Die vrou van ʼn senior regeringsbeampte sal Woensdag in die Oos-Londen landdroshof verskyn op aanklag van sy moord.
Alles vir Woensdag 5 Oktober 2016
[Resep] Spesery-ystee
Rooibostee word al vir eeue gebruik as natuurlike gesondheidsdrankie, en dis reeds meer as ʼn eeu sedert ons eie, Suid-Afrikaanse rooibostee wêreldwyd geskink word.
Nuuskommentaar: Al weer die rassekaart – wit student moet sterf
ʼn Wit student moet eers sterf voor Wits se “arrogante” rektor sal luister, lui ʼn klankgreep wat op sosiale media versprei word. So iets kan in die huidige gelaaide atmosfeer so maklik ontplof.
[Resensie] Henry van Dyk – ‘Sommer so’
Henry bewys op hierdie album dat hy ’n uiters talentvolle kunstenaar is en dat hy dit nog baie ver kan bring. As jy van ’n goeie tenoorstem hou, maar nie noodwendig net na musiek met ’n klassieke aanslag wil luister nie, kan jy dit oorweeg om hierdie album by jou versameling te voeg.
Madonsela beveel KZN-regering om fluitjieblaser weer aan te stel
Fikile Hlatshwayo-Rouget is afgedank nadat sy korrupte bedrywighede binne die regering aan die lig gebring het.
Man gevonnis wat 11-jarige verkrag
ʼn Man wat sy 11-jarige susterskind herhaaldelik verkrag het terwyl haar ouma nie by die huis was nie, is Dinsdag in die Vryheid-streekhof in KwaZulu-Natal gevonnis.
[Foto’s] Bali: Eiland van hekse en heuning
Bali is ʼn uitbeelding van stories, kleur, kuns en liefde. Van die romantiese verhale en rusplekke vir verliefdes tot ʼn palet van geskiedenis, taal, musiek en adrenalien.
Hoe ver nog na ware versoening?
Wanneer debatteer word oor waar Suid-Afrika hom ná 22 jaar van demokrasie bevind, duik een vraag gereeld op: Wat het geword van die droom van ʼn kleurblinde nasie? Van die versugting na ware versoening en verdraagsaamheid?
Luister: Die wyse man sonder ʼn naam
Hy’s altyd dieselfde, altyd daar, altyd vriendelik. “Lekker weer wat ons vandag het,” sê hy opgeruimd terwyl hy die trollies by my neem.
Wits-lesings wéér opgeskort
Die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het Dinsdag weereens akademiese bedrywighede by die universiteit opgeskort, dieselfde dag wat lesings by die instansie sou hervat.
Gedagte vir die dag: Jy is “per missie”
Gaan dan, maak al die nasies my dissipels, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees. Leer hulle om alles te gehoorsaam wat Ek aan julle opgedra het. En weet vir seker: Ek is vir altyd by julle, tot aan die einde van die wêreldgeskiedenis. (Matteus 28:19-20)