“In my pa se studeerkamer staan daar ’n ensiklopedie van A tot Z, ’n Webster met ’n indeks vir my kindervingers…” skryf Joan Hambidge in haar gedig, “Die huis van my vader”
Alles vir Woensdag 5 Oktober 2016
Nóg ʼn Limpopo-kind verdwyn
ʼn Tienjarige meisie van Limpopo het Dinsdag spoorloos verdwyn in ʼn dorp naby die plek waar ʼn ontvoerde sewejarige seun se liggaam vroeër dieselfde dag in ʼn beesdipsloot gevind is.
SAUK hou aan om Motsoeneng te verdedig
Die raad van die SAUK het Woensdag tydens ʼn parlementêre komiteesitting volgehou dat hy Hlaudi Motsoeneng regmatig in ʼn ander senior pos aangestel het.
Man vas wat op Facebook spog oor dade met meisie
ʼn Man is Dinsdag in hegtenis geneem nadat hy op Facebook gespog het oor seksuele dade met ʼn skoolmeisie.
Betogende studente het ‘revolusionêre agenda’
“Die studente wat by universiteite landwyd betoog onder die vaandel van die #FeesMustFall-beweging kan nie tevrede gestel word nie en sal indien daar aan hul eise gehoor gegee word, net op nog iets anders aandring.”
WhatsApp: Kikker jou foto’s en video’s op
WhatsApp het talle nuwe funksies bekendgemaak om foto’s en video’s, wat jy met die gewilde boodskapdiens stuur, op te kikker en te verpersoonlik.
Nobelprys in Chemie vir kleinste masjientjies
Die Koninklike Sweedse Akademie vir Wetenskap het Woensdag die Nobelprys vir Chemie toegeken aan drie professore wat molekulêre masjiene ontwerp het.
#FeesMustFall: Spuitnaalde by Rhodes-kampus uitgegooi
Studente wat onder die vaandel van #FeesMustFall betoog, het Woensdag in die vroeë oggendure ook op die kampus van die Rhodes Universiteit amok gemaak.
Die Solidariteit Beweging se plan vir universiteitskrisisse
Die Solidariteit Beweging het vandag tydens ’n dringende mediakonferensie in Centurion daarop aangedring dat die universiteite so spoedig moontlik heropen word.
Nissan help om renosterstropery in Pilanesberg te bekamp
Swart en wit renosters in Suid-Afrika het al die hulp nodig wat hulle kan kry teen stropery. Nissan Suid-Afrika het daarom ʼn Nissan Patrol 4×4-voertuig aan die Pilanesberg Nasionale Park geskenk.
Duterte Harry se Nazi-oplossing vir die Filippyne
Die Filippynse president, Rodrigo Duterte, het die wêreld laat regop sit met sy uitspraak verlede week dat hy bereid is om drie miljoen dwelmverslaafdes dood te maak… net soos die Nazi-leier, Adolf Hitler, in die vorige eeu drie miljoen Jode laat doodmaak het.
Polisieman tydens roof by winkelsentrum geskiet
ʼn Polisiebeampte is Dinsdagmiddag tydens ʼn gewapende roof by ʼn Oos-Randse winkelsentrum in die kop geskiet.
Proteas teen buurland in Diamant-eindstryd
Die Proteas het Dinsdagaand, op die derde dag van die Internasionale Diamant-uitdaagreeks in Westville, die SA Presidentspan met 56-36 geklop en Zimbabwe het teen Uganda verras en met 42-39 gewen.
Negester Klein-Kariba bied jou die Bosveld op sy beste
Negester Klein-Kariba, met sy pragtige Bosveld-fauna en -flora, lê in die Waterberg-biosfeer. Dié beveiligde en volhoubare leefstyl-landgoed vir vyftigplussers, grens aan die ATKV-Klein-Kariba Vakansieoord en is naby Bela-Bela (Warmbad) geleë. Daarby bied die Bela-Bela- en Waterberg-omgewing jou boonop die verdere voordele van ʼn heerlike klimaat, goeie winkels, ʼn private hospitaal, topklas gholfbane en ʼn verskeidenheid natuurreservate!
Aardklop nóg meer toeganklik met nuwe app
Aardklop het vanjaar, vir die eerste keer ooit in die geskiedenis van dié kunstefees, ʼn app bekendgestel wat verseker dat feesgangers, sonder die gesukkel van ʼn lomp program, geen produksie of program hoef mis te loop nie.
Plaaslike produksie begin van die uitgebreide Everest reeks
Ford Suid-Afrika het met vervaardiging van sy nuut-uitgebreide Everest-reeks begin. Daar sal nou agt modelle beskikbaar wees in plaas van twee.
CoP 17: Dié diere nou beskerm
Na afloop van die 17de konferensie van die partye (CoP 17) van die konvensie oor handel in bedreigde spesies (Cites) in Sandton, Johannesburg, sal verskeie diere nou groter beskerming geniet.
Nóg ʼn betalingsbewys van Nkandla-geld geëis
“Pres. Jacob Zuma het ʼn lang geskiedenis van vriende wat sy rekeninge betaal en moet behoorlik bewys lewer van sy beweerde huislening om die R7,8 miljoen van sy Nkandla-woning te betaal.”
Skepdoele gee rugbyspanne nagmerries
Skepdoele is een van daardie dinge wat rugbyspanne die meeste haat wanneer hulle die dag verloor.
Chaos toe betogers brande op UK-kampus stig
Nadat akademiese bedrywighede Maandag op die kampus van die Universiteit van Kaapstad (UK) aanvanklik soos normaal voortgegaan het, het chaos weer Dinsdagaand op die kampus ontstaan toe betogende studente verskeie brande regoor die kampus gestig het.