Die naam Junior is die topgunsteling vir Suid-Afrikaanse ouers wanneer babaseuntjies geregistreer word, het die statistikus-generaal van Suid-Afrika, dr. Pali Lehohla, Donderdag bekend gemaak.
Lees meerAlles vir Donderdag 27 Oktober 2016
Stad Kaapstad vra ondernemings om strafregtelike sake oop te maak
Die Stad Kaapstad het ondernemings en inwoners versoek om strafregtelike sake aanhangig te maak teen studentebetogers wat motors beskadig en verskeie winkels Woensdag in die middestad geplunder het.
SAID-gyselaarvoorval is ‘absoluut onaanvaarbaar’, sê Gordhan
Pravin Gordhan, minister van finansies, het Donderdag gesê indien dit waar is dat ʼn SAID-beampte deur die Valke getakel is toe hulle bewyse teen hom wou bekom om in die hof te gebruik, is dit absoluut onaanvaarbaar.
KSUT-studente op borgtog vrygelaat
Altesaam 25 studente wat verlede week in hegtenis geneem is in verband met gewelddadige betogings by die Bellville-kampus van die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie (KSUT), het Woensdag in die hof verskyn.
Absa skenk R10 miljoen aan Universiteit van Johannesburg
Die Universiteit van Johannesburg het Donderdag gesê hy het ʼn skenking van R10 miljoen van Absa ontvang om studente te help wat sukkel om hul studentegeld te betaal.
ToekomsVenster: Om voor die Here te buig
Die woorde laat my dink aan die bekende woorde … “kom buig daar in aanbidding, voor Jesus die Heer”. Soms moet ʼn mens jou hart ondersoek of dit inderdaad nog die Here is voor wie jy buig.
MRK ondersoek ‘mutasie’-uitlating
Die Menseregtekommissie (MRK) ondersoek ʼn klag teen ʼn onderwyser van Polokwane in Limpopo wat glo op Facebook na wit mense as “ʼn genetiese fout genaamd mutasie” verwys het.
Panayiotou-moordsaak: Getuie in hof in hegtenis geneem
Babalwa Breakfast, vriendin van Luthando Siyoni, die beweerde middelman in die opspraakwekkende Panayiotou-moordsaak, is Donderdag in die hooggeregshof in Port Elizabeth in hegtenis geneem.
Vier agter tralies oor donkie-gruwelgeval
Vier mans is vandeesweek tot tronkstraf gevonnis vir ʼn geval wat die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) as ʼn gruwelgeval beskryf, waarin minstens 41 donkies erg mishandel is.
Gesin in winkel ‘verneder’ oor kinders se slaapklere
“Ek het toe maar die kinders gevat en begin uitloop. My dogtertjies was bang en skaam. Hulle het nie geweet hoekom almal nou vir ons kyk nie.”
Luister: Liefde oorwin álles, sê ‘Vir die Voëls’
Toe sy maar nog bloedjonk was, het hy haar met ʼn kluit reg in die gesig gegooi. Sy het haar voorgeneem om nie weer met hom te praat nie, maar liefdesbriewe van ʼn soldaat in die grensoorlog het later gevolg en sy het self ook haar skanse laat sak, want liefde oorwin mos álles, of so sê die nuwe Afrikaanse fliek Vir die Voëls.
Mediumtermynbegroting: Staatsbesteding word nie genoeg ingeperk nie
“Hoër belastings is nie ʼn volhoubare oplossing nie, aangesien dit bloot die privaatsektor en ekonomiese groei verder sal belemmer,” het Van Onselen bygevoeg.
Maroela Motors-padtoets: Hilux is ʼn bielie van ʼn bakkie
Sekere dinge is eg Suid-Afrikaans. Indrukwekkend dat meeste van hierdie intrinsiek Suid-Afrikaanse dinge met B’s begin: boerewors, braaivleis, biltong, bier, brandewyn, bokkies (dames of die diersoort) – en dan bakkies.
[Entrepreneurskap] Luuksste treine in die wêreld
Jacques Basson van Klipkouers het gesels met Rohan Vos, stigter van Rovos Rail, wat die luukste treine ter wêreld bedryf.
[Video] Raadslede by Pta-raadsaal vasgekeer, traangas geskiet
Raadslede is in die Sammy Marks-gebou in Pretoria se middestad, waar die Tshwane-metro se raadsaal geleë is, vasgekeer, nadat honderde betogers Donderdag na die raadsaal opgeruk het.
Vanderbijlpark-moorde: Fanie het verhouding gehad
Du Preez het glo toe teen hul deur kom slaan en geskree: “Kom help hier is ʼn f*kop in die huis”.
Geestesgesondheid: Die sleutelrol van oefening
Oefening is ’n veilige, gesonde manier om jou algehele welstand te bevorder.
Belfast gewaarsku oor tweede storm
Inwoners van Belfast in Mpumalanga is gewaarsku om hulle te staal vir nog ʼn verwoestende storm wat na verwagting Donderdagmiddag die gebied gaan tref.
Gewonde boer ontwapen aanvaller, skiet met dié vuurwapen terug
ʼn Bejaarde boer en ʼn verdagte is na ʼn hospitaal geneem nadat albei tydens ʼn aanval op ʼn plaas in die Rashoop-omgewing buite Brits in Noordwes gewond is.
Luister: Christine Barkhuizen-le Roux skryf om te weet sy is nie alleen nie
Barkhuizen-le Roux sê sy het nie die storie agter Drieklawerblaar gaan soek nie, dit is vir haar aangebied. Dié verhaal het in haar hande ʼn meesleurende roman geword oor familie, grond en die ystergreep wat die verlede op ʼn mens kan hê.