Parktown-tragedie: ‘Seun kon nie wag om te gaan kamp’

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys, tydens ‘n mediakonfernsie Vrydag. (Foto: Verskaf)

Die seun van Parktown Boys’ High in Johannesburg wat dood is tydens ʼn skoolkamp, kon die aand voor die tyd nie slaap nie, só opgewonde was hy om op die kamp te gaan.

Enock Mpianzi (13) se liggaam is Vrydag in die Krokodilrivier gevind nadat hy Woensdag op die skool oriënteringkamp vir graad 8-leerders verdwyn het.

“Enock se ma het aan my gesê toe sy hom Woensdagoggend gaan wakker maak vir skool, het hy gesê dat hy nie ʼn oog toegemaak het nie, want hy is so opgewonde om op die kamp te gaan,” het Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, Woensdag tydens ʼn mediakonferensie gesê.

Volgens Lesufi wou Enock, wie se gesin van die Demokratiese Republiek van die Kongo afkomstig is, ná skool ʼn loopbaan in regte volg. Sy gesin het hom as saggeaard beskryf.

Parktown Boys’ High School. Foto: Via Facebook

Maroela Media het vroeër berig dat Enock reeds tydens ʼn aktiwiteit Woensdag by die rivier vermis geraak het. “Soos ek verstaan moes die kinders skuite bou en daarmee oor die rivier vaar,” sê Lesufi. Onderwysers het egter eers Donderdag besef Enock word vermis. Sy liggaam is sowat 3 km stroomaf gevind van waar die vlotbou-aktiwiteit plaasgevind het en Enock die laaste keer lewend gesien is.

“Niemand is nog seker oor presies hoe die gebeure verloop het nie, maar die tydlyn is kommerwekkend. Die aktiwiteit by die rivier het Woensdag plaasgevind, maar hy is eers laat Donderdag as vermis aangemeld,” sê Lesufi. Hy sê die gebeure sal nou deel vorm van ʼn onafhanklike ondersoek deur sy departement. “Ons sal dan na aanleiding van die bevindings van dié verslag optree indien daar enige nalatigheid was.”

Lesufi het genoem dat die skoolhoof pas aangestel is en ook dat onderwysers aan die skool al voorheen afgedank is weens wanoptrede.

Volgens Lesufi het al die leerders op die kamp reeds berading gekry en maatskaplike werkers is ook aan die gesin beskikbaar gestel.

“Ek wil graag ook my dank betuig teenoor boere en plaaswerkers in die omgewing wat ingespring en help soek het. Iemand het ʼn sweeftuig daar aangebring en gehelp om die veld te deursoek en mense het hommeltuie daar aangebring en gehelp soek. Ons het regtig gedink ons gaan hom lewend kry. Ons was regtig platgeslaan toe ons hoor hy is dood,” sê Lesufi.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Anoniem ·

Was daar reddingsbaadjies ? Met water sports veral op ‘n rivier behoort reddingsbaadjies ‘n moet wees.

Hendrik Swart ·

“onafhanklikke ondersoek deur sy departement” wie probeer Lusifi om die bos lui? Hoe is dit onafhanklik as S6 maaitjies die ondersoek down. Kry n 3de party om die ondersoek te doen en die regte waarheid Te ontbloot.

KG ·

Hoe op dees aarde kom hulle eers Donderdag agter hy is nie daar nie?? Het sy maats nie agtergekom hy is weg nie? Hou die onderwysers nie gereelde opnames om te kyk dat almal daar is nie?
In my opinie is dit beslis speel nalatigheid beslis ‘n rol in die tragedie!

Stebastiaan ·

Enige verlies aan dood is hartseer en ek glo die veiligfaktor is na gekom. Ongelukkig is die betrokke lur baie geneig om so iets vir eie politieke gewin uit te buit. ‘n ongeluk kan gebeur al is alles in plek. My innige simpatie aan die naasbestaandes.

Kolonel ·

Jy reken dat MET reddingsbaadjies, ‘n buddy-sisteem, EN ‘n na-aktiwiteit koptelling kan ‘n ongeluk gebeur?
OK Stebastiaan.

Petru ·

Dit is hartsèer dat kinders op Kong ouderdomme sterf. Toesig speel n rol. Kon niemand die aand by etenstyd of ontbyt dit agter kom nie? Wat van sy kamer maats tydens slaaptyd.

Ronel ·

Ek dink regtig nie dat dit enige mens se skuld is nie. Onfelukkige gebeur. Onderswysers is nie alomteenwoordig nie en seun kan vinnig wegslip om iets anders te doen. BOYS WILL BE BOYS, sê hull mos altyd. Altyd nuuskierig om the ” explore”!

