NGV-wetsontwerp: ‘Parlement laat SA’ners in die steek’

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Die Health Funders Association (HFA) rig ’n ernstige versoek aan pres. Cyril Ramaphosa om die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) na die parlement terug te verwys sodat uiters belangrike aanpassings gemaak kan word.

Deur dié wetsontwerp in sy huidige vorm te aanvaar, laat die parlement Suid-Afrika sowel as elke inwoner in die steek, het die drukgroep Woensdag gesê.

Dít volg nadat die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) Woensdag sy ANC-meerderheid gebruik het om die wetsontwerp onveranderd te aanvaar – ʼn besluit wat skerp kritiek uit verskeie oorde ontlok het.

Verskeie versoeke is intussen aan pres. Cyril Ramaphosa gerig om die wetsontwerp na die parlement terug te stuur vir heroorweging.

Craig Comrie, voorsitter van die HFA, sê verskeie aanpassings moet egter gemaak word om te verseker dat die wetsontwerp belyn is met die ware doelstellings van universele gesondheidsdekking én die Grondwet om Suid-Afrikaners beter te dien.

“Met die aanvaarding van die NGV-wetsontwerp in sy huidige vorm, het die parlement versuim om die implikasies daarvan op burgers se grondwetlike regte, gesondheidsorg as geheel en die Suid-Afrikaanse ekonomie te oorweeg. Kortom, dit het Suid-Afrika en sy burgers gefaal.”

Comrie sê voorts dit is uiters belangrik dat elke poging moontlik aangewend word om te verseker dat Ramaphosa ten volle bewus is van “die onbedoelde, dog heeltemal voorsienbare, gevolge wat die ondertekening van die NGV-wetsontwerp in sy huidige vorm vir Suid-Afrika inhou”.

“Daar is nog tyd om die nodige veranderinge aan die wetsontwerp aan te bring wat sal help om die doelwitte van universele gesondheidsdekking in Suid-Afrika haalbaar en volhoubaar te maak.”

‘Ongrondwetlik, onuitvoerbaar’

Die South African Health Professionals Collaboration (SAHPC), ’n nuutgestigte groep wat sowat 25 000 dokters, spesialiste en verwante gesondheidslui in die private en openbare sektor verteenwoordig, het ook kapsie teen die aanvaarding van die wetsontwerp gemaak.

Die SAHPC beaam dat indien die wetsontwerp soos hy tans is, ingestel word, dit ’n verwoestende uitwerking op die land se vermoë sal hê om gehalte‑gesondheidsorg te lewer. Dit is omdat daar nog gans te veel onduidelikheid oor sleutelelemente in die wetsontwerp is.

“Terwyl ons die fundamentele beginsel van universele gesondheidsdekking steun, blyk dit dat hierdie NGV-wetsontwerp deur die wetgewende proses gestoomroller is sonder behoorlike skakeling met professionele gesondheidsorgpersoneel, of behoorlike oorweging van ons voorleggings,” het Caroline Corbett, die SAHPC se woordvoerder, gesê.

Die SAHPC glo die wetsontwerp, in sy huidige formaat, is ongrondwetlik en onwerkbaar.

“Dit is om hierdie rede dat ons die president versoek om dit aan die parlement terug te stuur vir heroorweging. Ons erken dat gesondheidshervorming nodig is, in die openbare sowel as private sektor, en dat die land ’n toepaslik befondsde, bestuurde en gelewerde gesondheidsorgstelsel tot voordeel van almal nodig het. Artikel 33 van die wetsontwerp, wat die rol van mediese skemas beperk, en dus die befondsing vir die hele private gesondheidsorgsektor, ondermyn die land se vermoë om hierdie doelwitte te bereik, en moet dus verwyder word.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

etienne ·

CR sal hierdie wetsontwerp sonder twyfel onderteken, want hierdie wetsontwerp bevoordeel die massas wat nie gesondheidsdienste kan bekostig nie, en dus vorm hierdie wetsontwerp ook n direkte verkiesings veldtog vir die ANC. Miskien met n nuwe koalisie regering, kan die wetsontwerp weer herroep word.

annie ·

Mense, ons kan eenvoudig nie ‘n uitskieter-sukses bekostig nie. Kan ons mense na dertig jaar van goeie uitstaande en besonderse voorbeelde van uiters klaaglike mislukkings tot die besef kom en insien dat ons die bedoelde pad van ondergang suksesvol loop nie. Ons jaag mislukkings ná soos alle volke in Afrika moet. Ons is die ideale voorbeeld van ‘n land wat met durf en daad ellende najaag en die beker gáán wen. Hou net moed.

