Die onlangse ‘egskeiding’ tussen Ford en Mazda het klaarblyklik nuwe lewe geblaas in die vooruitsigte vir hierdie ikoniese Japanse vervaardiger, skryf Bernard K Hellberg.
Alles deur die skrywer Bernard K Hellberg
Nog ʼn baba in die Suzuki-stal
Die nuwe Suzuki Splash pas netjies in die gaping tussen die gewilde Alto-intreevlakmotortjie en die uiters suksesvolle, subkompakte Swift-luikrugmotor.
Motors en bakkies meer betroubaar
Bernard K Hellberg doen verslag oor die Ipsos-toekennings vir motorvervaardigers wat die beste gevaar het in terme van diensgehalte.
Voertuigverkope in Augustus
Die beste en slegste verkopers vir Augustus 2014.
Voertuigverkope daal steeds
Ondanks bangmaakstories wat voortgespruit het uit die bykans vier weke lange staking in die staal- en ingenieursbedryf, het voertuigverkope in Julie slegs ‘n geringe daling van 891 eenhede (-1.5%) getoon, gemeet teenoor Julie 2013, vir ‘n totaal van 57 670 eenhede.
Mitsubishi Mirage – oulike nuweling
Bernard K Hellberg het die nuwe Mitsubishi Mirage vir ‘n toetsrit geneem en reken dié nuweling behoort goed te doen in die mark. Boonop is die 3-jaar/100 000 km waarborg en ‘n 2-jaar/30 000 km diensplan ‘n bewys van die invoerder se vertroue in hulle produk.
Porsche se luukse nuweling
Dis nie aldag dat die top Duitse vervaardiger van luukse motors – Porsche – ‘n nuwe model aan die Suid-Afrikaanse mark bekend stel nie. Maroela Motors was egter onlangs bevoorreg om die bekendstelling van die kompakte nuwe Macan (Indonesies vir tier) in die Wes-Kaap by te woon.
Moolmanshoek – waar 4x4s en hulle base beproef word
Die pad na Rosendal naby Clarens neem jou uiteindelik tot by Moolmanshoek. Hierdie private wildreservaat is die 4×4-entoesias se droom. Maroela Motors is onlangs deur GM se Isuzu-manne genooi om hul voertuie hier te toets.
Wenner op pad vir Toyota
Bernard Hellberg meen die nuwe Etios Cross is nóg ‘n toekomstige wenner uit die Toyota-stal.
Volvo: Meer krag uit kleiner enjins
Benewens die gevorderde reeks enjins bied die XC90 ook vierwiel-aandrywing en sitplek vir sewe mense. Lees gerus waarom Bernard so opgewonde is oor dié nuwe reeks.
Motorverkope steeds swakker
Bernard K Hellberg meen volgens dié verkopesyfers is dit duidelik dat die bedryf nog nie uit die moeilikheid is nie, en dat verkope in Julie waarskynlik weer eens ‘n geringe daling sal toon.
Infiniti Q50 – pragtig en stylvol
Die onlangs bekendgestelde Infiniti Q50 word deur sy invoerders as ‘n sportsedan beskryf. Hierdie aanspraak is waarskynlik hoofsaaklik te danke aan sy sportiewe vermoëns, eerder as sy voorkoms, want dis ‘n luukse sedan in die ware sin van die woord.
Franse chic met gehaltebyvoeging
Bernard K Hellberg rekend die Picasso is een van daardie voertuie wat die potensiaal het om later vanjaar ‘n Motor van die Jaar-finalis te wees. Lees sy padindrukke oor dié motor.
Voertuigverkope in Mei 2014
Volgens inligting verskaf deur Naamsa (die National Association of Automobile Manufacturers of SA) is daar goeie en slegte nuus in verband met die voertuigverkope vir Mei-maand.
Subaru – waarom so skaars?
Dit is dikwels onbegryplik dat voertuie so puik soos die hele Subaru-reeks so sukkel om kopers se verbeelding aan te gryp.
Toyota Corolla Quest – oud of nuut?
As die wêreld se grootste motorvervaardiger en met miljoene lojale aanhangers in Suid-Afrika, was dit eintlik logies dat hierdie Japanse reus ‘n strategie in plek sou stel om sy markaandeel nog verder uit te brei.
Motorverkope in April
Hoofsaaklik vanweë die aantal vakansiedae en langnaweke was April se voertuigverkope ‘n ontstellende bloedbad.
Suzuki SX4 – waarde vir geld?
Anders as die vorige geslag Suzuki SX4 met sy 2-liter enjins, het die jongste geslag van hierdie gewilde motor meer lyf bygekry en met 15 cm gegroei, maar terselfdertyd ‘n kleiner 1.6-liter enjin gekry.
Kort motorstories van oraloor
Lexus Lexus, Toyota se luukse afdeling, het skielik besef dat sy mark toenemend neig na kleiner en meer kompakte sportnutsvoertuie (SUVs). Die NX, ʼn nuwe…
Mitsubishi Outlander – groter en beter
Om een of ander rede verkoop Mitsubishi se 4×4-voertuie soms ‘n bietjie traag. Trouens, volgens die jongste Naamsa-syfers (National Association of Automobile Manufacturers) het slegs 37 Outlanders in Maart van eienaar verwissel. Dit was egter die model wat intussen vervang is deur ‘n groter en selfs nog stewiger nuwe generasie Outlander.