Hoop jy is in jou noppies vandag! Taaltoffie ondersoek die herkoms van die uitdrukking “in jou noppies wees”.
Alles vir Donderdag 2 Februarie 2017
Luister: ‘Finansies met Wouter’: Beheer só uitgawes, verdien meer
Snyman gesels vandag oor hoe om jou uitgawes te beheer en meer geld te verdien.
Skok ná skoolseun (16) se skielike dood
ʼn Graad 11-leerder van die spogskool Westville Boys High School in Durban is Donderdag in die vroeë oggendure dood nadat hy die vorige dag by ʼn gimnasium inmekaargesak het.
Vrou (81) vas oor dagga
ʼn 81-jarige vrou van die Oos-Kaap is Woensdag in hegtenis geneem nadat verskeie daggaplante op haar erf aangetref is.
[Video] Pa gooi baba na veiligheid toe motor sink
Die pa het beheer oor sy motor verloor en daarmee in ʼn rivier beland terwyl sy gesin steeds in die motor was. Hy het die baba etlike meters na veiligheid gegooi terwyl die motor besig was om in die water weg te sink.
Die versugting na selfbeskikking
Marokko se hertoelating tot die Afrika-Unie (AU) voorspel niks goeds vir Wes-Sahara se selfbeskikkingsideale nie, skryf Jeannette Gnade.
Man sterf langs vrou ná aanval op Pta-kleinhoewe
“Ek het net na middernag wakker geword toe een van hulle sy hand oor my mond druk en sê ek moet stilbly.”
Alldays-‘leeustroper’ in hof
Die 31-jarige verdagte wat in hegtenis geneem is nadat die geskende karkas van ʼn witleeuwyfie Dinsdag op ʼn wildsplaas in die Alldays-omgewing in Limpopo gevind is, het Donderdag vlugtig in die hof verskyn.
Booysens-geweld: ‘Oplossing’ vir behuisingkwessie gevind
Stephan Harris (28), ʼn verstandelik gestremde man wat ook tydens die onderonsie beseer is, is steeds in ʼn kritieke toestand in Kalafong-hospitaal.
Nicola Pienaar was swanger
Jaco Oosthuizen (32) het Donderdag in die Paarl-landdroshof verskyn nadat sy vriendin, Nicola Pienaar (28), se liggaam vroeër die week in ʼn vlak graf gevind is.
Voetgangers gesoek wat motoris glo doodslaan
Die polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om hulle by te staan in die ondersoek na ʼn motoris, Brendon Mclean (34), wat glo deur vier voetgangers in Kimberley doodgeslaan is.
Sommige voetballers se paadjie is uitgestippel
Hulle noem dit daai hoendervel-oomblik, wanneer jy ʼn jong speler in aksie sien wat destyds deur die legendariese Oubaas Markotter en Dok Danie Craven as voetballers beskryf is.
Sassa-hoof: Toelaes sal op 1 April betaal word
Thokozani Magwaza, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa), het gesê meer as 18 miljoen begunstigdes sal op 1 April hul maatskaplike toelaes ontvang.
Nuuskommentaar: Moet sommiges sterf om gehoor te word?
Die onnodige sterftes van die minstens 94 psigiatriese pasiënte in Gauteng is baie tragies, maar ’n stuk tragedie sal hierby gevoeg word as die stemme van die oorledenes nou, ná hul onnodige dood, ook nie gehoor word nie en onbevoegde kaders steeds toegelaat word om lewens te verwoes, en selfs weg te ruk.
Beyoncé se swangerskapnuus het internet op hol
Dié foto is volgens The Verge sedert Donderdagoggend die gewildste foto nóg op Instagram.
[Foto’s] Só lyk die 12 Mej. SA-finaliste
Die 12 finaliste wat volgende maand om die kroon in die Mej. SA-kompetisie gaan meeding, is amptelik bekend gemaak.
Vandag se sportnuus
Die sogenaamde “The night of the coaches” fokus op afrigters wat ouers help met hul kinders se voorbereiding om te presteer op die sportveld.
Onttrekking aan strafhof ‘voorspel niks goeds vir menseregte’
Twee instansies het Woensdag hul stem dik gemaak teen die moontlike kollektiewe onttrekking van verskeie Afrika-lande aan die internasionale strafhof en meen dit is ʼn terugwaartse stap vir menseregte wat betreur moet word.
Een dood, 3 beseer in trompop botsing
Een persoon is Donderdag in die vroeë oggendure dood en drie mense ernstig beseer toe twee voertuie reg van voor by ʼn kruising in Bloemfontein gebots het.
Spotprent 2 Februarie 2017
Jerm se spotprent vir 2 Februarie 2017