Alles vir die maand Julie 2012

Tossie Lochner op 75 vereer

Op die ouderdom van 75 straal die bekende radiopersoonlikheid, Tossie Lochner, nog van lewenslus en passie vir alles wat Afrikaans is. Sy meng dit boonop met ʼn goeie skoot ondeundheid ook.

Tossie Lochner is Donderdag, op haar 75e verjaardag, deur die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) met ʼn toekenning vir besonderse kultuurprestasie vereer.