God wil jou gebruik. Stel jouself nou beskikbaar.
Alles vir die sleutelwoord "Jannie Pelser"
ToekomsVenster: Introspeksie
Miskien moet gelowiges, die kerk, Suid-Afrika (ons spog dat ons Christene is), vir ʼn slag tot stilstand kom en hulself afvra of hulle nog is waar die Here hulle wil hê.
ToekomsVenster: Meer as oorwinnaars
By Hom is daar veiligheid en vertroosting. Daar is ongekende vreugde in die hemel as ʼn sondige mens tot bekering kom.
ToekomsVenster: ʼn Toevlugsoord
Ongeag die omstandighede, God is ʼn toevlug in die nood, ʼn Rots wat altyd vas bly staan.
ToekomsVenster: Leef tot eer van die Here
Maak vandag ʼn kwaliteit besluit om tot eer van die Here te lewe.
ToekomsVenster: Juig al wat leef
Dis dalk nie ʼn slegte idee om darem hier en daar iets te memoriseer nie, veral as dit by die Woord van die Here kom. Dis die waarhede wat in jou hart ʼn tuiste gemaak het waaroor jy mediteer en wat jou lewe rig.
ToekomsVenster: Om voor die Here te buig
Die woorde laat my dink aan die bekende woorde … “kom buig daar in aanbidding, voor Jesus die Heer”. Soms moet ʼn mens jou hart ondersoek of dit inderdaad nog die Here is voor wie jy buig.
ToekomsVenster: Die koninkryk van God
Hoe kan ons met gevoude hande en sonder deurleefde opgewondenheid deelneem aan eredienste terwyl alles rondom ons in beweging kom?
ToekomsVenster: Regverdiges
Paulus spreek gelowiges in die gemeentes na wie hy briewe stuur nie as sondaars aan nie maar as heiliges. Gaan kyk gerus hoe sy briewe begin. Ons moet ons status in God dankbaar erken en daarvolgens begin lewe.
ToekomsVenster: Ons is beelddraers van God
Die versoeking is groot dat ʼn mens die radikale andersheid van God kan vergeet of selfs daaraan gewoond kan raak.
ToekomsVenster: Loof die Here
Sy betrokkenheid in die lewens van mense wat nie op sy genade kan aandring nie, maar dit net met groot dankbaarheid kan ontvang, dring ʼn mens tot lofverheffing.
ToekomsVenster: God ken jou
Dis vertroostend om te weet dat God die diepste oortuigings en beweegredes van jou hart ken en verstaan en rustigheid gee te midde van die onreg wat jou aangedoen word.
ToekomsVenster: God bring gemoedsrus
Geloof in die beskerming en sorg van God bring gemoedsrus in die hart van die digter. Ongeag wat die lewe bring en inhou, God is en bly op die troon (Hy regeer) en staan nooit verleë voor die uitdagings waarmee ons gekonfronteer word nie.
ToekomsVenster: Ouderdom is relatief
Elke dag is ʼn geleentheid en ouderdom is geen diskwalifikasie om op ʼn baie sinvolle wyse uitdrukking te gee aan jou lewenslange roeping nie. God hef nie ʼn mens se roeping op omdat jou liggaamskrag afneem, jy minder beweeglik is of watter rede ook al aangevoer kan word nie.
ToekomsVenster: Die Here se Woord is vol merkwaardige beloftes
Hoe dikwels het beloftes in die Bybel my persoonlik nie gedra en begelei nie? Ek heg besondere waarde aan dié belofte uit Psalm 91.
ToekomsVenster: God se stem in die natuur
Maak my sensitief vir U stem in die natuur. Help my dat ek U sal hoor, wanneer U die natuur gebruik om met my te praat.
ToekomsVenster: God kan deur jou drome met jou praat
Miskien het dit tyd geword dat jy jou drome ernstiger begin opneem. Wie weet, dalk wil die Almagtige met jou in jou slaap praat.
ToekomsVenster: Visioene of gesigte in handelinge
Nog ’n manier waarop God deur sy Gees in en deur mense praat, is deur visioene of gesigte.
ToekomsVenster: Hoe hoor mens die Heilige Gees se stem?
Enigeen kan die Heilige Gees hoor praat. In elke mens is dié vermoë ingebou.
ToekomsVenster: Praat God nog met mense?
Heilige Gees, ek stel myself tot U beskikking. Ek wil graag U stem wees vir die mense.