Die Bulls wil aanstaande jaar in die voorseisoense wedstryde maak soos die Westelike Provinsie vroeër jare toe hulle twee Curriebekerwedstryde op dieselfde dag en in verskillende sentra gespeel het.
Soekresultate vir: johan kotze
Namibië kies groep vir Uruguay, beter rangorde
Namibië se spelersgroep met die oog op 18 en 25 November se toetse teen die besoekende Uruguay is Donderdag aangekondig.
Sharks, WP het die binnebaan in halfeindstryde
Daar is geen kristalbal wat kan voorspel wat Saterdag in die twee Curriebeker-halfeindstryde sal gebeur nie, en ʼn mens moet jou maar na die verlede wend om ʼn soort uitslagpatroon te identifiseer.
Redakteursbrief: ʼn Handgeskrewe briefie van oom Gideon
Ek sit nog en rondkyk en wonder of ek nie maar liewer weer moet ry nie, toe ʼn groot, lang oom van ʼn kampie met perde af aangestap kom. Ek klim uit, stel myself voor en beduie met ʼn oorvloed woorde hoekom ek daar is, en vra sommer om verskoning dat ek so ongenooid daar opdaag … skryf Susan Lombaard.
Sharks verander drie; Bulle (dalk) glad nie
Die Sharks het drie verander aan die opdrafspan wat teen die Westelike Provinsie verloor het, vir Saterdag se Curriebeker-halfeindstryd in Durban teen die Blou Bulle, wat hoop om die span wat die Pumas geklop het te behou.
Pumas speel troefkaart; Bulle behou wenspan
Die Pumas speel hul “grootste troefkaart” vir Vrydag se Curriebekerwedstryd op Loftus Versfeld teen die Blou Bulle, wat hul span wat die Cheetahs geklop het vir dié kragmeting behou.
Slae vir die voorloper; amper asyn vir Wynboere
Die voorloper in die Curriebeker- Eerste Liga het Saterdag slae gekry, en die Wynboere het amper asyn geproe.
John Mitchell stel vertrouensmosie in sy Bulle
Die Blou Bulle se rugbydirekteur, John Mitchell, het ʼn klinkende mosie van vertroue gestel in die Curriebekerspan wat net met ʼn punt teen die Westelike Provinsie verloor het.
Welwitschias verstel span wat net-net verloor
Namibië het ietwat verstel aan die opdrafspan wat net-net teen die Grens verloor het, vir sy eerskomende kragmeting in die Curriebeker- Eerste Liga teen Boland in Windhoek.
Cheetahs maak 4 wysigingswysig vier ná loesing teen Griekwas
Die Cheetahs het vier veranderings en twee posisionele skuiwe aangebring aan die opdrafspan wat deur Griekwas gelooi is, vir die Curriebekerwedstryd Vrydag in Bloemfontein teen die Blou Bulle.
Blou Bulle verander losvoorspelertrio
Die Blou Bulle se opdrafspan vir Sondag se wedstryd teen die Westelike Provinsie beskik oor ʼn ander losvoorspelertrio as die span wat teen die Sharks verloor het.
Valke verras in strawwe weekronde
Die Valke het Saterdag in die Curriebeker Eerste Liga verras deur op Brakpan met die beter geplaasde Boland af te reken.
Pollard haal bank (net-net) vir Blou Bulle
Dit was so hittete of die Springbok Handrè Pollard het glad nie die Blou Bulle se span teen die Sharks Saterdag in Durban gehaal nie. Nou sit hy darem op die bank.
Namibiërs verander op groot skaal ná loesing
Agt veranderings aan die Welwitschias se opdrafspan en ʼn volkome nuwe bank teen die Suidwestelike Distrikte in Windhoek volg op die Namibiërs se loesing van 29-78 teen die Luiperds in die Curriebeker- Eerste Liga.
Leeus, Bulle sorg vir ʼn rugbyfees op Ellispark
In ʼn wipplankwedstryd waar die verloorder baie moeilik sou kon terugveg om die Curriebeker se halfeind te haal, is skitterende rugby Saterdag op Ellispark tussen die Goue Leeus en die Blou Bulle opgedis.
Blou Bulle verander heelwat aan span vir Leeus
Die Blou Bulle het heelwat verander aan die span wat Saterdag die Goue Leeus op Ellispark in die reeks om die Curriebeker aandurf.
Só ʼn span hoort nie in die Curriebekerreeks
Só ʼn span hoort nie in die Curriebekerreeks nie, en die SA Rugbyunie (Saru) sal sy hand diep in eie boesem moet steek oor sy kortsigtige wanbeleid om ʼn bond se derde span in Suid-Afrika se veronderstelde top- huishoudelike reeks te laat speel.
Namibiërs staan 4 toetsspelers aan klubreeks af
Namibië se Welwitschias speel Saterdag sonder vier van die span se toetsspelers wat die Oostelike Provinsie help klop het, omdat hulle aan die SA Rugbyunie (Saru) se internasionale klubreeks om die Goue Beker deelneem.
Cheetahs verander net twee ná slagting
Die Cheetahs het net twee veranderinge aangebring aan die span wat met 15-45 teen die Sharks verloor het vir Saterdag se Curriebekerbotsing teen die Westelike Provinsie op Nuweland in Kaapstad.
Kampioen neem voortou met puik tweede helfte
ʼn Puik vertoning in die tweede helfte van hul kragmeting Saterdag in die Curriebeker- Eerste Liga het die verdedigende kampioen in staat gestel om die vroeë voortou in die reeks te neem.