis

Karl Reich (Foto: Facebook)

Die drie mans wat Karl Reich (82) destyds beroof, ontvoer en vermoor het, sal sowat 25 jaar agter tralies deurbring.

Mojalefa Tseki (30), Thanki Dickson Motseki (29) en Ernest Pule Chambisso (36), wat in Augustus vanjaar op aanklagte van moord en roof skuldig bevind is, is Vrydag in die Bloemfonteinse hooggeregshof gevonnis.

Motseki is tot lewenslange tronkstraf gevonnis met ’n bykomende 15 jaar direkte tronkstraf vir roof met verswarende omstandighede.

Tseki en Chambisso is albei tot 25 jaar direkte tronkstraf gevonnis met ’n bykomende 12 jaar vir roof met verswarende omstandighede.

Al die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Maroela Media het vroeër berig dat Reich op 24 September 2018 by sy huis op Welkom in die Vrystaat ontvoer is.

Sy liggaam is reeds die dag ná die moord op 25 September gevind, maar nooit geïdentifiseer nie en dus deur die staat begrawe.

Dit het tydens die hofsake aan die lig gekom dat Reich verwurg is. Sy liggaam is in die kattebak van een van sy voertuie na Pretoria geneem en naby Fonteinedal in ’n stormwatersloot op die N14 gelaat. Sy oorskot is later aan sy familie oorhandig, wat hom in Augustus 2019 laat veras het.

Reich se dogter, Belinda Ferreira, het vroeër gesê hoewel die skuldigbevinding haar berusting gee, dit nog nie al die wonde genees nie. Sy het nog talle vrae oor wat presies met haar pa gebeur het en sê dat ’n mens nie sommer vrede maak met die feit dat jou pa vermoor is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Mariana ·

Ek glo dat sy dogter se pyn nooit sal weggaan nie, maar met tyd sal dit beter word.

Francois ·

Solank hulle oor n jaar nie simpatiek raak oor die moordenaars en hulle vroeg laat uitkom nie. Staan enige vroeere vrylatings teen

Carina ·

Het die saak gevolg van die begin.Baie sterkte aan familie. RiV

Harley Davidson ·

Die vonnisse is ‘n grap as hulle 5 jaar sit is dit baie ,ek sal wil hoor 70 jaar sonder die keuse van parool vir hierdie tipe misdadigers.

Nico ·

Die vonnis is ‘n grap, 25 jaar vir moord. Renoster stropers kry 35 jaar vonnis.

Papsak ·

Dit gaan darem lekker hier ne moor net doodstraf moet lankal terug gewees het in suid afrika dan sal nie soveel boere en ander mense al vermoor gewees het nie

Perdeby ·

25 jaar sal my nie berusting gee nie. Lewenslank sonder parool kan meskien werk.

Waarnemer ·

En na ses maande is hulle weer op sgtraat..uit op goeie gedrag!!!

Jack ·

Sy lewe is verby terwyl die vloeke hoender kry en tv kyk. Wat is n lewe werd in afrika.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.