ʼn Voetganger is dood nadat twee motors hom in Bloemfontein in die Vrystaat getref het en sy liggaam in stukke geskeur is.
Alles vir Dinsdag 30 September 2014
Diefstal by Nkandla-man se kantore
Diewe het ingebreek by die kantoor van ʼn man wat 12 staatsamptenare verteenwoordig op aanklag dat hulle tydens opgraderings aan Nkandla, prosedures omseil het, het Beeld Dinsdag berig.
Nuuskommentaar: Die IS: Internasionale terreur sal nooit weer dieselfde wees
Verkeerde keuses kan die wêreld vir Suid-Afrika baie, baie moeilik maak, en onder die ergste scenario, ’n teikenland vir internasionale terreur maak.
Berugte Moloto-pad eis nog ʼn lewe
Die berugte Moloto-pad in die noorde van Pretoria het Dinsdagoggend nóg ʼn lewe geëis.
Groepie hou nagwaak voor Malema-bedrogsaak
ʼn Klein groepie lede van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het Maandagaand in Polokwane, Limpopo, ʼn nagwaak vir hul leier Julius Malema, gehou op die vooraand van sy bedrogverhoor.
Thomas Ferreira sal nie verder herstel, hoor hof
Thomas Ferreira sal nie verder herstel na die ongeluk waarin Joseph Motsamai Semitjie hom met ʼn blouligmotor omgery het nie, het die Krugersdorp-landdroshof Maandag gehoor.
Tradisionele geneser in hof vir verkragting
ʼn Tradisionele geneser wat beskuldig word van verkragting, seksuele aanranding en die onwettige besit van pornografie, het Maandag in die Thokoza-landdroshof in Gauteng verskyn.
EFF-aansoek om tugproses te keer verwerp
Die Wes-Kaapse hooggeregshof het Maandag die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) se aansoek om ʼn dringende interdik om die parlement te verhoed om tugstappe teen 20 van die party se LP’s te doen, van die hand gewys.
Gedagte vir die dag: Stres en ons harte
Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie. (Joh 14:27)