In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vier snitte wat styg, nege wat daal en sewe wat onveranderd bly.
Alles vir Dinsdag 29 Januarie 2019
Korrupsie moet ʼn misdaad teen die mensdom wees
Die skaal en omvang van korrupsie is van so ʼn aard dat mens moet vra of Suid-Afrika se strafregstelsel nog die vermoë het om dit behoorlik te ondersoek en die reg behoorlik toe te pas? Die publiek sal moet sien dat die reg toegepas word en die tyd sal leer of senior politici en staatsamptenare agter tralies gaan beland.
Vandag se sportnuus
Suid-Afrika en Pakistan se vyfde en beslissende eendagwedstryd word môre in Kaapstad gespeel, terwyl die Blitsbokke nou vierde in die wêreldreeks is ná die derde toernooi.
Damvlakke daal al verbruik Kapenaars minder
Die gebruik van tuinslange is steeds verbode.
#FeesMustFall-aktivis tot huisarres gevonnis
Hoewel studente die reg het om te betoog, was dit kommerwekkend dat studies ontwrig is.
Twee amptenare in Windhoekse middestad geskiet
“Dis nie iets wat ʼn mens in Namibië verwag nie.”
Gedagte vir die dag: Ek sien dis pragtig
’n Pragtige deel is vir my afgemeet, ja, wat ek ontvang het, is vir my mooi. (Psalm 16:6)