‘n Versoek deur die Gupta-familie om hulle eiendom in Saxonwold, Johannesburg, te hersoneer, is afgekeur, het ‘n raadslid Dinsdag gesê.
Lees meerAlles vir Dinsdag 22 Oktober 2013
Afrigter beboet ná hy perd opkikkermiddels ingee
Afrigter Cliffie Miller is beboet omdat hy ‘n perd, wat vroeër vanjaar tydens ‘n resies inmekaar gesak en gevrek het, opkikkermiddels ingegee het, het die Owerheid op Nasionale Perderesies (NHA) Dinsdag in ‘n verklaring bevestig.
Selfmoord-sending: Joernalis het glo met onderhandelings ingemeng
Daar is bewerings dat ‘n joernalis moontlik ingemeng het terwyl die polisie Maandag in Port Elizabeth met ‘n pa en seun, wat op ‘n selfmoord-sending was, onderhandel het.
Vermiste oupa met Alzheimer’s veilig opgespoor
Kobus Kapp, ʼn 75-jarige man van Pretoria wat aan Alzheimer se siekte ly en vermis geraak het, is veilig opgespoor.
Tienerseun óók vas vir Clarens-moord
ʼn 17-jarige seun is in hegtenis geneem as die derde verdagte vir die moord op Daniel Wybenga (69), ʼn afgetrede universiteitsprofessor van Clarens in die Vrystaat.
Taal lei tot skeiding en twis oor grondslagonderrig in Kalifornië
Terwyl die stofwolke nog hang oor wat prof. Jonathan Jansen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat, oor grondslagonderrig in Engels gesê of bedoel het, het ‘n soortgelyke kwessie in twee verskillende dele van die wêreld die nuus gehaal – Nederland en Kalifornië.
Die Suurtjies
Gaan staan voor die spieël en bekyk jou gesig. Lek aan ’n suurlemoen. Het daar iets aan jou gesig verander? Vat ’n groot hap van die suurlemoen. Soos wat jou gesig nou lyk, so lyk die broers Harry en Huibert Suur s’n altyd. Die storie is humoristies en propvol avontuur.
Pinetown-ongeluk: Hof sê oor borg
Die landdroshof in Pinetown het Dinsdag uitspraak gelewer oor die borgtogaansoek van die vragmotorbestuurder wat vir 24 mense se dood in die dorp verantwoordelik was.
Antieke krygsheer toe al die tyd krygsdame
Die skelet in ‘n Etruskiese graf uit ongeveer 600 voor Christus het ‘n spies aan die sy gehad toe die graf verlede maand oopgemaak is, en dit het argeoloë laat glo hulle het op die antieke oorskot van ‘n krygsheer afgekom.
Foto: JHB-skietery bring M1 tot ʼn stilstand
ʼn Skermutseling tussen taxi-passasiers en die polisie op die M1-snelweg in Johannesburg het verkeer in die gebied Dinsdag so te sê tot ʼn stilstand gebring.
“Vroue moet by die huis bly en slawe wees”
Volgens ʼn reeks advertensies van die Verenigde Nasies is die soekenjin Google klaarblyklik seksisties.
Musikant in koma gemoker oor sigaret
Die Vlaamse folk-musikant, Stijn Geerts, is deur rowers in ‘n koma geslaan omdat hy glo nie sigarette by hom gehad het nie.
Diners Club se Jong Wynmaker van die Jaar-finaliste aangekondig
Die finaliste van die gesogte Diners Club Jong Wynmaker van die Jaar-toekenning is aangekondig.
Video: Die wêreld se kortste vlug
Die wêreld se kortste handelsvlug is tussen twee Orkney-eilande, net noord van Skotland en duur slegs twee minute.
Sondag maak sy deure toe
Die Sondag-koerant in Gauteng gaan glo nie weer op die rakke verskyn nie.
Rower-kolonel ontduik steeds die polisie
Die polisie is nog steeds op soek na ʼn weermagkolonel wat 18 jaar gelede ’n gewapende rooftog by ’n polisiekantoor in die Oos-Kaap uitgevoer het, nadat ʼn lasbrief vir sy inhegtenisname uitgereik is.
Motor van die jaar-finaliste aangekondig
Die name van nege finaliste in Suid-Afrika se luisterryke Motor van die Jaar-kompetisie vir 2014 is by die Johannesburgse Internasionale Motorskou bekend gemaak.
Jong man verlam nadat sluipslapers hom uit voertuig pluk ná ongeluk
Wayne Adendorff, ʼn 32-jarige man van Pretoria, is verlam en in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat sluipslapers hom, met die doel om hom te beroof, uit ʼn voertuig gepluk het ná ʼn ongeluk.
Waar kom die woord “kamoefleer” vandaan?
Al ooit gewonder waar die woord “kamoefleer” vandaan kom? Taaltoffie ondersoek die herkoms van die woord.
Transitorooftog in JHB
ʼn Veiligheidwag is Dinsdagoggend tydens ʼn transitorooftog in Johannesburg oorval en met vuurwapens aangehou.