Ramaphosa nou ‘regstreeks betrek’ by ‘verdoesel’ van Eskom-korrupsie

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Siyabulela Duda/GCIS)

“Pres. Cyril Ramaphosa moet die nasie toespreek en sê presies wat hy weet oor die korrupte kartelle wat Eskom saboteer en die kragvoorsiener leeg tap.”

Só sê die DA nadat André de Ruyter, gewese Eskom-hoof, opspraakwekkende bewerings gemaak het dat minstens twee kabinetslede na bewering by korrupsie binne Eskom betrokke is.

Die DA voer aan dat die ministers waarmee De Ruyter verlede jaar al vergader het, beslis vir Ramaphosa sou inlig oor die bewerings teen senior kabinetslede. Daarom het die president nie net geweet van die identiteit van die korrupte kaders nie, maar ook gehelp om die korrupsie by Eskom te verdoesel, sê John Steenhuisen, DA-leier.

“Dit is duidelik dat Ramaphosa ʼn volle agt maande lank van die identiteite van hierdie ministers in sy kabinet geweet het en dat hy dus nie net vir die nasie gelieg en hulle in die steek gelaat het nie, maar ook homself gekompromitteer het,” sê Steenhuisen.

“Hierdie is nog ʼn rede waarom die DA se versoek toegestaan moet word vir ʼn dringende ad hoc-komitee om ʼn omvattende ondersoek na De Ruyter se bewerings te doen.

“Die komitee behoort volle parlementêre magte te hê om enigiemand te dagvaar wat inligting het wat nodig is om die korrupsie en sabotasie by Eskom te beëindig, die skuldiges aanspreeklik te hou, en ʼn einde aan Suid-Afrika se elektrisiteitskrisis te bring.”

Steenhuisen sê Suid-Afrikaners het ʼn reg om te weet wie die ministers is wat geïmpliseer word, veral met die lang verwagte kabinetskommeling wat glo op hande is.

“Dit is Suid-Afrikaners se reg om te verwag dat stappe teen die skuldiges gedoen word en dat enige verdere korrupsie by Eskom hokgeslaan word, aangesien dié onwettige bedrywighede die hele land in donkerte hul.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

George ·

Want hy is deel van dit, hy is een van die mees korrupste mense in die ANC en government.

Amelia ·

ek kry selfde gevoel is die geld onder rusbank dalk eskom sin

Di ·

Glo my, RAMPIE en die res van sy kaders weet PRESIES wat aangaan in Eskom. Glo dat die meeste van hulle in die Parlement SAAM MET groot koppe in die Polisie aandeel het in die korrupsie. Leuens kom een of ander tyd uit, DIS VERSEKER!

Republikein in die Wes Kaap ·

Dis steeds die ore van die seekoei. Maar die regime se sondes kom uit.

Papsak ·

Ja want hy ud deel van alles by eskom haal hulle uit en dat ons weer kan krag he sluit toe jaag weg voor die voed moenie speel nie DA doen julle ding bly alles het sover gevorder

Kobie ·

Weer ‘n Kommissie van Ondersoek, Rmiljoene later, 5 “Digbundels” en daar gaan NIKS van kom nie!!!

gatgogga ·

Niemand vra vir ‘n kommissie van ondersoek nie. ‘n Parlementere ad-hoc komitee wat bestaan uit ANC maar ook opposisie lede, en hulle vergoedingspakket sluit reeds sulke pligte in, dus nie miljoene Rande nie. Dit is selfs beter as om Rama voor die hof te kry, want hoe weet ons dat die regter nie ‘n ontplooide gekaapte kader is nie?

JohanR ·

Voor Ramaphosa met die nasie praat sal hy eers ‘n minister van ondersoek aanstel, en ‘n 12 man vrou en komitee op die been bring.

