Maroela Media se 10 gewildste sportstories vir 2023

Hierdie sportstories is in 2023 die meeste gelees op Maroela Media.

  1. Engelse ‘diep teleurgestel’ oor Mbonambi-besluit

Die rugbybeheerliggaam in Engeland sê hy is “diep teleurgesteld” dat die klag van rassisme teen Bongi Mbonambi (32) afgehandel is en dat hy aan die Wêreldbeker-eindstryd gaan deelneem.

Bongi Mbonambi (Foto: Geoff Caddick/AFP)

  1. Mening: Vlieënde Kolbe een vir die boeke

Cheslin Kolbe het in aanloop tot die Wêreldbeker-kwarteindstryd teen Frankryk gesê dat hy nuwe herinneringe op die Stade de France sou wou skep.

Pure vlugvoetige vaardigheid: Suid-Afrika se Cheslin Kolbe. (Foto: Simon King/ProSportImages/DPPI via AFP)

  1. Kyk: Arnold Geerdts oor skeidsregters, blitsige Kolbe

Arnold Geerdts gesels oor skeidsregters en uitblinkers gedurende die afgelope naweek se Wêreldbekerrugby.

  1. Ardie bó Eben in toekenningstryd

Nie een van Suid-Afrika se benoemdes – Eben Etzebeth, Manie Libbok en Jacques Nienaber – kon met die louere by Wêreldrugby se toekenningsgeleentheid in Parys wegstap nie.

(Foto: FRANCK FIFE/AFP)

  1. Fransmanne kies hul WB-span

Die gesaghebbende Franse rugbypublikasie Midi Olympique het vyf Springbokspelers in sy droomspan van die Wêreldbeker-toernooi ingesluit.

Jesse Kriel het Midi Olympique se span van die Wêreldbeker-toernooi gehaal. (Foto: Simon King/ProSportImages/DPPI via AFP)

  1. Matt kap na ‘immorele’ Bok-taktiek

Matt Williams, die voormalige Skotland- en Leinster-afrigter, het weer eens na die Springbokke se plaasvervangersverdeling gekap.

Die Springbokke spog met ’n gedugte groep voorspelers. (Foto: Julien de Rosa/AFP)

  1. Carter kies sy Bok-losskakel

“Dit kan moeilik wees vir hom, maar hy is op sy beste in droë toestande, wanneer die spel meer oop en vloeiend is.”

Handré Pollard en Manie Libbok is al twee in die Springbokke se wedstrydgroep teen Frankryk. (Foto’s: Clement Mahoudeau en Wikus de Wet/AFP)

  1. Hane kloek, kla en kerm oor O’Keeffe

“Ek wil nie ʼn bitter persoon wees wat oor die skeidsregter kla bloot omdat ek die kragmeting verloor het nie, maar daar is baie teleurstelling en frustrasie en ons kan nie wag om deur die wedstrydbeeldmateriaal te werk nie.”

Antoine Dupont (regs) in gesprek met skeidsregter Ben O’Keeffe. (Foto: Franck Fife/AFP)

  1. MotoGP: Binder in skok na gru-ongeluk

Maar binne ʼn paar sekondes ná die wegspring van die hoofren het die verwagtinge in ʼn nagmerrie verander.

  1. Brad Binder (Foto: Jure Makovec/AFP)

    Springbokke is Wêreldbrekers!

Suid-Afrika is amptelik die suksesvolste Wêreldbeker-land nóg nadat hy vir Nieu-Seeland in ʼn titaniese tweestryd op die Stade de France met 12 – 11 geklop het.

(Foto: @Springboks/X/Twitter)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.