Dié reeks bied vir elke moontlike pot die kans om hul deksel eers behoorlik uit die boom te kyk, voordat hulle vir die eerste keer in lewende lywe ontmoet.
Alles vir Donderdag 27 Junie 2019
Lions druk meeste drieë onder SA spanne
SA spanne egter ver agter die Nieu-Seelanders.
16 dood tydens stormloop by stadion
’n Ooggetuie het verduidelik mense in die skare het gedink die hekke is nog oop en het aanhou druk om te probeer inkom.
Brandstofpryse dalk laer in Julie
ʼn Laer internasionale olieprys in Junie baan dalk die weg vir ʼn beduidende daling in die brandstofprys in Julie. Die daling kon boonop heelwat groter gewees het, as dit nie vir die swak rand was nie.
Tien vas ná geweld op N12 by Potch
ʼn Gedeelte van die N12 tussen Potchefstroom en Klerksdorp was Woensdag ure lank gesluit, nadat betogers vir ʼn derde agtereenvolgende dag die verkeer ontwrig het. Die pad is gisteraand weer oopgestel.
Wat die oog sien: Kinders en pornografie
“Ons kinders is blootgestel aan hierdie negatiewe invloede, en maatskaplike werkers kry daagliks te doen met die uitvalle hiervan. Almal in ons gemeenskap behoort hande te vat en alles moontlik doen om ons kinders te beveilig – voorsorg is beter as nasorg.”
Verbruikersake: Vrot diens steek verbruikers dwars in die krop
Suid-Afrikaanse verbruikers was nog nooit heeltemal tevrede met die diens wat hulle ontvang wanneer hulle hul swaarverdiende rande uitgee nie. Ina Opperman het gaan hoor wat die Ombudsman vir Verbruikersgoedere en -dienste sê oor klagtes oor swak diens.
Vreemdste slaaie in ou resepteboek gevind
Hoe klink ‘n Coca-Cola-slaai vir jou? Hier is ‘n nog ‘n paar vreemde resepte uit ‘n boek wat in 1975 gepubliseer is.
Hof beslis Jiba, Mrwebi mag op rol bly
Die balieraad het aangevoer Jiba en Mrwebi moet van die rol geskrap word omdat hulle “onwettig” strafregtelike aanklagte teen Richard Mdluli, voormalige hoof van misdaadintelligensie, teruggetrek het.
17 voertuie betrokke by N12-botsing
Een van die oorledenes is ʼn tweejarige kind.
Video: ‘Staan vas in die Here’ sê sanger oor nuwe lied
“Die Here het dit op my hart gelê om die musiek gratis te maak. Dit is vir my belangriker dat die boodskap by gehore uitkom, as wat die geld is.”
Lesersbrief: Regering gaan pensioenfondse sink
Later vanjaar gaan ongeveer 30 000 amptenare aftree in die program om die staatsdiens te verklein. Ons vrees is dat hulle hul geld uit die pensioenfonds sal trek.
Vyf vas oor ivoor, beskermde spesies
Die ondersoek het die span na ʼn huis gelei waar hulle op 1 020 modderkrappe, 287 stukke perlemoen en 140 kg se seekomkommers afgekom het.
Fratsongeluk eis 17-jarige seun
“Toe ons daar instap, kon ek sien hy het seer. Hy het séérgekry.”
Prins Harry, Meghan op pad SA toe
Ná maande se bespiegeling is dit uiteindelik bevestig dat prins Harry en Meghan Markle, die hertog en hertogin van Sussex, binnekort Suid-Afrika sal besoek.
Podlitiek: Nog ’n rigtinglose staatsrede en Phumzile versteur weer die vrede
Daar is, na oorlewering, ’n Chinese welkomsgroet wat lui: “Mag jy in interessante tye leef” – of dit ’n seëngroet of ’n vloekgroet is, sal die ontvanger maar self moet bepaal. Dit kom hierdie week weer duidelik na vore dat Suid-Afrikaners tans in “interessante tye” leef. Met ’n staatsrede wat so hoeka na China die hoof buig, parlementslede wat toeriste te lyf gaan, en Zuma-kaders wat soos die kat weer en weer kom, is dinge alles behalwe vervelig.
Proteas optimisties oor Netbal-wêreldbeker
“Daar is vyf lande wat met die louere kan wegstap. En ons is een van hulle.”
Dankie vir die droom maar…
Vir die gewone Suid-Afrikaner is dit sekerlik nie moontlik om China se boumanie te verstaan nie. Die meeste Chinese glo egter dat hulle hulself die beste help deur vooruitgang aan te gryp, want daar is ʼn sterk patriotisme in die land ná die vernederings van die 19de eeu en die politieke katastrofes van die 20ste eeu. Almal bou aan die ideaal om China die sterkste land ter wêreld te maak.
Mej. SA 2019: Só lyk vanjaar se semi-finaliste
Dié groep diverse vroue bestaan onder meer uit regsgeleerdes, natuurbewaarders, ʼn private bankier, die eienaars van onderskeidelik ʼn fotografiemaatskappy en ʼn pizza-wegneemete restaurant asook ʼn parlementêre beampte.
Jonges leer oor herkoms by nuwe sentrum
“Ek persoonlik kan nie insien hoe dat ’n mens deur die lewe kan gaan sonder om te weet waar jy vandaan kom nie.”