Pierre ·

vir maande kon die ANC nie lone betaal nie skielik is daar geld galore laat mens maat net wonder en moet nie asem ophou nie die “Another National Crisis” sal laer trek en al wat n kader is met hand en tand beskerm.

annie ·

Ongelukkig blyk dit dat die prez uiters kortsigtig is of dat hy gedink het die probleem sal soos die Phala-spook saam met die wind wegwaai. Beide duiweltjies sit nog lekker op sy skouers. Zuma lag seker uit sy maag oor die nuwe verwikkelinge. Cyril sal nou al die kaders se diertjies en plesiertjies moet beskerm om sy eie flaters in die res van die kussings op die ou bank toe te hou anders blaker iemand dit uit.

Althes ·

Ek stem 100 persent saam. En hoekom moet Andre de Ruyter nou voor hul verskyn? Nee wat hulle wil seker ñ losprys op hom sit.
Nie een van hul het integriteit en skaamte nie. Ñ klomp leuenaars wat die mense van SA bedrieg.

Amelia ·

Nog n ondersoek wat miljoene gaan kos en niks van gaan kom nie net soos met zondo kommisie Hierdie is geveg wat nie gewen gaan word nie Hoekom is russe hier om oor te neem dink heelwat mense weet dit Vir die hop huise kan klein sonpanele opgesit word deur staat maar die wat tax betaal
moet maar net aansukkel Die anc sal seker nooit uitgestem word n ie Wat kan mens doen want met n gestem gaan niks verander nie

Matmiet ·

En uiteindelik raak die geduld van die Suid-Afrikaanse publiek, wat to lank getoets is, op ‘n einde. En skielik is Rampies verbaas dat die mense nie meer die korrupsie en leuens wil duld nie. Die skyn van beskawing is eintlik baie dun, en sterk afhanklik van die dinge wat die beskawing jou bied. As hierdie dinge weg gevat word, moet jy nie verbaas wees as mense se akkedisbreine begin inskop en hulle soos troglodiete begin optree nie. Beskou maar die onlangse geval in Griekeland, waar mense na een treinongeluk die regerings geboue met petrolbomme bestook het. En dit is ‘n Europese land.

Riaan ·

Nog ‘n kommissie, nog minder arrestasies, kyk maar na die Zondo geval. Dit bly net ‘n gepraat

Johanncb ·

André de Ruyter is ‘n man van integriteit. Hy sal nie ongegronde bewerings maak nie. Die Kabinet kan by hom leer.

Johann ·

Hy weet van niks. Al van die dae wat sy kader en comrade Zuma VOOR sy oë die land laat leegdra het. Gewetenlose leunaar.

Nie Verbaas ·

Ramaphosa weet al van Zuma se era af wat presies in Eskom aangaan. Ongelukkig is hy n totale slapgat.

Eugene ·

Vonnis ramp-phosa tronk straf, Hy het Sy land verraai, net Soos de ruyter moet getuig, moet ramp-phosa ook.

groenboer ·

Cyril weet straks net soveel van die Eskom-kartelle as van die geld in sy rusbank…

Daizee ·

….aag behoede ons!!!! Nóg ‘n dekselse komitee, nóg ‘n dekselse ondersoek, nóg ‘n dekselse verslag, nóg ‘n dekselse fortuin wat daaraan spandeer word én nóg ‘n klomp nuttelose beloftes en wééreens ‘n vrag dadels wat daarvan gaan kom!!!!!

WILLEM ·

Draai die skroewe stywer, die waarheid moet seëvier.
Ons land is op sy hospitaal bed besig om te sterf.
Ons kan net ons Skepper vra dat Hy beheer sal uitoefen!!

Jr ·

Al wat hy sal sê vir die publiek is.
” I am shocked to hear about these cartels”

Jacobus ·

Hierdie is maar puntjie van ysberg. Ons is al drie jaar gelede uitverkoop met COVID. Geld in die “bank”. Toe word ons kragstasies skielik gesluit vir sg groen krag – nog geld in die bank. Wie gaan verloor – our people! Oor en oor en oor!

Marina ·

Ai tog wie droom nou so lekker. Almal lieg ewe hard, van bo tot onder

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.