Die Blitsbokke sal binnekort op Stellenbosch die eerste keer in Suid-Afrika op die veld draf sedert hulle die afgelope Wêreldreeks ingepalm het.
Alles vir die sleutelwoord "Sewesrugby"
Maseru kry internasionale sewestoernooi
Maseru kry sy eie internasionale sewestoernooi, het die sportpromotor Willem Strauss aangekondig.
Kapenaars wen sewes in Dallas; verstom Yanks
ʼn Kaapse sewesspan het pas die tweede Dallas-sewestornooi gewen, en die gehalte van die Suid-Afrikaanse spanne het die Amerikaners verstom.
Kaapstad, Statebondspele en Wêreldbeker op Blitse se program
Kaapstad sal in Desember weer die tweede toernooi in Wêreldrugby se 2017/’18-sewesreeks aanbied.
Specman sluit Blitsbokke se reeks op wennoot af met skitterdrie
Die Blitsbokke het die teleurstelling verwerk dat hulle in die kwarteind uitgeskakel is, en het die volgende twee wedstryde gewen om darem vyfde in Wêreldrugby se Londense toernooi te eindig.
Foute, dissipline kos Blitsbokke plek in halfeind
Vier uit vier keer het die Blitsbokke in Londen 12 punte aangeteken. Sondag was dit vir die tweede opeenvolgende keer nie genoeg nie en is hulle in die kwarteindronde uitgeskakel.
Verligte Blitsbokke moet Kenia vir kwarteindplek bedank
Die Blitsbokke, Wêreldrugby se 2016/’17-seweskampioen, het Saterdagaand seker darem vir hul Afrikagenote Kenia gaan dankie sê vir hulle hulp om Suid-Afrika na die kwarteind van die Londense toernooi te help.
Blitsbokke onder druk na twee naelskraapse seges
Twee naelskraapse seges met 12-10 teen eers Kenia en toe Wallis, waar albei spanne hulle doelskop na die toeter verbrou het, het die Blitsbokke Saterdag in Londen onder groot druk geplaas.
Blitsbokke: Nou is dit vir mekaar
Hoe het dinge nie in ʼn jaar verander nie!
Blitse ruk reg ná vele foute en ʼn neerlaag teen Skotland
Die Blitsbokke het hulself Saterdag in Wêreldrugby se sewesreeks in Parys onder kwaai druk geplaas toe hulle in hulle eerste wedstryd teen Skotland vasgeval het.
Glorie wink vir Blitsbokke in Parys
Manna uit die hemel, met kondensmelk daarop.
Blitsbokke se fokus op Skotland-stryd wat die momentum moet bring
Die Blitsbokke kan in die naweek se toernooi in Parys feitlik seker maak dat hulle die 2016/’17-reekswenner van Wêreldrugby se sewesreeks is – maar dit is nie hulle onmiddellike fokus nie.
Blitsbokke teen Kanada, Skotland in Parys se groepfase
Suid-Afrika, voorloper in wêreldrugby se sewesreeks, sal aanstaande maand in Parys in sy groep teen Kanada, die wenner van die afgelope toernooi in Singapoer, te staan kom.
Sondagskokke, maar Blitse steeds op koers om reeks te wen
Op ʼn dag van ʼn reeks hoogs onwaarskynlike uitslae het Suid-Afrika Sondag nóg twee keer verloor en het spanne wat vyfde en negende op die reekspuntelys is die eindstryd om die titel in Singapoer besleg.
Blitsbokke uit halfeind ná tweede neerlaag
Suid-Afrika het Sondag die eerste keer in die huidige sewesreeks van Wêreldrugby twee wedstryde na mekaar verloor en is met 19-17 in die kwarteindronde van die Singapoer-toernooi deur Australië uitgeskakel.
Engeland klop Blitsbokke die vierde keer
Engeland het Suid-Afrika in hulle groepwedstryd van die Singapoer-sewestoernooi die vierde keer in die reeks geklop en daarmee eerste in groep B geëindig.
Blitsbokke in kwarteind ná taai Franse teenstand
Dit was Saterdag hittete in Suid-Afrika se tweede groepwedstryd in die Singapoer-sewestoernooi toe hulle met 10-7 teen Frankryk deurgeskuur en daarmee ook na die kwarteindronde gevorder het.
Blitsbokke dink nie aan reekssege, wil eers Singapoertitel wen
Suid-Afrika, as alles volgens plan in die groepwedstryde verloop, behoort Sondag teen òf Australië òf Argentinië in Wêreldrugby se Singapoer-sewestoernooi te staan te kom.
Blitsbokke deur na sewende halfeind
Die Blitsbokke het dit sewe uit sewe halfeindstryde gemaak toe hulle Nieu-Seeland in die kwarteind van Wêreldrugby se sewesreeks in Hongkong 21-19 geklop het.
Blitse op koers, maar sal moet beter
Die verskoning van spelers wat nie beskikbaar is nie is nie meer relevant nie, en hoewel dit vroeg-vroeg teen Frankryk goed gegaan het, sal die Blitsbokke moet beter as in hulle enigste wedstryd Vrydag in Hongkong.