Dit kan baie uitdagend wees om ʼn sakeonderneming in die buiteland te begin. Leon Els, eienaar van Octcet, gesels met Klipkouers oor die slaggate. Hy gee ook raad oor luister en die belang daarvan.
Alles vir die sleutelwoord "entrepreneur"
Klipkouers: Jacques gesels met Hendrik van Vuuren
Hendrik van Vuuren, die medestigter van Ekosto, gesels met Jacques Basson oor onder meer die 500 eiendomme wat hulle tans bou en hoe die werkskultuur tussen die Suid-Afrikaners en Texane verskil.
Klipkouers: Jacques gesels met Capalie Botha
Capalie Botha, stigter en breinkrag agter Elektra Ontwikkelings, gesels met Jacques Basson van Klipkouers oor die tevredenheid wat hy ervaar wanneer hy en sy span ʼn eiendomstekening omskep in ʼn tasbare gebou.
Klipkouers: Jacques gesels met Len Fourie
Len Fourie is die breinkrag agter die stads- en streeksbeplanningsfirma, Makroplan. Len gesels met my oor hoe ekonomiese probleme, soos die kragkrisis, tot onvoorsiene voordele vir SA maatskappye kan lei en hoe sy kleintydpassie gelei tot sukses in sy beroep.
Klipkouers: Jacques gesels met Meyer le Roux
Meyer le Roux is die man agter die welige baard en een van die twee agter Buffelsfontein Baard-olie.
Luister: Wenner van Sakeplankompetisie glo in dankbaarheid en goeie mentorskap
Elize Lourens, sedert 2013 die eienaar van Die Padstalle by die Villiers-vulstasies op die N3-hoofweg, glo harde werk, deursettingsvermoë en dankbaarheid is haar drie sleutels tot ʼn suksesvolle onderneming.
Klipkouers: Jacques gesels met Jakes Maritz
Expat Explore is ʼn onderneming in Europa wat toere reël. Die Suid-Afrikaner, Jakes Maritz, is die dryfkrag agter dié onderneming.
Klipkouers: Jacques gesels met Paul Vorster
Paul Vorster, die breinkrag agter die ingenieursfirma Van Zyl en De Villiers in Engeland, gesels met Klipkouers oor vriendskap en sake, asook innoverende denke in die sakekonteks.
Klipkouers: Jacques gesels met Kobus Wiese
Kobus Wiese is ʼn oud-Springbok rugbyspeler wat deel was van die Rugby Wêreldbeker-wenspan van 1995. Sy kleintyd-liefde vir kos en kook het gelei tot Kobus en sy vrou, Belinda, se eerste koffiewinkel, Wiesenhof, wat oor die jare gegroei het tot 65 koffiewinkels.
Luister: Sakeplanwenner Jaco Ferreira gee raad vir nuwe entrepreneurs
Maroela Media het met Jaco Ferreira van Revolutionfit gesels oor sy deelname aan Akademia se Sakeplankompetisie en uitgevind wat sy raad is vir mense wat hul eie ondernemings wil begin.
Prysgeld ter waarde van meer as R1,2-miljoen op die spel vir entrepreneurs
Akademia het onlangs die Akademia Sakeplankompetisie vir 2015 met ’n prysgeld ter waarde van meer as R1,2 miljoen rand tydens ʼn sake-ontbyt by die Guardian Peak-wynkelder in Stellenbosch van stapel gestuur.
Entrepreneursterrein vir laerskool danksy boerbokke
Laerskool Dagbreek in Carletonville het besluit om ʼn entrepreneursterrein te bou met die R15 000 prysgeld wat Eddie Pienaar, die wenner van verlede jaar se Solidariteit Helpende Hand entrepreneurskompetisie, vir sy skool gewen het.
Grootste Afrikaanse sakeplankompetisie begin vandag
Akademia begin Donderdag met sy nasionale sakeplankompetisie vir 2014 met prysgeld ter waarde van meer as R300 000.
Kaapse entrepreneur haal Forbes-lys
‘n Man van Kaapstad het Forbes-tydskrif se 30 onder-30s van Afrika se jong entrepreneurs-lys gehaal.
Afrikaanse sakeplankompetisie bekendgestel
Akademia, die nuwe hoëronderwysinstelling van die Solidariteit Beweging, het Dinsdag die grootste Afrikaanse sakeplankompetisie tydens ‘n seminaar oor entrepreneurskap bekendgestel.