Die prys van ʼn eiendom in Vredehoek, Kaapstad, wat die eiendomsagent RE/Max vandeesweek te koop aangebied het, het sosialemediagebruikers aan die praat gehad.
Lees meerAlles vir Donderdag 2 Februarie 2017
Nuwe DB-voorsitter se ‘rugbydrif onblusbaar’
Die nuwe voorsitter van Durbanville-Bellville, voorverlede jaar se wenner van die oop klubs se Goue Beker, het `n “onblusbare hartstog” vir rugby, wat hy as “die uitnemendste van alle sportsoorte” bestempel.
SAUK vra verlof om appèl ná hooggeregshofuitspraak
Die Wes-Kaapse hooggeregshof het Woensdag ʼn aansoek deur die SAUK aangehoor om verlof tot appèl nadat Hlaudi Motsoeneng se aanstelling as groepshoof van korporatiewe sake by die openbare uitsaaier as onwettig verklaar is.
Ek gaan DA dagvaar oor spioen-bewerings, sê Mkhwebane
Die openbare beskermer Busi Mkhwebane het Donderdag gesê haar geduld is op met die Demokratiese Alliansie, wat haar daarvan beskuldig het dat sy ʼn spioen is vir die regering. Sy is van voornemens om die party te dagvaar nadat hulle nie om verskoning gevra het nie.
Madonsela moet opdok vir BMW ná termyn verstryk
Die voormalige openbare beskermer moet opdok nadat sy ʼn amptelike voertuig, ʼn BMW X6, bly gebruik het ná haar termyn verstryk het, asook vir skade aan die motor ná ʼn ongeluk.
Stiefpa hoor eers dan sy lot
ʼn 51-jarige man van Randfontein wat skuldig bevind is dat hy sy twee stiefdogters verkrag en onsedelik aangerand het, het Donderdag in die Johannesburgse hooggeregshof verskyn.
ToekomsVenster: ʼn God wat begaan is oor mense, stede en diere
Hoeveel gee jy werklik om vir die bediening of gemeenskap waartoe die Here jou geroep het?
Iran weier VSA burgers toegang tot land
Verskeie Moslemlande is nie op die lys van lande wie se burgers nie meer toegang tot die VSA het nie.
Nóg geen saak ná skietongeluk op Springbok se plaas
Geen amptelike saak is sover teen die veelsydige Springbok-agterspeler, Johan Goosen (24), aanhangig gemaak nadat hy glo verlede week ʼn vriend van hom per ongeluk op sy Oos-Kaapse plaas met ʼn jaggeweer raakgeskiet het nie.
83-jarige Kapenaar klim Kilimanjaro om vrou se as te strooi
Hy was uitgelag: op 83 jaar is sy lyf immers nie meer jonk en soepel nie, maar hy het elke tree met oorgawe gegee, en bo-op die piek, 5 685 m hoog, sy vrou se as gestrooi sodat sy saam met arende kan sweef.
Pasiënt (83) dood, bestuurder geskors
Die departement van gesondheid in Limpopo het die bestuurder van ’n hospitaal geskors ná die dood van ʼn 83-jarige pasiënt weens beweerde nalatigheid.
Pa, dogters op kleinhoewe vir R20, iPhone aangeval
Vyf mans het ʼn 77-jarige pa en sy twee tienerdogters Woensdagaand op ʼn kleinhoewe in Driefontein, in die Muldersdrift-omgewing aan die Wes-Rand, aangeval en aangerand en van ʼn iPhone en R20 beroof.
Eddie verander vyf vir die Franse toets
Die Engelse afrigter Eddie Jones het vyf veranderinge aangebring aan die span wat Australië in November verslaan het, maar gaan steeds ervaring aan sy kant hê in Saterdag se wedstryd teen Frankryk op Twickenham.
Polisiehoof voor LP’s oor korrupsiebewerings
Lt.genl. Khomotso Phahlane, die waarnemende nasionale polisiekommissaris, het Donderdag voor die parlementêre komitee oor polisie volgehou “nie ʼn enkele sent” van belastingsbetalers se geld is gebruik om in 2009 vir hom ʼn verjaarsdagpartytjie te hou nie.
Saterdag se Super 12 deurslaggewend vir meeste
Saterdag se derde ronde in die Oos-Kaapse Super 12-reeks kan vir die meeste spanne deurslaggewend wees, nadat byna al die deelnemers al `n slag slae gekry het.
Bulstryd kom in die Lions se middelveld
Die Lions wat Saterdag (15:00) by Wits teen die SupaBarbarians uitdraf, sal nie soos baie verwag ʼn aanduiding gee van wat Johan Ackermann en Swys de Bruin vir die Superseisoen in die mou voer nie.
Helpende Hand maak onderwysers bly met ‘skatkis’
Solidariteit Helpende Hand se personeel het ʼn geskenkpak vir die onderwysers gebring met hulpmiddels ter waarde van R4 000.
Sewe ‘korrupte’ polisiebeamptes kry borgtog
Sewe polisiebeamptes, wat tereg staan op aanklagte van bedrog, korrupsie en diefstal van miljoene rande, is vrygelaat op borgtog van R 5 000 elk.
Hoë selfoonrekeninge laat verbruikers warm onder kraag
Die verbruiker se probleem het begin toe haar foon nie gewerk het nie.
Nege ontsnap uit selle by polisiestasie
Nege gevangenes het Woensdag uit die selle van die polisiestasie in Stellenbosch ontsnap.