Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (Sama) het Woensdag gesê die voormalige LUR vir gesondheid in Gauteng, Qedani Mahlangu, kan nie “net wegstap” nadat 94 psigiatriese pasiënte onder haar toesig gesterf het nie.
Alles vir Donderdag 2 Februarie 2017
‘Onwettige immigrante’ by KZN-fabriek vasgetrek
Altesaam 35 vermeende onwettige immigrante is Woensdag in hegtenis geneem nadat polisiebeamptes en immigrasiebeamptes van die departement van binnelandse sake op ʼn fabriek in Chatsworth in Durban toegeslaan het.
Wits prof afgedank oor seksuele teistering
Drie vroue het klagtes teen die professor by die universiteit se kantoor vir geslagsgelykheid ingedien, wat die saak ondersoek het.
Was kolonialisme net sleg?
Kolonialisme en slawerny is twee gebeure uit die geskiedenis wat vandag ad nauseam in veral swart kommentators se kritiese meningstukke opduik. Maar was daar ook ʼn positiewe kant aan veral die “scramble for Africa”? Org Potgieter besin hieroor.
Wannsee en die ‘finale oplossing’
Naas Auschwitz is Wannsee die makabere simbool van die dieptes waartoe mense kan daal, skryf Leopold Scholtz.
Gedagte vir die dag: Wapens van die waarheid
Gebruik God se verlossing as ’n helm om julle koppe te beskerm. En gebruik die swaard van die Gees, dit is God se woord. (Efesiërs 6:17)