Taaltoffie verduidelik vandag waar die uitdrukking “handuit ruk” vandaan kom.
Alles vir Vrydag 28 November 2014
Resep: Aartappels in die skil
Hierdie aartappels in die skil is baie lekker om by ‘n braaivleis te bedien.
Groot dwelmlaboratorium in PTA oopgevlek
Vier mense is Vrydagoggend in die noorde van Pretoria in hegtenis geneem nadat die Tshwane-metropolisie en ander rolspelers op ʼn groot dwelmlaboratorium toegeslaan het.
Man tronk toe na aanval wat vrou verlam laat
ʼn Man van Mpumalanga wat die ma van sy drie kinders met ʼn kapwapen aangeval het, is tot tronkstraf gevonnis.
ANC verwelkom skorsing van EFF-parlementslede
Die ANC het Vrydag die skorsing van 20 LP’s van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) sonder ʼn salaris uit die parlement verwelkom.
Nuuskommentaar: Steve, die regbank en die staatsgreep
Dit is juis nou dat die uitgebreide demokrasie, soos die vrye media, burgerlike instellings en die kunstenaars hul rol moet speel, skryf Herman Toerien.
Student, nog twee in hof oor aanranding
Drie mans wat daarvan aangekla word dat hulle Delia Adonis, ʼn skoonmaker, aangerand het, het in die Wynberg-landdroshof verskyn.
Solidariteit sal vra dat Nhleko en Phiyega gearresteer word
Die vakbond Solidariteit sal vandag in die arbeidshof in Johannesburg op die arrestasie van die nasionale polisiekommissaris, Riah Phiyega, en die minister van polisie, Nathi Nhleko, aandring.
Beurtkrag-risiko hoog die naweek, sê Eskom
Eskom het gesê beurtkrag sal waarskynlik oor die naweek voorkom aangesien elektrisiteitsvoorsiening steeds onder druk is.
Gedagte vir die dag: Gereed vir die stryd!
Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel. Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld. (Ef 6:11-12)