ʼn Egpaar van Engeland is in hegtenis geneem nadat hulle vermoedelik drie vroue 30 jaar lank in hul huis gevange gehou het.
Lees meerAlles vir Donderdag 21 November 2013
Armstrong skik in bedrogsaak
Die voormalige fietsrykampioen Lance Armstrong het Woensdag ʼn skikkingsooreenkoms bereik in een van die bedrogsake wat gevolg het nadat hy erken het dat hy verbode stimulante tydens sy Tour de France-oorwinnings gebruik het.
Hoof in hof oor kinderpornografie
ʼn Voormalige skoolhoof van ʼn privaatskool in Mpumalanga sal Vrydag in die landdroshof in Witrivier verskyn in verband met ʼn internasionale kinderpornografie-netwerk.
Video: Griekwastad-moorde: Verkragting was dalk die motief
Die video volg onderaan die berig. Die driedubbele moorde op ‘n Griekwastadse gesin was moontlik ‘n grusame poging om die seksuele aanranding van een van…
“Geen foto’s van Nkandla nie”
Siyabonga Cwele, minister van staatsekuriteit, het die media Donderdag gewaarsku om nie meer foto’s of beeldmateriaal van pres. Jacob Zuma se huis in Nkandla, KwaZulu-Natal, te publiseer nie.
SA stuur hulp, geld na Filippyne
Suid-Afrika het R4 miljoen bygedra tot reddingsoperasies in die Filippyne.
Nog een vermis ná winkelsentrum ineenstort
Een persoon word steeds vermis ná ʼn winkelsentrum in Tongaat, KwaZulu-Natal, wat nog in aanbou was, Dinsdag ineengestort het.
Bybels as “fiksie” verkoop
Costco, ʼn groothandelaar in Amerika, het om verskoning gevra nadat eksemplare van die Bybel as “fiksie” gemerk en op uitverkoping aangebied is.
Verkeerde lughawe: Vliegtuig gestrand
‘n Reuse vragvliegtuig is op ‘n lughawe gestrand nadat dit op die verkeerde lughawe gaan land het waarvan die aanloopbaan te kort is om weer op te styg.
DA se nuwe advertensie teen e-tol
Die Demokratiese Alliansie het Donderdag ʼn nuwe advertensiebord teen die e-tolstelsel op die N3-snelweg in Germiston, Gauteng, opgerig.
‘Aanranding’ van joernalis veroordeel
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) het die beweerde aanranding van ʼn joernalis deur ʼn lid van pres. Jacob Zuma se BBP-beskermingseenheid veroordeel.
Nuwe fietsryreëls in Wes-Kaap
Motoriste in die Wes-Kaap moet van vandag af seker maak dat daar ten minste een meter tussen ʼn fiets en die motor is indien hulle fietsryers wil verbysteek
Kragvoorsiening is beter, sê Eskom
Eskom het Donderdag gesê die kragvoorsiening het effens verbeter, maar die noodprotokol is steeds van krag.
“Dooie” baba van verassing gered
ʼn Babaseuntjie van Beijing wat dood verklaar is, is gered toe hy, kort voor sy verassing, begin huil het.
Afname in jagkoste
Suid-Afrika het in 2012 glo R90 miljoen minder verdien uit toeriste wat in die land kom jag, as in 2011.
‘n Plekkie in jou hart- Silwer en Goud
Verlede jaar het kykNet die talentkompetisie Ons soek die sanger aangebied, maar dit is nie net Pierre Rossouw, die wenner van die kompetisie, wat sedertdien…
Japan kry eiland by na vulkaan uitbars
Japan, wat reeds oor sowat 6 000 klein eilande beskik, het pas nog een bygekry.
Besluit oor e-tol stel Outa teleur
Die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa) is teleurgesteld dat die regering besluit het om met e-tol voort te gaan.
R8.8 miljoen aan Zuma-prokureurs betaal
Die staat het glo die afgelope vier jaar R8.8 miljoen aan prokureurs spandeer wat pres. Jacob Zuma moes verteenwoordig.
4 harte- 4 Werke
Dit het al ‘n paar keer in die geskiedenis van internasionale pop-en-rockmusiek gebeur dat ‘n aantal solokunstenaars bymekaargekom het en ‘n nuwe groep gevorm het….