Weerhou stres jou dalk daarvan om die rus, pret en goeie gesondheid wat jy so graag wil hê te ervaar?
Alles deur die skrywer Annelize Brits
Boek: Rewolusie van die hart
Die Egiptiese vrou Saleh Samir se fanatiese Moslem-familie hou haar man, Ashraf, gevange na hul bekering tot die Christendom. Sy is swanger met hul eerstelingseun en die familie dreig om die baba by haar af te neem, maar sy ontsnap. Saleh is nog jonk in die geloof en dit word ‘n reis van vertroue in haar nuwe Verlosser.
Boek: Hoop – ons lewensanker
Adrio König ondersoek in Hoop – ons lewensanker die lyn van hoop deur die Bybel: die hoop wat deur die Ou Testament loop dat God sy volk sal onderhou, dwarsdeur die Nuwe Testament tot vandag.
Boek: Die ooreenkoms
Adam Rossouw, suksesvolle sakeman, deeI van Kaapstad se sosiale elite en Petronel Cilliers, ‘n onopvallende sanger in ‘n grot van ‘n kroeg iewers op die Kaapse suidkus is pole van mekaar verwyder, maar na ‘n nag van passie is hulle onherroeplik aan mekaar verbind.
Boek: Staan jou man
Met geen arms of bene nie, was Nick Vujicic elke boelie se droom. Hy ken daardie gevoel wat jou maag laat pyn, die nagmerries laat kom en iemand laat voel asof daar geen hoop is nie …
Boek: maak ’n kopskuif
Die hedendaagse samelewing gaan gebuk onder giftige gedagtes wat letterlik ons gesondheid benadeel. Wat jy dink, beïnvloed inderdaad jou liggaamlike en emosionele gesondheid!
Boek: waarvoor is jy bang?
Almal is bang vir iets: mislukking, verwerping, eensaamheid, die dood. Die lys is eindeloos. Vrees spook by swakkes en sterkes, jonk en oud, ryk en arm. Dit is die groot gelykmaker.