ʼn Gewese Cheetahs-speler het 15 punte vir sy Franse klubspan in ʼn sege van 20-5 in die jongste ronde Europese klubrugby aangeteken, en ʼn Namibiër die res.
Lees meerAlles vir Sondag 14 Januarie 2018
Indië se kolwers onder druk teen Proteas se snelarsenaal
Suid-Afrika is in ʼn bloeitydperk wat snel- en naatboulers betref.
Berigte oor Zuma, Ramaphosa-vergadering is ‘verdraai, verkeerd’
Die presidensie het Sondag “verdraaide, verkeerde berigte” in die media oor ʼn onlangse vergadering tussen pres. Jacob Zuma en adjunkpres. Cyril Ramaphosa, die nuwe ANC-president, verwerp.
SA Ope: foutlose Paisley wen sy eerste Europese toernooi
Branden Grace en Chris Paisley, wat Sondag in die laaste ronde van die SA Ope-gholftoernooi laaste afgeslaan het met die Engelsman ʼn hou beter daaraan toe as Grace, het toe nie vir die verwagte taai tweestryd gesorg nie.
Toeristeboot slaan aan die brand
Minstens 16 persone is Sondag beseer toe ʼn spoedboot met toeriste tussen die eilande in die suide van Thailand aan die brand geslaan het.
Aardbewing tref Peru
ʼn Aardbewing van 7.3 het Sondag die kus van Peru getref. ʼn Tsoenami-waarskuwing wat vroeër uitgereik is, is intussen teruggetrek.
Amerikaanse ambassadeur voor SA presidensie geroep
Die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika sal geroep word om pres. Donald Trump se uitlatings, wat Afrika en ander lande minag, te verduidelik, het die departement van internasionale betrekkinge en samewerking, Sondag gesê.
Uitspraak verwag oor skoliere wat Afrikaanse skool wil bywoon
Die 55 skoliere wat toelating wil bekom tot ʼn skool wat slegs Afrikaanssprekende leerders aanvaar, sal Maandag hoor of hulle toelating sal kry om die skool by te woon en in Engels onderrig te word.
Unisa maak weer registrasies oop vir eerstejaars
Die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) sal weer aansoeke oopmaak vir die 2018- akademiese jaar vir eerstejaarstudente, het die instansies Sondag gesê.
‘Malema moet geld betaal vir EFF-vandalisme’
Die Demokratiese Alliansie het Sondag geweld en vandalisme by winkels deur ondersteuners van die Ekonomiese Vryheidsvegters oor ʼn beweerde rassistiese advertensie veroordeel.
Gratis onderwys: SA in die middel van groot veranderinge
Die hoof van die organisasie wat Suid-Afrikaanse universiteite verteenwoordig, het gesê die land is in die middel van groot maatskaplike veranderinge in die manier hoe onderwys benader en gefinansier word.
Aussie Ope: Tomic maak nóg vyande in die media
Enige sportman of -vrou is sy eie grootste vyand wanneer sy kop die dag uitrafel.
Bekende Kestell-winkelier dood aangetref
ʼn Bekende winkelier in Kestell in die Vrystaat is Saterdagoggend dood aangetref in sy huis.
Aussie Ope: kan Anderson in Kriek se voetspore trap?
Jare gelede, toe Naas Botha nog rugby gespeel het, Gerrie Coetzee geboks en Graeme Pollock krieket gespeel het, het Johan Kriek van die grootste prestasies nóg deur ʼn Suid-Afrikaanse tennisspeler behaal.
Missielwaarskuwing toe werknemer ‘verkeerde knoppie druk’
ʼn Vals alarm wat in Hawaii inwoners gewaarsku het dat ʼn missiel op pad na dié Amerikaanse staat is, was glo ʼn menslike fout, het staatsbeamptes gesê.
Wahlberg maak groot skenking ná protes oor salarisongelykheid
“Die geld wat ek vir die oorskiet van die tonele vir ‘All the Money in the World’ gekry het, was die afgelope paar dae ʼn belangrike onderwerp,” het Wahlberg Saterdag op Twitter gesê.
Ramaphosa veroordeel staatskaping, korrupsie
Cyril Ramaphosa, president van die ANC, het Saterdag streng optrede beloof teen diegene wat verantwoordelik is vir korrupsie en staatskaping en het onderneem om eenheid in die ANC en in die land te bewerkstellig.
Inwoners ontruim ná vulkaniese uitbarsting in Papoea-Nieu-Guinee
“Die mense het dadelik begin vlug toe die vulkaan uitgebars het.”
Vakbond verwerp kansellasie van verpleegstudente
Die Young Nurses Indaba Trade Union (Ynitu) het die “onverwagse, onverantwoordelike” besluit deur die departement van gesondheid in Gauteng verwerp, om die inname van verpleegstudente by sommige kolleges in Gauteng te kanselleer.
Christusbeeld in Peru deur brand beskadig
ʼn Reusagtige Christusbeeld in Peru se hoofstad is deur ʼn brand beskadig, ʼn paar dae voor pous Franciskus dié Suid-Amerikaanse land sal besoek.