“Suid-Afrikaners verdien ’n president wie se leierskap onberispelik is en ná Jacob Zuma, en nou Ramaphosa, is dit duidelik dat etiese leierskap nie in die ANC gevind kan word nie.”
Alles vir Donderdag 1 Desember 2022
SA speurders: ‘Te veel werk, te min waardering’
“Een lid is tans in ’n psigiatriese inrigting en ons bevelvoerder ly aan angs en uitbranding. Ons word elke dag in ʼn oorlog gedwing, maar ons kry nie ammunisie om die stryd te voer nie.”
Uittog van onderwysers kom – studie
Die openbare onderwyssektor kan verwag om in die volgende 20 jaar jaarliks tussen 25 000 en 40 000 onderwysers kwyt te wees.
Christine McVie van Fleetwood Mac sterf
“Sy was die beste musikant wat enigiemand in hul orkes kon hê en die beste vriend wat enige iemand in hul lewe kon hê.”
Gedagte vir die dag: Leef met passie
Mag God julle lewens met sy teenwoordigheid oorspoel sodat daar nie ’n stukkie van julle lewens is wat nie deur God se teenwoordigheid geraak word nie. (Efesiërs 3:19)