Die Bulls het Saterdagaand, in slegs hulle tweede wedstryd op Loftus, ook op dié veld hul tweede Superoorwinning van die seisoen behaal toe hulle die Jaguares 26-13 geklop het.
Lees meerAlles vir Saterdag 15 April 2017
Lions se pak speel die Stormers stil vir ʼn eerste Nuweland-sege
Die Lions het gewys dat hulle meer as net ʼn hardloopspan is toe hulle die Stormers Saterdag op Nuweland voorlangs meer as net in toom gehou het en hul kanse agterlangs deeglik gebruik het om met ʼn bonuspunt 29-16 te wen.
Chiefs speel Cheetahs kis ná groot agterstand
As ʼn span na 22 minute met 24-0 voor is en daarna net drie punte kan aanteken om met 27-41 te verloor, is daar fout.
[Video] Woef ontsnap uit dierehospitaal
ʼn Pirenese berghond se merkwaardige ontsnappingspoging uit ʼn dierehospitaal word wyd op sosiale media gedeel.
‘Dlamini-Zuma misbruik BBP-beskerming’
“Die beskerming van Nkosazana Dlamini-Zuma deur die BBP-afdeling van die polisie is die misbruik van staatsbronne om haar presidensiële veldtog te finansier.”
Egpaar op Limpopo-plaas aangeval
Die 74-jarige vrou het probeer om uit die huis te hardloop toe sy met ʼn mes tussen haar nek en skouer gesteek is.
Busstaking: Numsa keer ook terug werk toe
Numsa het Saterdag gesê ná uitgebreide beraadslaging met hul lede in al nege provinsies, het die vakbond besluit om die landwye busstaking te beëindig.
Groentjie en ‘veteraan’ wen Twee Oseane-titels
Die Twee Oseane-ultramarathon se vernaamste titels is Saterdag deur ʼn groentjie en ʼn veteraan van 38 gewen.
Engeland klop Blitsbokke die vierde keer
Engeland het Suid-Afrika in hulle groepwedstryd van die Singapoer-sewestoernooi die vierde keer in die reeks geklop en daarmee eerste in groep B geëindig.
Man wat glo wou gaan dobbel, wis nie hy jaag
Altesaam vyf mense is die aand van Goeie Vrydag in Gauteng weens spoedoortredings in hegtenis geneem.
[Foto] Bus, vullistrok beland in Pta-vertoonlokaal ná botsing
Een persoon is dood en vier beseer nadat ʼn bus en ʼn vullistrok Saterdag in Pretoria gebots het.
Polisieman in Pta doodgeskiet
ʼn Polisiebeampte van Pretoria is Vrydag in die noorde van die stad doodgeskiet terwyl hy aan diens was.
Strandgangers gewaarsku
Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het strandgangers gewaarsku om versigtig te wees, veral tydens die volmaan-springgety wat tot ná die Paasnaweek sal voortduur.
Amerikaner opgespoor
Michael John Miller (28) van Amerika wat in Kaapstad verdwyn het, is opgespoor.
Reds druk sewe teen Kings en wen slegs hul tweede
Die Kings het werklik geglo hulle kan die Reds in Brisbane klop, maar is Saterdag in veral die derde kwart deur die tuisspan uitmekaar gespeel en het met 34-47 verloor.
[WEN]: Arno Carstens by die Blou Hond-teater
Platinumkunstenaar en liedjieskrywer Arno Carstens is eersdaags te sien by die Blou Hond-teater.
Rooftog by Kaapse weermagbasis
ʼn Rooftog is op Goeie Vrydag by ʼn Kaapse weermagbasis uitgevoer.
Blitsbokke in kwarteind ná taai Franse teenstand
Dit was Saterdag hittete in Suid-Afrika se tweede groepwedstryd in die Singapoer-sewestoernooi toe hulle met 10-7 teen Frankryk deurgeskuur en daarmee ook na die kwarteindronde gevorder het.
Tiener ploeg met gesteelde trok in mense in
ʼn Tiener het glo Vrydag met ʼn gesteelde vragmotor in voertuie van verkeerspolisie en ʼn motor met toeriste in Mosselbaai, in die Wes-Kaap, ingeploeg.
Blitsbokke lyk skerp in wegspring-wedstryd, Engeland kry pak
Natuurlik was dit nie teen ʼn grote nie, maar die agt drieë en wentelling na 52-0 teen Japan in die Blitsbokke se eerste groepwedstryd in Wêreldrugby se Singapoer-sewestoernooi was ʼn goeie aanduiding van wat hulle kan doen.