Queen B ·

Dit is my grootste vrees met die kampe. My kleindogter is die naweek op een en my siel sal nie rus voor hulle terug is nie. Sterkte aan die ouers.

PC van Rooyen ·

Bid vir almal betrokke. Dit is ‘n tragedie. Ek is as jong skoolhoof ook deur so ding. Het net puik ondersteuning van onderwysdepartement gekry. Maar dit bly’ n nagmerrie. Maklik om agterna vrae te vra en vinger te wys. Los dit asb. Ondersteun en bid daar is baie mense met intense pyn.

Feite ·

Probleem is sg veldskole probeer om weermagopleiding na te boots op minderjarige kinders…sonder om enigsins enige tipe veiligheidsmaatreels in plek te stel…almal praat net vd skool en onderwysers..Veldskole etc moet indringend ondersoek word en gesluit word as hulle nie aan streng veiligheid voldoen nie

TwaalfBoor ·

Kan Lesufi nie maar net sy mond hou nie. Snaaks hoe politikuste baie selektief is om gebeurtenisse te gebruik vir eie gewin. Die ou laat my braak elke keer as hy sy smoel oopmaak.

Feite ·

Kinders vn 14 kan nie n veilige vaartuig “gou aanmekaarslaan” om op n rivier te vaar nie- nie eers volwasse mans nie…om n vlot etc te bou verg n biki ingenieurswese EN dan MOET reddingsbaadjies gedra word …PLUS ja daar kan krokodille wees in daardie deel vd rivier…daar was al mense gevang en die oewer eienaars moet hengelaars en mense wat daar kamp mt n kennisgewing waarsku..die aktiwiteit op di rivier was om di minste te se speel mt die kinders se lewens

Reg so ·

Hoe lank gaan dit nou nog hoof nuus haal? Ja dit is ongelukkig maar rerig?

Regtig ·

Of jy is ‘n rassis of jy het nie kinders nie – anders sou jy verstaan het hoekom dit hoofnuus is.

Trol ·

Weereens….. die (gehate) boere het met hul werkers opgedaag on te stel. Met die liefde van God in hulle harte on n swart kind te soek. Kry oo panarotti nog NIE skaam vir sy rassisme teenoor hulle nie?

Capetonian ·

Respekteer die mense se kultuur met hul eie inisiasies en moenie jul westerse ding probeer af forseer nie .

Feite ·

Dis is inderdaad hoofnuus as n onskuldige kind met sy lewe boet en stukkende ouers agterlaat..agv mense se growwe nalatigheid…

Onwettig ·

Ontgroening is onwettig en mag nie plaasvind nie. Dis reeds afgeskaf. Skole mag wel oriënteer, maar niemand mag verneder word of gunsies doen vir ander kinders nie.

Alida ·

Hulle het Woensdag daar aangekom en onmiddellik begin vlotte bou dus was hulle nog nie in kamers opgedeel nie. Dus was dit onmoontlik vir die toesighouers om vas te stel waar hy ingedeel was om te slaap.

Koos ·

Dit maak nie saak of hulle ‘n koppetelling moes gedoen het, of daar toesig moes gewees het of nie. Basiese waterveiligheid op riviere/damme tydens watersport/aktiwiteite is om reddingsbaadjies te dra! Dit was die grootste nalatigheid! Verwag meer van so ‘n “spogskool”!

Tazi ·

Ag dis verskriklik… Mens se senuwees is gedaan met skool kampe, ek kry almal betrokke baie jammer. Die arme Mamma wie se kind dit is en die betrokke leerkragte wat met die selfverwyt sit en die kinders wie se hoërskool loopbaan so hartseer begin het. Net God kan hier troos…so bitter onnodig.

Johan ·

Jammer hier was die skool en die Lodge eienaar nalatig geen reddings baaidjies in n vinnig vloeiende rivier soek vir moeilikheid. Ek self was betrokke by kampe vir seuns waar ons dieselfde vlotbou aktiwiteit gehad het,niemand op die water toegelaat sonder sy veilgheids toerusting nie ekstra veilgheids beamptes wat op roei bote die heeltyd langs die vlotbou spanne was om onmiddelik op te tree as daar fout gaan, en 2 man op die wal wat heeltyd koppe tel.

CV ·

MM, sy naam is verkeerd gespel.
Die tragedie is hartverskeurend????????

Elaine Krige ·

Hallo Charlotte. “Enock” is hoe die skool sy naam gespel het. Ek weet die Gautengse Departement van Onderwys spel dit anders. Indien jy binne-kennis het dat sy naam verseker verkeerd gespel is, verander ons dit graag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.