Koffie en sjokolade is van ons gunstelingbestanddele, en dié tert laat die twee saamsmelt.
Alles vir Donderdag 27 Junie 2019
Drie dood op mistige N12
ʼn Kind is onder die sterftes.
Nuuskommentaar: Beroerde munisipale oudits: Waar dreig Dag Zero oral?
’n Voormalige minister verantwoordelik vir munisipale sake het die ideaal gekoester dat al die land se munisipaliteite teen 2014 skoon oudits sou hê. Die teenoorgestelde is egter strykdeur besig om te gebeur, en tensy daadwerklik opgetree word, sal die land voor 2024 nie ’n enkele skoon oudit op munisipale vlak meer kry nie.
Vandag se sportnuus
Anderson vierde gekeur vir Wimbledon-toernooi.
Uitspraak vandag oor Jiba, Mrwebi
Die balieraad het gevra dat die twee van die rol geskrap word vir hulle “onwettige” terugtrek van strafregtelike klagte teen die voormalige hoof van intelligensie, Richard Mdluli.
Ramaphosa na G20-beraad
Ramaphosa word vergesel deur die minister van finansies, Tito Mboweni, die minister van internasionale betrekkinge, Naledi Pandor, asook die minister van handel en nywerheid, Ebrahim Patel.
Agrizzi weer in gelykheidshof oor ‘haatspraak’
Agrizzi het openlik erken hy is ʼn rassis nadat ʼn opname waarin hy herhaaldelik die k-woord gebruik om na sy oudkollegas te verwys, aan die Zondo-kommissie van ondersoek voorgestel is.
Gedagte vir die dag: Geen plaasvervangers nie
Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm. (Romeine 12:2)