‘n Paar inwoners in Florida in Amerika het saamgespan om seker te maak dat ‘n hawelose man en sy hond, wat hy sy “alles” noem, te herenig.
Lees meerAlles vir Maandag 27 Mei 2013
Opgeskorte vonnis vir rekenmeester met lang vingers
‘n Rekenmeester van die Wes-Kaap het Maandag ‘n opgeskorte vonnis van vyf jaar ontvang nadat hy duisende rande van die Joodse Gemeenskapsentrum (JCC) gesteel het.
Nog geen uitspraak oor leeu-plakkaat
Uitspraak word voorbehou in ‘n aansoek om lughawensmaatskappy Acsa te oorreed om ‘n advertensieveldtog teen die handel in leeubeendere weer in te stel.
Burgemeester geskok oor bylmoorde
Mondli Gungubele, burgemeester van Ekurhuleni in Gauteng, het Maandag sy skok uitgespreek oor ‘n berig dat ‘n 14-jarige seun van Etwatwa vier van sy familielede met ‘n byl doodgekap het.
Bejaarde tydens juweliersrooftog doodgeskiet
ʼn Bejaarde man van Kaapstad is Sondagaand doodgeskiet toe ʼn groep gewapende rowers juweliersware ter waarde van nagenoeg R6 miljoen in Durbanville beroof het.
Boere glo betrokke by leeusmokkelary
Sommige boere wat met leeus teel is glo deel van ʼn onwettige smokkelnetwerk om leeu- en jagluiperdwelpies van Botswana na plaaslike wildplase te smokkel.
Rasseklassifikasie – in watter ry staan jy?
In Suid-Afrika word ras, net soos jou verlede, óf as ‘n wapen óf ‘n paspoort gebruik.
SA’ners maak te veel foute in die Super 15
Vir die Stormers is dit nou neusie verby wat vanjaar se Super 15 betref. Hulle kan nie meer hulle eie heil uitwerk nie en is nou afhanklik van ander spanne om die uitspeelrondtes te haal. Dit is beslis nie die ideale situasie nie.
Radiostasie beboet vir uitlating
Die Uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika (UKKSA) het Kaya FM R5 000 beboet nadat ʼn omroeper glo ʼn rassistiese term vir Indiërs gebruik het.
Glynnis Breytenbach onskuldig
Advokaat Glynnis Breytenbach is Maandag tydens haar tugverhoor in Pretoria onskuldig bevind op al 15 klagtes wat verband hou met haar hantering van ‘n omstrede mynregte-dispuut.
Vier sterf ná bus op N1 omslaan
Vier mense is dood en 56 beseer nadat ʼn bus Maandag op die N1-snelweg buite Mokopong in Limpopo omgeslaan het.
Woord: Dollewarie
Taaltoffie ondersoek die Afrikaanse woord ‘Dollewarie’.
5 Minute met Carike Keuzenkamp
Die Afrikaanse legende Carike Keuzenkamp het ʼn draai in die ateljee kom maak, waar ons met haar gesels het oor haar loopbaan en ander Afrikaanse gunstelinge.
Vyf vas vir renosterstropery
Vyf mans is in hegtenis geneem nadat hulle vermoedelik vyf renosters in die Hluhluwe-omgewing in KwaZulu-Natal doodgemaak het.
R3.9 miljoen ná ongeluk tydens pakslae
Die Durbanse hooggeregshof het die KwaZulu-Natalse onderwysdepartement beveel om ‘n skadevergoedingeis van R3.9 miljoen aan ʼn voormalige leerling, wat per ongeluk deur ʼn adjunkhoof geslaan is, te betaal.
Gedagte vir die dag: Trane sal verbygaan
Skrifgedeelte: Luk. 7: 13: “Toe die Here haar sien, het Hy haar innig jammer gekry en vir haar gesê: ‘Moenie huil nie!’” Mans is gewoonlik…
Kaapse pediater steeds vermis
Dr. Louis Heyns (59), ’n dosent aan die Universiteit van Stellenbosch (US) se mediese fakulteit en ook ’n pediater by die Tygerberg-hospitaal, word steeds vermis.
Twee uitlanders tydens ‘rooftog’ doodgeskiet
Twee Zimbabwiërs is Sondag tydens ʼn beweerde rooftog in Gauteng doodgeskiet.
Krugerwildtuin-bewaarder stabiel ná skietgeveg
Andrew Desmet, ʼn wildbewaarder wat Vrydagaand geskiet en gewond is tydens ʼn operasie om vermeende stropers in die Krugerwildtuin aan te keer, is in ʼn stabiele toestand in die hospitaal.
Veiligheidswag in Pinetown doodgery
ʼn Veiligheidsbeampte is dood nadat ʼn voertuig hom Maandagoggend in Pinetown raakgery het.