LekkeSlaap.co.za het ‘n lys bekend gemaak van die gewildste bestemmings in Suid-Afrika vir 2016.
Alles vir Donderdag 15 Desember 2016
Groetnis, van Dirkie de Vos
Dit was `n week voor Kersfees in 1969 toe `n Kerskaartjie uit Engeland opgedaag het.
Anika Smit-moordsaak: Verdagte geskik om verhoor te word
Die Pretoria-Noord-landdroshof het Donderdag gehoor André van Wyk (24), wat aangekla word van die moord op Anika Smit (17), het geensins aan ʼn geestesversteuring gely toe Anika ses jaar gelede vermoor is nie.
Nuuskommentaar: Fees van kluitjies bak en rassistiese doodsdreigemente
Iemand lieg dat die nete klap – dit is immers onmoontlik dat die weersprekende getuienis van getuies voor die parlementêre ad hoc-komitee oor die SAUK alles die waarheid kan wees. Dié meinedige gedrag word egter oorskadu deur rassistiese doodsdreigemente wat sommige getuies nou weer ontvang het.
Die wêreld in foto’s – 15 Desember 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
‘Survivor-wittebrood’ – deel 1
As ek nou terugdink, kan ek nie my nuwe manlief al die skuld gee nie. Maar kom ons begin by die begin, skryf Marianne Styan.
Nóg ʼn Leonardo da Vinci opgespoor
Toe ʼn afgetrede mediese dokter in Frankryk onlangs sy oorlede pa se kunsversameling na ʼn kunsafslaer geneem het, het hy nooit verwag dat een van die tekeninge in die versameling ʼn oorspronklike Leonardo da Vinci-inskets met ʼn waarde van meer as R210 miljoen rand sal wees nie.
[Resep] Verruklike Kersfees-spyskaart
Hierdie spyskaart van Heleen Meyer, bekende gesig op Die Groot Ontbyt en ʼn koskonsultant wat mense graag aanmoedig om lekker en gesonder te eet, is perfek vir Kersfees. Haar resepte is geurig, maklik om te maak en daar is altyd iets vir elkeen se smaak.
Boere red seun (9) tydens kapingsdrama
Een van die kapers het ʼn vuurwapen by hom gehad en die ander ʼn mes. Hulle het die egpaar en hul ouer seun in die kattebak van die voertuig gedruk, terwyl die negejarige seun saam met die kapers in die voertuig moes bly.
Woord: harmonie
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die woord “harmonie”
Meisie (15) dae lank in onbewoonde huis aangehou, verkrag
ʼn 15-jarige meisie is Woensdag gered nadat sy glo vier dae lank in ʼn onbewoonde vervalle huis in Louis Trichardt, Limpopo, aangehou en herhaaldelik verkrag is.
Kind sterf in bed ná taxi deur huis ploeg
ʼn 10-jarige kind is dood en twee is beseer toe ʼn minibustaxi Woensdag deur ʼn huis se muur in KwaZulu-Natal geploeg het.
[Entrepreneurskap] “Nie foute nie, maar wel ervaring”
Hannes Dreyer is ʼn welstandskepper (wealth creator), en help mense om finansieel onafhanklik te raak in die kortste moontlike tyd of so gou moontlik met so min moontlik risiko’s.
Anika Smit-moordsaak hervat
André van Wyk (24), wat aangekla word van die moord op Anika Smit (17), sal na verwagting Donderdag weer in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn nadat hy vir nagenoeg 50 dae sielkundige waarneming by die Weskoppies- psigiatriese hospitaal ondergaan het.
Modelbaas Kersfees vir eers nog vry
Regter Cassim Moosa het onder meer bewyse voorgelees van een van De Villiers se kinders wat beskryf het dat een van die meisies wat by sy pa se huis was, klein bikini’s met die “broekies tussen die boude” gedra het.
Verdagte dood, drie vas ná skietery met polisie
ʼn Verdagte is Woensdag in Gauteng doodgeskiet en drie is in hegtenis geneem ná ʼn oor-en-weer-skietery met die polisie.
Is Geloftedag nog relevant?
Wat maak die Gelofte en die gebeure rondom die Slag van Bloedrivier vir ons relevant vandag? Christoff van Wyk stel ondersoek in.
Gedagte vir die dag: Geloof is nie ingewikkeld nie
As ek u goedgesindheid geniet, Here, moet U saam met ons wegtrek. Al is die volk moedswillig, moet U ons ongeregtigheid en sonde vergewe. Laat ons tog u volk bly, u eiendom. (Deuteronomium 10:12)