“Die reuk en die geur van ʼn melktert is vir baie mense nostalgies. Melktert bring natuurlik ook gesinne saam deur die genotvolle ervaring van bak.”
Alles vir Donderdag 9 Februarie 2017
Leeus bied Cravenweek by St Stithians aan
Die Goue Leeus Rugbyunie sal vanjaar gasheer wees vir die jaarlikse o.18-Craven- en Akademieweek.
Man in hof oor Polokwane-ma se moord
Die man wat aangekla word van die moord op Tanya Wiers (44), wat Dinsdag wreed in haar huis in Polokwane vermoor is, het Donderdag in die plaaslike landdroshof verskyn.
Spotprent 9 Februarie 2017
Jerm se spotprent vir 9 Februarie 2017
Leerders se rassisme-bewerings onwaar
“Dit is duidelik uit albei ondersoeke dat hierdie ʼn klassieke voorbeeld is van die tipe histerie wat geskep kan word deur mense wat onverantwoordelik is en geen agting het vir die skade wat hulle aan ander se goeie naam kan doen nie.”
[Video] Vrou se hoofpyn toe lewendige kokkerot
ʼn 42-jarige vrou van Chennai, in Indië, het met ʼn erge hoofpyn wakker geword en gesukkel om asem te haal. Haar kop het ook krapperig en jeukerig gevoel.
Sharks behou sterk kern teen Bulls
Die Sharks het `n sterk kern van verlede jaar behou vir sy littelosmaker Vrydag teen die Bulls met die oog op vanjaar se Superrugbyreeks.
Seun (3) sê eerste woorde ná hy amper verdrink
“Dit was die beste gevoel om sy oë te sien oopgaan. Hy is ʼn wonderwerk. Ek het hom Sondag in my arms vasgehou en hy was dood, blou en pap.”
[Foto] 63-jarige model in swembroek op voorblad
Sy het aan Sky News vertel “skoonheid kom in verskillende pakkies en groottes en het beslis nie ʼn vervaldatum nie”.
Grofgeskut vir Lions se laaste kleedrepetisie
Die Lions trek Saterdag op Nuweland teen die Stormers met verskeie van hulle groot kanonne los in die Johannesburgers se laaste littelosmaker voordat die Superrugbyreeks oor twee naweke afskop.
Dink twee keer voordat jy in Boland moor
Luitenante André Fourie en Shane Williams krap kop. Dit is by verre een van die vreemdste moordsake nóg. Lede van die Macbeth-teatergeselskap sterf links en regs – en dit boonop op die vreemdste maniere.
Vyf lekker wenke: Spaar só water wanneer jy reis
Dis maklik genoeg om ons waterbesparingsbydrae tuis te maak ─ minder tyd in die stort, drink meer wyn en minder water en meld gebarste pype by die munisipaliteit gaan aan. Maak nou seker dat jou volgende wegbreek ook waterslim is met dié eenvoudige wenke.
Vandag se sportnuus
Die Proteas en Sri Lanka pak mekaar môre in Centurion in hul vyfde en laaste eendagkragmeting van die reeks. Die wedstryd begin om 13:30. SA loop 4-0 voor in die reeks.
Gauteng-skole: Net ʼn paar honderd nog op waglys
Die Gautengse departement van onderwys het Donderdag aangekondig dat die waglys vir kinders wat nog in skole geplaas moet word van nagenoeg 58 000 na 377 gekrimp het.
Kla so reg
Kla by die regte mense. Dit help nie jy kla by die rakpakker omdat die melk nog op die rak is na die vervaldatum nie.
Die ‘ek-is-amper-30’-sindroom
Op amper-30 ervaar ek ʼn soort gemaklikheid met myself wat ek nie vroeër gehad het nie. Ek hoef nie meer my gesig soos ʼn Plascon-advertensie te verf voor ek ʼn brood by die Spar gaan koop nie.
Is dit die einde van globalisering?
In ’n verslag wat onlangs deur die navorsingsinstituut van die internasionale bank Credit Suisse bekendgestel is, dui alle koersaanwysers daarop dat globalisering besig is om af te neem.
Maroela Motors-padtoets: Honda Civic 1.5T Sport
Indien jy in die mark is vir ʼn sedan wat heerlik ry, propvol tegnologie is en boonop vereerde betroubaarheid bied, is die Civic beslis ʼn opsie om na te kyk, skryf Brendon Staniforth.
Gesoek: ʼn Professionele sjokolade-proeër
Mondelez, wat gewilde handelsmerke soos onder meer Cadbury, Milks en Oreo vervaardig, is op soek na ʼn professionele sjokolade-proeër.
[Resep] Ongekookte marinades
Heerlike en vinnige marinades vir ʼn verskeidenheid vis en vleis.