Die bekende hartchirurg, Marius Barnard, Christiaan Barnard se broer, is Vrydag in Hermanus in die Wes-Kaap oorlede, het IOL berig.
Lees meerAlles vir Saterdag 15 November 2014
Taegrin-sleepdood: Polisie het nie behoorlike prosedure gevolg nie
Die aanklagte teen ʼn verdagte in die Taegrin Morris-saak is terruggetrek omdat die polisie nie die behoorlike prosedure gevolg het nie, het die Reigerpark-gemeenskap Vrydag gehoor.
Video: Oulikste kombuiswenke vir die naweek
Hierdie video wys jou hoe om ‘n ui te sny sonder om te huil, hoe om ‘n plastiekpakkie sonder ‘n duur plastiekknip toe te maak, hoe om aarbeie se stingeltjie te verwyder en selfs hoe om die heerlikste sprinkelpoeier vir jou springmielies te maak deur skyfies fyn te maak.
Stem vir SA kinders se Google Doodle
Die publiek kan nou stem vir Suid-Afrikaanse skoliere tussen ses en 17 jaar oud wat aan die “Doodle 4 Google”-kompetisie deelgeneem het.
Man sit lank ná reeks verkragtings, lykskending
ʼn Man van die Oos-Kaap is ses keer lewenslange tronkstraf opgelê vir ʼn reeks misdade insluitend verkragting, moord en seks met ʼn lyk.
Só tref poskantoorstaking liefdadigheidsorganisasies
Liefdadigheidsorganisasies het miljoene in donasies verloor as gevolg van die voortslepende staking by die poskantoor, het die Suid-Afrikaanse Instituut vir Fondsinsameling Saterdag gesê.
Nóg ʼn bom in Pretoria gevind
ʼn Springstoftoestel is Vrydag omstreeks 11:00 in Daspoort in Pretoria-Wes opgespoor.
KZN-ongeluk eis 6
Ses mense is Saterdagoggend dood toe twee motors mekaar op die M4-snelweg naby die Blue Lagoon-brug in Durban getref het.
“Grondbesettings nie verkeerd nie” – Malema
Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het Vrydag gesê daar was niks verkeerd met die poging tot grondbesetting in Nellmapius, Pretoria-Oos, vroeër vandeesweek nie.
Grondeise gaan bykans R17 miljard kos
Die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming het Vrydag gesê dit gaan ongeveer R16.9 miljard kos om die grondeise in die eerste fase, wat nog nie afgehandel is nie, te skik.
Voormalige skeidsregter skuldig aan korrupsie
Die voormalige skeidsregter Clifford Malgas is Vrydag gevonnis vir korrupsie wat verband hou met wedstrydknoeiery in Junie 2011 tydens die Vodacom-beker in Kaapstad.
Gauteng-waterkrisis: Agt ‘koperdiewe’ aangekeer
Agt persone, insluitend vier City Power-werknemers, is in verband met koperkabeldiefstal in hegtenis geneem wat daartoe gelei het dat Gautengers in September ʼn groot waterkrisis beleef het.
Gedagte vir die dag: Vrede
Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie. (Joh 14:27)