Die geskorste leier van die ANC-jeugliga, Julius Malema, is glo vroeër die maand beseer by ʼn vriend se troue nadat daar glo bottels Franse sjampanje rondgevlieg het.
Alles vir die maand Julie 2012
Noorweë gedenk een jaar sedert Breivik-slagting – VSA skud kop oor eie
Vandag (22 Julie) is dit presies ‘n jaar sedert ‘n stil Noor, Anders Breivik, skynbaar berserk geraak en 77 mense doodgeskiet het. In die VSA word die wonde gelek na ‘n 24-jarige verdagte by ‘n Batman bekendstelling op teatergangers losgebars het en 12 mense doodgeskiet en talle gewond het.
Moordverdagtes ‘vrees vir hul lewe’ in Zambiese tronk
Die Suid-Afrikaanse vrou wat saam met haar beweerde minnaar in ʼn Zambiese tronk aangehou word in verband met die grumoord op haar man “vrees vir hul lewe.”
Dodetal van Cradock-botsing styg tot 18
Die skoolhoof en twee leerlinge van die Laerskool Cradock was onder die 18 mense wat Saterdagoggend oorlede is na ʼn botsing tussen twee busse op die R61 tussen Cradock en Graaff-Reinet in die Oos-Kaap.
Vrou (70) sterf na skok van huisroof
ʼn Bejaarde vrou van Bedfordview aan die Oos-Rand is dood nadat sy en haar man deur drie rowers oorval en vasgebind is.
16 sterf in botsing in Oos-Kaap
Sestien mense is Saterdagoggend dood na ʼn botsing tussen ʼn skoolbus en ʼn taxi op die R61 tussen Cradock en Graaff-Reinet.
Polisie vat R11 miljoen by boer oor renosterstropery
Die polisie het Vrydag beslag gelê op nagenoeg R11 miljoen se bates van ʼn wildboer van Thabazimbi wat agt jaar tronkstraf uitdien weens renosterstropery.
Polisievrou vas vir ‘moord’
ʼn Konstabel is Vrydagaand in Klerksdorp, Noordwes in hegtenis geneem nadat sy na bewering ʼn man se dood veroorsaak het deur hom van ʼn bewegende voertuig te gooi.
Twee sterf, ses beseer in Kaapstad-ongeluk
Twee mense is Vrydagaand dood en ses beseer in ʼn ongeluk in Epping in Kaapstad.
Video: 14 sterf by Batman-première
14 mense is dood ná ‘n gewapende man op teatergangers losgebrand het.
Nóg ‘n koue naweek vir Wes-Kaap voorspel
Die Wes-Kaap kan die naweek nog koue en nat weer te wagte wees, het die Suid-Afrikaanse Weerburo Vrydag gewaarsku.
“Modimolle-monster” geskik vir verhoor
Johan Kotze, die sogenaamde “Modimolle-monster” is Vrydag geskik verklaar om verhoor te word.
Man reeds vir 12 jaar vermis
Missing Children SA het ʼn beroep op die publiek gedoen om op die uitkyk te wees vir Dirk Booysen (nou 29 jaar oud), wat vermis geraak het toe hy 17 jaar oud was.
Bomdreigement by luukse PTA-winkelsentrum
Winkels by die spoggerige Lynnwood Bridge-winkelsentrum in die ooste van Pretoria moes Vrydagoggend ná ʼn vals bomdreigement ontruim word.
14 sterf by Batman-première
Veertien mense is Vrydag doodgeskiet tydens die première van die Batman fliek, The Dark Knight Rises, in Denver, Colorado in Amerika.
Bejaarde in huis doodgeslaan
ʼn Bejaarde vrou van Edenvale is Donderdag dood nadat rowers haar met ʼn stomp voorwerp oor die kop geslaan het.
Selebi op mediese parool vrygelaat
Die minister van korrektiewe dienste, S’bu Ndebele, en die voorsitter van die mediese paroolraad het Vrydag aangekondig dat Jackie Selebi op mediese parool geplaas gaan word.
PTA-skooldogter raakgery ná sy vir hond weghardloop
ʼn Skooldogter is ernstig beseer ná sy Donderdag in Selatistraat, Menlopark, deur ʼn motor raakgery is.
Ek was ook by die beraad oor sosiale samehorigheid in Kliptown
Prof. Wannie Carstens het die beraad oor sosiale samehorigheid in Kliptown, Soweto, bygewoon.
CDP maan teen Madiba-euforie
Die Christen-Demokratiese Party (CDP) het Vrydag met kommer reageer op die omvang van mensverheerliking wat met oud-president Nelson Mandela se verjaarsdag gepaard gegaan het.