ʼn Adjudant-offisier van die Valke, wat glo verbind kan word aan die ontvoering- en aanrandingsaak van Radovan Krejcir, die Tsjeggiese voortvlugtende en omstrede sakeman, is Dinsdag in hegtenis geneem.
Alles vir Dinsdag 26 November 2013
Boek: My skatkis van stories en rympies
‘n Wonderlike versameling van 145 klassieke storiese n rympies vir kinders. Pragtige, kleurvolle prente illustreer dié omvattende versameling dierestories, teddiebeerstories, geliefde sprokies, klassieke feëverhale en tradisionele kinderverse.
Polisieman wat geld by Krejcir leen, het nie bedank – Valke
Die Valke het Dinsdag ontken dat kol. Francois Steyn, hoof van die georganiseerdemisdaad-eenheid in Germiston, wat glo ʼn lening van R408 000 by een van omstrede sakeman Radovan Krejcir se maatskappye aangegaan het, bedank het.
Boek: Vuurklip
“Vuurklip” is ‘n magiese verhaal oor die lotgevalle van die Land- en die Seestamme aan die suidkus van Afrika 100 000 jaar gelede. Dis die storie van Ama, jongvrou wat wil Storievrou en Moetievrou word, maar eers moet sy vróú word.
Regshulp vir e-tol-oortreder grens aan aanhitsing
Die aanbod van die regsfirma Finlay en Niemeyer om die eerste motoris gratis te help wat by hulle aanklop om hulp nadat die persoon aangekla is indien hy nie vir die e-tolstelsel betaal het nie, grens glo aan aanhitsing, het Sake24 Dinsdag berig.
Uitdrukking: Iemand se ore brand
Taaltoffie ondersoek die geskiedenis van die uitdrukking “Iemand se ore brand”
Vroulike kollega ‘teister’ hom
ʼn Metropolisiebeampte van Kaapstad het die gelykheidshof genader nadat ʼn vroulike kollega hom glo herhaaldelik seksueel geteister het, het The Times Dinsdag berig.
Numsa-president bedank
Cedric Gina, die president van die National Union of Metalworkers of SA (Numsa), het glo Maandagmiddag bedank.
Nuuskommentaar: Hond in groot gat – om ‘n hart te hê
Daar kan geen twyfel wees nie – die groot volumes slegte nuus het ‘n dempende uitwerking, en insidente soos die hond wat pootuit en honger uit die groot gat gered is, sal die publiek se aandag vasvang.
Pa in hof ná hy glo dogters verkrag
ʼn Vrystaatse man, wat daarvan verdink word dat hy sy twee dogters verkrag het, gaan na verwagting Dinsdag in die hof vir seksuele oortredings in Bloemfontein verskyn.
Foto’s: Krejcir Maandag by die hof
Radovan Krejcir het die eerste aand in ʼn privaathospitaal deurgebring nadat die Johannesburgse hooggeregshof Maandag beslis het dat hy uit aanhouding na ʼn hospitaal oorgeplaas moet word.
R16 m. geëis oor borg-glips
ʼn 28-jarige man wat tronk toe gestuur is alhoewel hy borgtog toegestaan is eis R16 miljoen van die minister van justisie.
Uniondale-moord: Verdagte was uit op borg
ʼn Man wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn 8-jarige meisie verkrag en vermoor het, was uit op borg toe hy glo die misdaad gepleeg het.
Gedagte vir die dag: Lewensvreugde is om met hoop te leef
Romeine 5:4-5 – en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in…