Hier is iets vir jou soettand!
Alles vir Woensdag 21 Februarie 2024
Mkhwebane hof toe oor gratifikasie-betaling
Adv. Busisiwe Mkhwebane, afgedankte Openbare Beskermer (OB), gaan regstappe teen die kantoor van die OB instel nadat sy verneem het sy is nie geregtig op ʼn pakket van miljoene rand ná haar dienstydperk as OB nie.
Hlophe hoor vandag of parlement mag stem vir sy verwydering
Hlophe is deur die Regterlike Dienskommissie (RDK) aan growwe wangedrag skuldig bevind is nadat hy twee regters van die Konstitusionele Hof probeer beïnvloed het in sake waarby oudpres. Jacob Zuma betrokke was. Die saak dateer terug na 2008.
Twee renosters in Limpopo gestroop
Die polisie in Thabazimbi in die Waterberg-distrik van Limpopo het ʼn grootskaalse soektog van stapel gestuur na verdagtes wat betrokke was by ’n renosterstropery-voorval by ’n plaaslike wildreservaat.
Stemdag ‘geleentheid om SA van ANC te red’, sê opposisiepartye
Opposisiepartye het die aankondiging van vanjaar se verkiesingsdatum verwelkom en dit onomwonde gestel dat dit ʼn geleentheid is om Suid-Afrika van die regerende ANC te red.
Gedagte vir die dag: Kies reg
Besluit vandag om jou lewenspatroon en -wyse so te verander dat jy genoeg tyd sal hê om aandag te gee aan dié dinge wat regtig saak maak: Dinge soos stiltetyd, gebed en Bybelstudie.