ʼn Video van ʼn fietsryer wat ternouernood aan die dood ontkom het tydens ʼn botsing tussen ʼn motor en ʼn vragmotor, word wyd op sosiale media versprei.
Alles vir Dinsdag 23 September 2014
Nuuskommentaar: Russiese kernreaktors: Hier is die KERN van die probleem
Suid-Afrika en Rusland het onverwags ‘n ooreenkoms gesluit waarvolgens Suid-Afrika na beraming meer as R500 miljard gaan opdok vir agt kernreaktors. Die ooreenkoms sluit Russiese finansiering in. Is dit goeie nuus of gaan ons die e-tol-sage in ’n ander gedaante herleef?
Onnies beseer toe skoliere amok maak
Twee onderwysers is ernstig beseer toe leerlinge wat amok gemaak het by ʼn skool in Umlazi, KwaZulu-Natal, hulle aangerand het.
KZN-busongeluk: 4 dood, 27 beseer
Minstens vier mense is Dinsdagoggend dood en 27 beseer tydens ʼn busongeluk in KwaMashu, KwaZulu-Natal.
Betogers versper JHB-snelweg
Die Johannesburgse metropolisie het Dinsdag motoriste versoek om sekere dele van die Goue Hoofweg, suid van Johannesburg, te vermy nadat inwoners van Lehae naby Lenasia dit met klippe versper het.
SA sluit ooreenkoms met Rusland vir kernreaktors
Rosatom, Rusland se kernkragprodusent, het aangekondig dat hy teen 2023 agt kernreaktors aan Suid-Afrika sal verskaf as deel van ʼn strategiese vennootskap tussen die twee lande ter waarde van $50 miljard (nagenoeg R560 miljard).
AfriForum Jeug: “Tuks-bestuur begrawe nóg ’n tradisie”
Die Universiteit van Pretoria (UP) se bestuur het besluit om die jaarlikse Pot & Pons-koshuistradisie, ’n instelling van TuksJool in samewerking met TuksRes, te kanselleer.
Vyf vas vir moord, roof en kapings
Vier mans en ʼn vrou is in Katlehong, oos van Johannesburg, in hegtenis geneem in verband met ʼn string rooftogte, ʼn moord en kapings.
Gedagte vir die dag: God is by jou
Die Here sal julle seën en julle beskerm; die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee! (Num 6:24-26)