Die verhoor van die Franse wapenvervaardiger Thales en oudpres. Jacob Zuma sal in Mei plaasvind, het die hooggeregshof Dinsdag beslis.
Die oudpresident en wapenvervaardiger staan tereg op 16 aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery. Die saak hou verband met die wapenskandaal, toe wapentuig van Thales aangekoop is toe Zuma adjunkpresident was.
Zuma het destyds na bewering meer as R4 miljoen in omkoopgeld in die sak gesteek.
Zuma en Thales ontken skuld.
Regter Nkosinathi Chili het vanoggend in die hooggeregshof in Pietermaritzburg gesê die saak is gereed om aangehoor te word en die verhoor sal van 17 Mei tot 20 Junie plaasvind.
Zuma was nie in die hof toe die verhoordatum bekend gemaak is nie. Die oudpresident het vooraf gevra om van die verrigtinge verskoon te word.
Maroela Media het vroeër berig die verhoor is verlede jaar vier keer uitgestel.
Thales het verlede jaar die hersieningsaansoek ingedien en aangevoer daar is ʼn gebrek aan bewyse. Die aansoek is egter van die hand gewys.
Sluit nou maar vir Zuma toe en kry dit agter die rug asb
Nah, gaan net weer uitgestel word. Zoempie is ‘n lafaard – hy wil nie sy dag in die hof hê nie.
Ou Zuma skuld ons 27 jaar in die tronk.
In alle bikkikheid… JZ het soveel sake teen hom, en die een sloer so lank al die regters sal afgetree wees teen die tyd dat dit klaarmaak.
Hy gaan weer siek pleit Mei en dan dans die kaders weer! Hy bly maar walglik.
Sluit toe want julle mros net ons belasting geld op die skelm
Ek dink nie ons moet opgewonde raak nie. Die man speel vir tyd en ons regering te bang om stappe te neem teen hom, want dan sink almal saam hom. Grootste klug van die dekade
Presies wat ek ook dink Misky☺
en die “staat” val elke slag vir sy grappe, hoe pateties, onbevoeg, onbeskryflik, waar in die wereld het sake al dekades geneem om afgehandel te word ?
17 Mei tot 20 Junue….watter jaar
Maar hy kan nou mos maar gewoon weer wegbly, dis dan nou blykbaar toelaatbaar.
Wonder net of ander ook so maklik daarmee wegkom.
Die howe is deesdae lamsakkig …jammer dit werk nie so vir ons almal nie