“Radio is en bly die toeganklikste medium om feite en nuus aan ’n enorme aantal mense te lewer.”
Alles vir Saterdag 7 Mei 2022
Gʼn sukses vir OB in hoogste hof
Die openbare beskermer wou ʼn interdik teen die speaker en die artikel 194-komitee bekom om hulle te verhoed om voort te gaan met die ondersoek oor haar bevoegdheid om die amp te beklee.
Gholf: ‘n Week is ‘n lang tyd
Die onweerswolke het binne ʼn paar dae om Oliver Bekker saamgepak en hy was in ʼn oorlewingstryd om die derde ronde van die Britse Meesters te haal.
Roodt-gesin Saterdag terug in SA ná paspoort-flater
Die Russiese ambassadeur in Suid-Afrika, ʼn persoonlike vriend van Roodt, het ook gehelp om die proses te bespoedig.
Deurbraak in Hillary Gardee se moordsaak
Die polisie het ʼn deurbraak gemaak in die ondersoek na die moord op Hillary Gardee.
Voorwaarts mars, Vrystaat
Die Cheetahs is steeds die enigste onoorwonne span in die Curriebeker-reeks nadat hulle gisteraand ’n aanslag deur ’n moedige Leeusspan afgeweer het.
Curriebeker: Pumas trap Haaie se tjank af
Die Pumas se rugbyspan het Vrydagaand op Kingspark in Durban die agterdeur oopgeskop om vir die halfeindronde van die Curriebekerreeks te kwalifiseer,
Gedagte vir die dag: Jy is ʼn diamant in die Vader se hand!
“Soos ʼn diamant, harder as rots, so maak Ek jou kop. Moenie vir hulle bang wees, vir hulle skrik nie …” (Esegiël 3:9 – AFR83)