Drie mense is dood en sewe ander beseer nadat twee voertuie mekaar Sondagaand reg van voor op die R75-pad naby Uitenhage in die Oos-Kaap getref het.
Alles vir die maand Maart 2014
Liggaam van ekspedisielid op pad terug na SA
Die liggaam van Johannes Adriaan Hoffman, ʼn lid van die departement van omgewingsake se oorwinterspan wat onlangs tydens sy tweede ekspedisie na Gough-eiland in die Suid-Atlantiese Oseaan gesterf het, is op pad terug na Kaapstad.
Polisieman in Oos-Kaap doodgeskiet
ʼn 47-jarige adjudant-offisier is Sondag ná ʼn onderonsie in ʼn kroeg in die Oos-Kaap doodgeskiet.
Oscar Pistorius-moordverhoor: Snuffelhond deursoek hof
ʼn Snuffelhond het Maandagoggend, drie ure voordat die moordverhoor van Oscar Pistorius omstreeks 10:00 gaan begin, die hooggeregshof in Pretoria deursoek. Tien getuies gaan na verwagting Maandag getuig.
WAT Woord van die Week: pastel
Wat het die woord “pastel” vir kleurkryt met “deeg” te doen? Lees vandag se Taaltoffie om meer uit te vind.
Wenners van die Oscar-toekennings
Die 86ste Academy Awards, beter bekend as die Oscar-toekennings is Sondagaand tydens ʼn glansgeleentheid in Amerika uitgeloof. Hier is die lys van wenners.
Natasha Sutherland en gesin oorleef kaping
Steve Hofmeyr se eksvrou, Natasha Sutherland en haar gesin het Saterdagaand ʼn kaping in Braamfontein oorleef.
DA hof toe oor e-tol
Die DA het Sondag gesê hy sal vandeesweek die hof nader om die wet op e-tol ongrondwetlik te verklaar.
Sanral brei uit in Limpopo
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) gaan glo meer as 1 600 km in Limpopo by sy padnetwerk insluit.
Gedagte vir die dag: Niemand soos God?
Psalm 93:1-3 – Die Here regeer! Sy grootheid en krag is vir Hom soos sy klere. Kyk hoe vas staan die wêreld, ʼn mens kan…
Oscar Pistorius-moordverhoor: wat jy moet weet
Talle mense was op 14 Februarie 2013 geskok toe die nuus breek dat die wêreldberoemde atleet Oscar Pistorius sy meisie, Reeva Steenkamp, in sy huis in Pretoria-Oos doodgeskiet het.
Video: Oorlog dreig in Oekraïne
Die hoof van NATO het gewaarsku dat Europa se vrede en veiligheid in gedrang kan wees deur dreigemente van Rusland oor ʼn militêre inval in Oekraïne.
Vermiste motorfietsryer dood aangetref
ʼn 68-jarige motorfietsryer van Mpumalanga wat Saterdagmiddag as vermis aangemeld is, is ná middernag langs die pad dood aangetref.
Foto’s: Een sterf in tragiese Bloem-ongeluk
Een man is Sondagoggend dood en drie ander beseer in ʼn enkelvoertuigbotsing in Bloemfontein.
Video: Dié kar se “sesde sintuig” soos jou pa
Hyundai se uitmuntende advertensie vir sy Genesis-model is reeds meer as 7 miljoen keer op YouTube gekyk.
Boere onseker oor grondeise
AgriSA het gesê dit is ‘n “verpletterende slag” vir handelsboere dat grondeise vir die volgende vyf jaar weer oopgestel is, het Rapport Sondag berig.
Limpopo-skole nog sonder handboeke
Sommige skole in Limpopo het nog steeds nie hul handboeke vir die 2014 akademiese jaar ontvang nie, het Rapport Sondag berig.
SANParke bevestig renoster sonder horing
SANParke het Sondag bevestig dat ʼn renoster, wat se horing afgesny is, by die Kruger-wildtuin gesien is. WAARSKUWING: Die foto van die renoster sonder sy horing onderaan die berig kan sensitiewe kykers ontstel.
Regshulp vir geskorste Puk-HK-lede
HK-lede van die Noordwes-Universiteit se Puk-kampus in Potchefstroom het regshulp ingewin nadat hulle in Februarie geskors is.
ANC-raadslid vas oor gewapende roof
ʼn Wyksraadslid van die ANC van Middelburg in Mpumalanga sal volgende week saam met haar man in die hof verskyn op aanklag van aanranding en gewapende roof.