Karavaan gepak en gehaak agter die Isuzu MU-X 3.0 4×4 outo wys ons die sleepsel in Rustenburg se rigting op die N4 in Pretoria.
Alles vir die sleutelwoord "Isuzu"
Die beste in sy segment?
As ʼn mens na die bakkiesegment kyk, is daar ʼn magdom variante en opsies.
Isuzu se X-Rider kry 3.0-kragbron
Die 3.0 TD X-Rider geniet dieselfde visuele opknappings as sy 2.5-boetie en is ook slegs in drie kleure beskikbaar.
Dié D-Max het ʼn perfekte selfbeeld
Met sekere voertuie is die middel-van-die-reeks- of soms die intreemodel na my mening dikwels die beste een, skryf Brendon Staniforth.
Nuwe Mazda-bakkie het Isuzu-DNS
Die foto’s lyk fantasties, en ek is oortuig dat baie Suid-Afrikaners nie sal kan wag om weer vir hulle ʼn BT-50 aan te skaf nie, skryf Brendon Staniforth.
Isuzu mu-X opgeknap
Die Isuzu mu-X, ʼn mededinger vir Toyota se Fortuner, Ford se Everest en Mitsubishi se Pajero Sport, kan nou sy voetspoor in die mark effe dieper trap.
Kies só tussen dié topdrie bakkies
Maroela Media het tyd deurgebring met ʼn bakkie van Ford, Isuzu en Toyota en dié drie met mekaar vergelyk.
Sportnuts: Isuzu vs Mitsubishi
ʼn Uiters bekende segment in die Suid-Afrikaanse motormark is die volgrootte sportnutsvoertuig wat op ʼn leerraam-onderstel gebou word. Daar is tans vier mededingers in die segment en hier word die Isuzu en die Mitsubishi vergelyk.
Isuzu bly taaier as ʼn ratel
Du Toit is 74 jaar jonk en ry Roadrunner al vir 15 jaar. Hy het die bakkie by sy broer gekoop wat dit eerste aangeskaf het in 1997 toe dit ʼn jong demostrasie-model was met 7 000 km op die klok.
Isuzu steun wetenskaponderwys met navorsing
ʼn Wetenskaponderwyser van St. Stithians College in Sandton het ʼn ambisieuse reis aangepak waartydens hy 12 skole in agt lande sal besoek om hulle onderwyspraktyke te ondersoek – en dit word in ʼn Isuzu-bakkie aangepak.
Padtoets: Isuzu verander KB na D-Max
Die Isuzu D-Max is ʼn lekker harde bakkie. Hy dra vrag met ʼn glimlag en voel tog tuis op die teerpad sonder vrag – maar die kompetisie in dié prysklas is sterk.
[Foto’s] Padtoets: Krag is nié alles nie…
Ons Suid-Afrikaners is bereid om sekere dinge tot die dood te beskerm. Die geloofwaardigheid van die bakkie van ons keuse se integriteit as dié bakkie is een van daardie dinge.
Maroela Motors-langtermyntoets: Isuzu KB 300D-Teg-dubbelkajuit 4×4 LX outo
Die nuwe jassie wat Isuzu vir die getroue ou perd aangetrek het, is regtig mooi. Aggressiewe hoeke en lyne laat die KB taai soos ʼn ratel lyk. Die nuwe 18”-sierwiele is vir my ook regtig netjies en rond die pakket mooi af, skryf Brendon Staniforth.