Terwyl ander 11-jariges geld spaar om die jongste Xbox aan te skaf, het Hanro Wenke gespook om genoeg geld bymekaar te skraap om sy entrepreneursdroom te bewaarheid.
Alles vir Dinsdag 20 Februarie 2024
Resep: Broodrolletjies
Dit is altyd goed om ʼn betroubare broodrolletjie-resep in die argief te hê.
ʼn ANC-lidmaatskapkaart word ʼn lojaliteitskaart
Terwyl die Grondwet verwys na die ongeregtighede van die verlede is die regering, ondersteun deur die ANC-ontplooiingskomitee besig om nuwe onreg in die hede te skep.
My Maandag-maksirok
Die gevolg van hierdie semi-dekadente Sondae is dat ek op ʼn Maandag nou nie juis soos ʼn bruid voel nie. Ek het gewoonlik baie energie, maar ek steek graag die oorsprong daarvan weg onder die vloeiende en vroulike lap van ʼn maksirok.
Lesersbrief: Ons almal se regte word geskend
Elkeen het sy eie beginsels, maar net sommiges mag uitgeleef word en ander word onderdruk deur die universiteit.
Entrepreneurskap kan Suid-Afrika red
Foley het sewe jaar navorsing gedoen om 1 097 werkbare idees vir kleinsakeondernemings vir sy boek in te samel, en daar selfs 130 idees vir kinders in.
Toestemming vir korrupsieondersoek by Prasa
Die Swifambo-lokomotiefdebakel en Siyangena se veiligheidsoutomatisering by treinstasies is twee van die grootste kwessies wat die Spesiale Ondersoekeenheid ingevolge die proklamasie moet ondersoek. Albei tenders is egter al meer as ʼn dekade gelede toegeken.
Vrektes aangemeld ná varkpes-uitbreking by George
Die gebied is onder kwarantyn geplaas en inwoners word gevra om geen varke of varkprodukte uit die gebied te neem nie om die verdere verspreiding van die siekte te verhoed.
Kaderontplooiing: ANC het ‘niks om weg te steek’
Die ANC het die rekords van sy kaderontplooiingskomitee – ná ʼn jare lange regstryd – aan die DA oorhandig, dokumente wat die DA glo gaan wys watter rol pres. Cyril Ramaphosa in die aanstelling van amptenare gespeel het, veral dié wat by staatskaping betrek word.
Gedagte vir die dag: Wees tevrede met jouself
Besluit vandag dat jy gelukkig is met hoe, wie en wat jy is. Leef dan met ’n glimlag wat sê: “Ek is tevrede!” Jy is in elk geval jou beste wanneer jy net jý is.