Bevorder geregtigheid - Vrydenker Vlakvark ·

Die Suid-Sfrikaanse nasie is in vir ‘n wrede ontnugtering. Menigde burgers is onder die indruk dat alle mediese behandeling en medisyne en patologiese dienste gaan vir almal gratis beskikbaar wees! Welkom in Mzansibabwe! Welkom korrupte mediese entrepreneurs!

CHRISTINE ·

Ek dink nie dit sal deurgevoer word nie. Die anc is te onbevoeg gegewe die kort tydperk tot die verkiesing, waar hulle finaal gaan faal.

George ·

natuurlik gaan hy dit teken, dis mos boonop n verkiesings jaar ook volgende jaar. Hou maar julle pension ook dop.

Anel ·

Doe massas het reeds gratis mediese sorg. Wat pareties is. Nou wil hulle die privaat mediesesord tot op hulle vlak verwoes. Gratis mediesesorg werk nie eens in eerste wêrelde nie, hoe dink hulle gaan dit in hierdie korupte land werk! Waar gaan die geld vandaan kom? Daar is nie eers genoeg om die gratis dienste te lewer nie? Maar nou ja, alles moet gratis aan die massas verskaf word. En die regering gaan na die buiteland vir medies. Hierdie moet met hand en tand beveg word. Dit moet van die tafel af gevee word want dit gaan die laaste strooi wees wst hierdie land finaal gaan knak. Hoekom eord daar nie ook optogte gehou daar teen nie? Of aanvaar ons nou maar net ons lot???

Marius ·

Ek se weer , die stelsel het nie in NZ , AUS of enige ander land gewerk nie , hoekom sal dit hier werk ?
Ons regering is nie gepla oor die mense nie maar net oor hulself en hulle beursies.

George ·

@Anel, die geld gaan van ons, die belasting betaler kom, boonop die tax wat jy betaal, wil hulle n extra 9 – 11% vat

George ·

Ek hoop hulle besef om die uit die tax betaler uit te vat, gaan armoede meer maak. Dies wat op die minimum verdien, kan jy dink hulle verloor ook n 20% van die inkomste aan die staat. Nee wat. Hier kom n groot volskaalse tax onduiking.

Hendrik ·

Anel die massas het wel gratis medies sorg maar moet in rye staan vir alles. Met NGV gaan hulle net in die ry sit by Wilgers en mediesefonds lede gaan sleg tweede kom.

annie ·

Klimaatsverandering gaan nou sommer ook mense se gesondheid in SA erg benadeel en gekoppel aan rassisme deur die eeue sal die wêreld SA met finansiële ondersteuning moet uitlig uit die ellende. Mediese fondse sal vir die Afrikane gestig moet word vir gratis diens en hospitalisasie. Cyril sal sekerlik ‘n jaarlikse kongres moet begin hou waarheen ryk bevoorregte lande genooi sal word en gedwing sal word, as hul nie wil luister nie, om hul deel te doen.

Nicky ·

Die regering gaan sleg 2de kom, want wie gaan dan nog hul mediese fondse betaal, beslis nie ek nie

Republikein in die Wes Kaap ·

Hendrik, private hospitale is besighede. Hulle neem nie dokters in diens nie, nie eers GPs nie. Ongevalle behoort aan private dokters. Indien hulle nie geld maak nie of stadig of glad nie betaal word nie sal hulle toemaak.

Schalk ·

Is die werklike rolspelers soos die belastingbetaler, die Dr’s en alle vorms van mediese ondersteunende en verwante beroepe gelukkig daarmee? Mediese fonse sal miskien nou ‘n meer buigsame en persoon gebaseerde stelsel moet inbring waar Dr’s mobiel gaan met klinieke? Net ‘n idee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.