Dr. James Butler, ʼn neuroloog, het Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof getuig oor Henri van Breda se kalm stemtoon toe hy die nooddienste gebel het die oggend ná sy ouers en broer grusaam vermoor is.
Alles vir die sleutelwoord "Henri van Breda"
Bylmoorde: Moontlike rede vir Henri se ‘geheueverlies’ gehoor
ʼn Dokter se getuienis wat Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof gelewer is, kan moontlik verbind word met Henri van Breda se beweerde geheueverlies die aand waarop drie van sy gesinslede vermoor is.
Regter bekommerd oor bylmoorde-saak ‘onnodig verleng’ word
“Ek is huiwerig, maar sal wel die verhoor uitstel, want dit is in die belang van geregtigheid om dit te doen.”
Henri van Breda in hospitaal opgeneem
Henri van Breda is verlede week in ʼn hospitaal opgeneem en eers Sondag ontslaan.
Bylmoorde: Regter peper Henri met vrae
Die Wes-Kaapse hooggeregshof het Henri van Breda se verhoor uitgestel, maar nie voor regter Siraj Desai self vir Van Breda onder kruisverhoor geneem het nie.
Henri van Breda het ‘selektiewe geheueverlies’
“Nee, wanneer ek nie iets kan onthou nie dan sê ek ek kan dit nie onthou nie.”
Bylmoorde: Henri ontken krapmerke is deur Marli veroorsaak
“Dit is vir my pynlik om na die oproep te luister aangesien dinge soveel beter kon verloop het.”
Bylmoorde: ‘As ek hulle kon help, sou ek’
Henri van Breda (23) het Maandag tydens kruisondervraging in die Wes-Kaapse hooggeregshof probeer verduidelik hoekom hy so lank ná die aanval op sy gesin eers die nooddienste ontbied het.
Bylmoorde: Hof hoor ‘hond sou nie blaf nie’
“Is dit nie vreemd dat hulle deur al die moeite sal gaan om in julle huis in te kom, jou gesin dood te maak – behalwe vir jou – en dan nie ʼn enkele ding roof nie, nie eens ʼn selfoon of jou ma se handsak nie?”
Bylmoorde: Henri byna in trane in getuiebank
Die hofverrigtinge in die verhoor teen die moordbeskuldigde Henri van Breda moes Donderdag tydelik verdaag nadat Van Breda, wat na aan trane in die getuiebank was, versoek het om sy gesig af te spoel.
[Video] Van Breda demonstreer bylaanval
Henri van Breda het Woensdag op sy 23ste verjaarsdag met ‘n byl in die hand aan die hof gewys hoe sy broer glo deur ‘n onbekende aanvaller doodgekap is.
Bylmoorde: Henri wys hoe byl gebruik is
Regter Desai het hier gevra of dit geklink het asof die aanvaller geniet wat hy doen. “Dit wil so voorkom, ja,” het Henri gesê.
Henri van Breda: ‘Ek het nie my gesin vermoor nie’
“Ek was net bang. Ek kan nie onthou wat deur my kop gegaan het nie. Ek het beslis nie helder gedink nie. Ek was net baie bang.”
‘Rudi het gewelddadig rondbeweeg’
Van Breda het getuig die laaste ding wat hy onthou voordat hy sy bewussyn verloor het, was dat hy sy ma en suster aan die bokant van die trap sien lê het.
Henri sukkel in die getuiebank na regter ja sê vir uitsaai
Henri, wat Woensdag 23 jaar oud word, het direk ná Desai se uitspraak begin getuig.
Bylmoorde: ‘Henri se getuienis moet dáárom nie uitgesaai word nie’
Die 22-jarige Henri van Breda het aangedui hy wil nou wel self getuig in sy moordverhoor. Sy regsverteenwoordiger het egter versoek dat Van Breda se getuienis nie uitgesaai word nie.
Bylmoorde: Veiligheid van De Zalze onder vergrootglas
Pietersen het aan die hof gesê dat daar tydens ʼn vorige voorval gesien is hoe drie mense toegang tot die landgoed verkry het, maar dat die beeldmateriaal slegs een persoon wys. Volgens Pietersen het die man ʼn panga by hom gehad.
Bylmoorde: Hof hoor oor elektriese omheining
Twee veiligheidsbeamptes het vroeër getuig dat die elektriese omheining die aand van die bylmoorde getoets was en dat dit in ʼn werkende toestand was.
Bylmoorde: Buurvrou getuig oor daardie aand
Annelize Taljaard het getuig klank trek ver en sy sou normaalweg gesteur word as mense gelag het of partytjie gehou het.
Bylmoorde: Henri was dalk nie bewusteloos nie
Die moontlikheid dat die 22-jarige Henri van Breda slegs gemaak het of hy twee en ʼn half ure lank sy bewussyn verloor het ná sy gesin met ʼn byl aangeval is by hul huis in Stellenbosch, kan nie uitgesluit word nie, het die Wes-Kaapse hooggeregshof Maandag gehoor.