ʼn 39-jarige man van Ladysmith is Donderdagoggend by sy meisie se huis aangekeer nadat hy glo R250 000 van ʼn maatskappy gesteel het.
Alles vir die maand Maart 2014
Agang SA versoek Tlakula se uittrede
Agang SA het Donderdag die voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK), Pansy Tlakula, versoek om tot na die verkiesing uit te tree.
Amcu-betogings duur voort
Die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) se betogings vir hoër lone sal voortduur, het Joseph Mathunjwa, president van die vakbond, Donderdag gesê.
Motor val 2 meter ver in sloot
Twee vroue is Donderdag van ʼn waterdreineringsloot in Clayville, Johannesburg, gered.
ANC betwis godslasterlike artikel
Die Noord-Kaapse ANC betwis ʼn berig oor pres. Jacob Zuma en God wat Donderdag deur die Diamond Fields Advertiser (DFA) en The Star gepubliseer is.
Loonstaking nie tydens mynforum bespreek nie
Susan Shabangu, minister van minerale hulpbronne, het gesê die twee maande lange loonstaking in die platinumsektor is nie Donderdag by die mynbedryf se konsultatiewe forum bespreek nie.
Taxi-bestuurder ry Comrades-drawwer raak
‘n Klag van roekelose en/of nalatige bestuur is teen ‘n taxibestuurder gemaak nadat hy Melany Delaney (28), ‘n atleet van Pretoria, Maandag raakgery het.
Behoort ontgroening nie ‘n keuse te wees nie?
Net soos mens ‘n werk kies wat by jou pas, so ook moet die indiwidu op ‘n universiteit besluit indien die tradisies hom of haar aanstaan, skryf Sandra du Preez.
Amcu-leier sluit by betoging aan
Joseph Mathunjwa, president van Amcu, het Donderdag by honderde mynwerkers aangesluit wat in Illovo, Johannesburg, betoog.
Boek: Krokodil aan my skouer
‘n Video-gesprek tussen Erns Grundling van die tydskrif WEG en Christiaan Bakkes tydens die Woordfees 2014 volg onderaan die berig.
Griekwastad-moorde: Hier is die uitspraak
Regterpresident Frans Kgomo het Donderdag sy uitspraak gelewer in die verhoor teen ʼn 17-jarige seun wat van die Steenkamp-gesin se moorde in Griekwastad beskuldig is.
Vervoerheffing vir petrol afgeskaf
ʼn Heffing vir brandstof wat na die binneland vervoer moet word en motoriste ʼn bykomende 3c per liter kos, sal volgende maand afgeskaf word.
Griekwastad-moorde: “Die domste plaasaanvaller in Suid-Afrika”
Regterpresident Frans Kgomo het Donderdagoggend begin met sy uitspraak in die moordverhoor van ʼn 17-jarige seun.
Lonmin versoek personeel om verlof in te sit
Die platinumreus Lonmin het sy personeel, wat nie aan die staking deelneem nie, versoek om verlof in te sit om koste te sny en die maatskappy te help om te oorleef.
Dwergplaneet Sedna kry maatjie
Die dwergplaneet verder as Pluto, Sedna het elf jaar na sy ontdekking ‘n maat gekry.
Bank of America betaal reuse boete
Die Bank of America het ingestem om ‘n skikkingsboete van $9,3 miljard te betaal om verdere vervolging vry te spring.
“Om saam met Zuma te loop, is soos om saam met God te loop”
John Block, voorsitter van die ANC in die Noord-Kaap, het gesê om saam met pres. Jacob Zuma te loop is soos om saam met God te loop, het The Star Donderdag berig.
Uitdrukking: Die rieme neerlê
Lees vandag se Taaltoffie om uit te vind waar die uitdrukking “die rieme neerlê” vandaan kom wat gebruik word wanneer iemand weghardloop.
Mandela se hasie verwyder
ʼn Brons hasie wat as ʼn kunstenaarshandtekening in die oor van die standbeeld van voormalige president Nelson Mandela geplaas is, is verwyder.
“Schumacher sál ontwaak” – woordvoerder
Sabine Kehm, woordvoerder van Michael Schumacher, het in ‘n seldsame verklaring gesê dat die oud-renkampioen beslis sal ontwaak.