Alles vir Woensdag 16 Mei 2018

Nuuskommentaar: Munisipaliteite – optrede was lankal nodig

Al kry dit nie baie nuusdekking nie, is die bereidheid van dr. Zweli Mkhize om die enorme probleme by munisipaliteite in die oë te kyk en ingrypende stappe te doen, baie belangrik. Dit kan help dat Suid-Afrika se probleme doeltreffend aangepak word. Hierteenoor is Lindiwe Sisulu se miskenning van die werklikheid en histeriese aanval op die boodskappers so oud soos gemufte brood.