Die Springbokke is terug!
Lees meerAlles vir Maandag 26 Augustus 2013
Vrou bind haarself vas om stokkies te draai
‘n Jong sakevrou van Tokyo het haarself by die huis vasgebind, aangesien sy nie werk toe wou gaan nie.
Video: Vrou 13 dae ná haar begrafnis lewend opgespoor
Sharolyn Jackson (50) se familie was geskok toe sy 13 dae ná haar begrafnis ongedeerd opgespoor is.
Kunene bedank uit EFF
Die sakeman Kenny Kunene het bedank as lid van die Economic Freedom Fighters (EFF), het die party Maandag gesê.
Chanelle Henning: Skieter se vrou vas oor dwelms
Lynette du Plessis, die vrou van ‘n voormalige polisiebeampte, wat skuldig bevind is aan die moord op Chanelle Henning, is op dwelmverwante klagtes in hegtenis geneem.
Petrolprys kan dalk daal, diesel styg
Paul Joubert, ʼn senior navorser van die Solidariteit Navorsingsinstituut, het Maandag gesê daar is gemengde vooruitsigte vir September se petrol- en dieselpryse.
Vier ‘renosterstropers’ doodgeskiet, sewe vas
Vier vermeende renosterstropers is oor die naweek in die Krugerwildtuin doodgeskiet.
OVK-voorsitter skuldig aan onbehoorlike gedrag en wanadministrasie
Meer as R6 miljoen is betaal vir die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se ou kantore wat van Oktober 2010 tot Julie 2011 leeg gestaan het.
Lonmin verwyder omstrede stakingsklousule uit erkenningsooreenkoms
Solidariteit maak sespunt-aksieplan teen Lonmin bekend
Oudste aardbol met Nuwe Wêreld glo ‘n volstruiseier
‘n Ou volstruiseier is gebruik om die oudste aardbol van te maak wat die Nuwe Wêreld aandui, kort na Columbus se reis weswaarts na die “ooste.”
Kelner beseer tydens Spur-rooftog
ʼn Kelner is Sondagaand in die Spur in Preller-plein in Bloemfontein in die Vrystaat beseer nadat ʼn groep gewapende mans die restaurant beroof het.
Bronx-nagklubbaas se moordverhoor uitgestel
John Frederick Coetzee, Fareez Allie en Achmat Toffa wat van die moord op nagklubeienaar Bruno Bronn beskuldig word, het Maandag weer in die Wes-Kaapse hooggeregshof verskyn.
Woord: Jacuzzi
Taaltoffie ondersoek die woord ‘Jacuzzi’.
AfriForum help Afrikaanse seuntjie wat seksueel aangerand is
AfriForum het ʼn aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting op die nasionale kommissaris van polisie se kantoor beteken rakende die beskikbaarheid van forensiese maatskaplike werkers in die Suid-Afrikaanse Polisie.
Grootste Afrikaanse Liedjie: Hier is die top 50
Die top 50-liedjies in Maroela Media se Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye-veldtog is pas bekendgemaak.
Nuuskommentaar: Die AB en die waarheid – taai toffie van heterogeniteit
Die stof wil maar net nie heeltemal gaan lê oor die voorlegging wat die Afrikanerbond onlangs voor ‘n ad hoc-komitee van die parlement gelewer het nie, ter herdenking van die eeu sedert die wet op Naturellegrondbesit op die wetboek geplaas is.
Vrees vir besoedeling by Richardsbaai
Gure weersomstandighede belemmer opruimingswerk by Richardsbaai, waar die vragskip MV Smart ʼn week gelede gestrand het. Owerhede is besig om duisende ton olie uit die vragskip na ʼn veilige houer te pomp. Dié proses kan na beraming omtrent ʼn week lank duur.
Rugbykwotas: Stilswye is aanvaarding
Kallie Kriel skryf hoekom Afriforum moontlik ‘n veldtog teen rassekwotas in die Vodacombeker gaan begin.
‘Baba-moordenaar’ pleeg selfmoord
Juanita Fourie (28), die ma wat daarvan verdink word dat sy en haar voormalige man hul baba seuntjie mishandel en vermoor het, het haarself in haar kêrel se woonstel in Port Edward gehang, het Beeld Maandag berig.
Vrou slaan ontroue man met koffiebeker dood
ʼn Japannese huisvrou het glo haar bejaarde man met ʼn koffiebeker doodgeslaan nadat sy uitgevind het dat hy ontrou was aan haar.