Maklike resep vir die staatmaker, mieliepap.
Alles vir Woensdag 23 April 2014
Video: Pretorianer se fliek-droom word waar
‘n Jong man van Pretoria wat sy lewe lank al droom om sy stempel af te druk op die internasionale vermaakliheidsbedryf het nou die geleentheid om saam met van die wêreld se bekendste rolprentsterre te werk.
Gedig: Die beiteltjie
NP van Wyk Louw se bekende gedig, “Die beiteltjie”
18 skoolkinders in ongeluk beseer
Agtien skoolkinders is Woensdag beseer nadat die minibustaxi wat hulle na hul skool in Bloemfontein vervoer het, omgeslaan het.
Honderde by Ta’ Grietjie se begrafnis verwag
Ouma Grietjie Adams, oftewel Ta’ Grietjie van Garies wat bekendheid verwerf het vir haar weergawe van Dis ʼn lekker ou Jan, word Saterdag tydens ʼn “tipiese Namakwalandse begrafnis” ter ruste gelê.
Nuuskommentaar: Boereverneukery of Afrikaner-uitreiking?
“Die ANC het nie probleme met die Afrikaner nie,” sê Keith Khoza, woordvoerder van die ANC. Vir baie Afrikaners gaan die ANC ‘n advokaat van die kaliber van Gerrie Nel nodig hê om hulle te oortuig dis nie ‘n baie vet kluitjie nie. En selfs dan sal dit ‘n geval wees van: “Julle kan traai, maar die wiend waai wes.”
Zuma praat oor uitjouery
President Jacob Zuma het mense wat hom uitjou, beskryf as “leë blikke wat die meeste lawaai maak”, het The New Age Woensdag berig.
Vlaag sterk aardbewings tref aarde
‘n Vlaag van sewe aardbewings sterker as 7 op die momentmagnitudeskaal wat die aarde vanjaar getref het, het almal in die afgelope drie weke voorgekom.
Man wis glo eie gesin uit
ʼn Man van die Vrystaat het glo Maandagaand sy vrou en vierjarige dogtertjie doodgeskiet, voordat hy homself in die kop geskiet het.
Kerke wys Voortrekkermonument-vergadering van die hand
Ds. Cassie Aucamp, voorsitter van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, het Woensdag gesê die kerke gaan nie vandag ʼn vergadering saam met die ANC by die Voortrekkermonument bywoon nie.
Arno Carstens se dronkbestuursaak hervat
Die musikant Arno Carstens moet na verwagting Woensdag weer in die Kaapstadse landdroshof verskyn op aanklag van dronkbestuur.
Paasnaweek-padsterftes vandag bekend gemaak
Dipuo Peters, die minister van vervoer, gaan Woensdag die statistiek bekend maak van die aantal persone wat oor die afgelope Paasnaweek op die land se paaie gesterf het.
Ebola-sterftes nou meer as 140
Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het bevestig dat die Ebola-uitbreking in Wes-Afrika reeds meer as 140 lewens geëis het.
SAUK het EFF-advertensie “verwerp”
Die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) het ʼn klag van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) ontvang nadat die SAUK ʼn verkiesingsadvertensie van dié party verwerp het. Die advertensie volg onderaan die berig.
Amcu en werkgewers vergader weer
Platinumvervaardigers en die vakbond Amcu sal Woensdag weer onderhandelinge hervat in ʼn poging om die staking, wat al 12 weke lank duur, op te los.
Gedagte vir die dag: Die Here is by jou
Psalm 145:18 – Die Here is by elkeen wat Hom dien en aanbid. Hy los niemand alleen wat Hom dien nie. Hy doen alles wat…