Mobiele biblioteke, ter waarde van R30 000 elk, het hul staan gekry in drie laerskole op die Kaapse Vlakte.
Alles vir die sleutelwoord "kinders"
Dié laerskool keer tradisionele stelsel op sy kop
Sun Valley Laerskool in Kaapstad het omtrent mense aan die gons gehad met sy besluit om huiswerk af te skaf. Boonop het dié skool ook ʼn heel ander rigting ingeslaan met hoe leerlinge opgevoed word.
Kinderontvoerings: Wees paraat met dié wenke
Tinus Vollgraaff van Solidariteit deel belangrike wenke oor hoe om jou kinders veilig te hou.
Boek: Spaghetti vir die jeti
Kom soek saam met Janneman na die jeti. Met net ’n kaart, ’n warm mus en ’n blik spaghetti in sy rugsak, klim Janneman teen ’n berg uit en as hy bo kom, sien hy dadelik die jeti! Maar wag so bietjie … kyk net daardie lipstiffie!
[Foto’s] Boereplaas-bordspeletjie kry nuwe lewe
Boereplaas, die bordspeletjie wat jare gelede deur talle Afrikaanse gesinne gespeel is, het met die verloop van tyd ʼn stil dood gesterf. Vanjaar is dié bekende speletjie weer op die mark in ʼn pragtige nuwe baadjie.
Boek: Neem gerus!
Meneer Snippel sit ’n nota met die woorde “Neem gerus!” op ’n mandjie appels sodat sy bure daarvan sal saamneem, maar as die wind die briefie skep, lei dit tot ’n reeks misverstande …
Boek: Lillie die heksie in die land van die dinosourusse
Hierdie keer doen Lillie ’n heksesprong wat haar miljoene jare terugneem tot in die land van die dinosourusse.
Boek: Lillie die heksie en die ridder Don Quijote
Die lawwe ridder Don Quijote is besig om die stad op horings te neem, en dis alles Lillie se skuld!
Boek: Is dit al?
Dirk kuier by sy oupas, maar hy moet steeds skool toe gaan. Daarom het sy oupas vir hom ’n fiets aanmekaargesit. As Dirk versigtig uitwys dat die fiets ’n bietjie lendelam is, begin die oupas grootpraat oor die teëspoed wat húlle moes trotseer om betyds by die skool uit te kom.
Boek: Die kuns van katwees
Een of ander tyd breek die dag aan waarop alle klein katjies in die wêreld hulle ouerhuise moet verlaat om die kuns van katwees te gaan leer. Dis die lot wat klein Hansie Slim een Sondagmiddag in Desember te beurt val.
Jy kan jou kind met disleksie help
Die historiese siening dat disleksie ongeneeslik is, bestaan byvoorbeeld bloot omdat verkeerdelik geglo is dat die brein onveranderlik is. Destyds is geglo as iets verkeerd is met iemand se brein, niks gedoen kan word om dit reg te maak nie.
Boek: Voordat daar skole was
Het jy al ooit gewonder hoe die wêreld was voordat daar skole bestaan het? Wat het mense van hulle wêreld geleer? Het hulle gesê dat die engeltjies piepie as dit reën? Het hulle geweet van mense soos Napoleon en Paul Kruger? Was kinders regtig veilig teen ʼn onvoorbereide toets? ʼn Skreeusnaakse boek vir kinders wat verwag dat dinge beter moes wees voordat daar skole was.
Klein skoonheid wil mense help
Dié jong meisie wat van Kempton Park afkomstig is, gesels passievol oor haar kroning en dié projek.
Boek: Ek wens ek was… dink die meerkat
Wanneer daar skielik ʼn gevaarlike skaduwee te voorskyn kom, kruip die meerkat die vinnigste weg. Het dié klein vent maar geweet hoeveel hy daarvoor deur die ander diere bewonder word, sou hy van verassing bollemakiesie slaan!
Boek: Toe pappa klein was, was daar dinosourusse
Die skrywer neem die leser terug na prehistoriese tye waar die wêreld baie meer primitief en gevaarlik was. Groot illustrasies in waterverf en bruin potlood word telkens met ʼn gepaste skreeusnaakse kort sin vergesel.
Aktrise wakker só leeslus by kinders aan
Die aktrise en skrywer, Milan Murray, het so pas ʼn nuwe kinderboek vrygestel wat fokus op kinders tussen 6 en 9 jaar. Pieter Kokkewieter en die HART op sy mou is die eerste van ʼn hele reeks.
[Video] Baba se gunstelingliedjie hou haar uit die slaap
ʼn Baba met die naam Amaya kan, volgens haar pa, rustig deur enige musiek slaap, maar daar is een liedjie wat sy weier om mis te loop.
[Video] Jong buikspreker laat gehoor skater van die lag
Macey het aanvanklik bekendheid verwerf met haar ongelooflike kennis van Amerikaanse politiek, maar hierdie keer het sy haar nuwe “talent” vir Ellen gaan wys.
Danville se liggiehuis het méér as net liggies
Jacomien vertel hoe haar ma eendag ʼn Kersvader, wat uit draad gemaak is, by hulle hek gesit het en hoe mense (veral kinders) briefies by dié Kersvader se voete kom neerlê het. “Dit was die hartseerste briefies.”
[Video] Jong seun speel dat die biesies bewe
ʼn Video van ʼn jong seun wat die “Fantaisie Impromptu” van Frédéric Chopin speel, is volgens sy pa se Facebook-blad meer as 48 192 keer gedeel en 1 037 491 keer gekyk.